settings icon
share icon
Vraag

Hoe moet ‘n Christen optree as sy/haar gebed onbeantwoord bly?

Antwoord


Hoe baie Christene het al vir iemand gebid, om net te sien dat hul gebede onbeantwoord bly? Hoe baie het al gebid en miskien “opgegee,” omdat hulle mismoedig geraak het, deurdat hul geloof te swak geword het of hulle het tot die slotsom geraak dat wat hulle ookal bid, nie binne God se wil is nie? In elk geval, hoe ons ookal met onbeantwoorde gebed handel, is nie net tot ons eie voordeel nie, maar ook tot die ander s’n. Wanneer ons bid, raak ons betrokke in die kosbaarste en Godgegewe handeling om te kommunikeer met die Een aan wie ons verslag moet gee van alles wat ons doen. Ons is gekoop teen ‘n baie hoë prys – die bloed van die Here Jesus Christus – en daarom behoort ons aan God.

Ons gebedsvoorreg kom van God en dit is net soveel ons s’n as wat dit aan Israel in Deut 4:7 gegee was. Tog, wanneer ons bid of praat met die Een in die Hemel, is daar tye wat dit voel of daar nie antwoord kom nie. Daar kan baie redes daarvoor wees en die Skrif sê hoekom en hoe ons gebede hanteer word deur die Een wat so sag en liefdevol is, Hy wat Self ons gemeenskap met God die Vader geniet en liefhet, want Hyself is ons verteenwoordiger in die hemel (Heb 4:15).

‘n Primêre rede vir onbeantwoorde gebed, is sonde. God kan nie bespot of mislei word nie en Hy wat op die Troon sit, ken ons intiem, elke gedagte van ons (Ps 139:1-4). As ons nie op die regte pad stap nie of ons dra ‘n wrok in ons hart teen ons broer of ons vra vir dinge met die verkeerde motief (soos om selfsugtige redes), dan kan ons nie van God verwag om ons gebed te verhoor nie, omdat Hy dit nie hoor nie (2 Kron 7:14; Deut 28:23; Ps 66:18; Jak 4:3). Sonde is die “stopper”van alle potensiële seëninge wat ons sou ontvang vanuit die oneindige “kruik” vol van God se genade! Daar is definitief tye wanneer ons gebede afskuwelik is in die Here se oë, die opvallendste is,as ons duidelik nie aan die Here behoort as gevolg van ongeloof (Spreuke 15:8) of omdat ons vals lewe nie(Mark 12:40).

‘n Ander rede is dat die Here ‘n dieper vertroue en afhanklikheid uit ons geloof trek, wat uit ons ‘n dieper gevoel van waardering, liefde en nederigheid bring. Dit veroorsaak dat ons geestelik baat daaruit, want Hy betoon genade aan die nederige (Jak 4:6; Spreuke 3:34). Hoe jammer voel ons nie vir daardie arme Kaänanitiese vrou, wat onophoudend uitgeroep het na die Here om genade, toe Hy die omgewing van Tirus en Sidon besoek het nie (Matt 15:21-28)! Sy was beswaarlik die persoon aan wie ‘n Joodse rabbi aandag sou gee. Sy was nie ‘n Jood nie en sy was ‘n vrou, twee redes waarom die Jode haar sou ignoreer. Dit het voorgekom asof die Here nie haar versoeke gaan beamtwoord nie, maar Hy het haar situasie geken. Hy mag dalk nie die behoeftes wat sy genoem het, dadelik beantwoord het nie, maar Hy het steeds gehoor en haar versoek toegestaan.

Dit mag lyk of God dikwels stilbly, maar Hy stuur ons nooit met leë hande weg nie. Selfs as gebed nie verhoor is nie, moet ons op God vertrou dat Hy dit op Sy tyd sal doen. Selfs die oefening van gebed is ‘n seën vir ons; dit is as gevolg van ons geloof dat ons aangeraak word om aan te hou bid. Dit is geloof wat God verheerlik (Heb 11:6) en as ons gebedslewe gebrekkig is, reflekteer dit nie die stand van ons geestelike lewe ook nie? God hoor ons armsalige uitroepe om genade en Sy stilte vuur ons aan met ‘n gevoel van vasberadenheid ten opsigte van gebed. Hy hou daarvan as ons met Hom redeneer. Laat ons die dinge najaag wat na-aan God se hart lê en laat ons in Sy voetspore stap en nie in ons eie nie. Indien ons getrou is om sonder ophou te bid, dan stap ons in God se wil en dit kan nooit verkeerd wees nie (1 Tess 5:17-18).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe moet ‘n Christen optree as sy/haar gebed onbeantwoord bly?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries