settings icon
share icon
Vraag

Verbied die Bybel ons om tot engele te bid?

Antwoord


Al is daar geen vers wat eksplisiet sê dat ons nie engele mag aanbid nie, is dit uiters duidelik dat ons engele nie mag aanbid nie. Gebed is 'n aksie van aanbidding. Netsoos engele ons aanbidding verwerp (Openbaring 22:8-9), so sal hulle ook ons gebede verwerp. Deur enigiemand anders as God te aanbid, is afgodery.

Daar is ook verskeie praktiese en teologiese redes waarom dit verkeerd is om engele te aanbid. Christus Self het nooit enigiemand anders aanbid as net Sy Vader nie. Toe Sy dissipels gevra het dat Hy hulle moet leer bid, het Hy hulle só onderrig, "So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is…." (Matt 6:9; Luk 11:2). Indien ons as Sy dissipels, engele moes aanbid, sou dít die plek gewees het om ons te vertel. Duidelik moet ons net tot God bid. Dit is ook duidelik in Matt 11:25-26, waar Christus se gebed begin, "Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde….." Jesus begin nie slegs Sy gebede deur Sy Vader aan te spreek nie, maar die inhoud van Sy gebede versoek gewoonlik hulp wat net gegee kan word deur iemand wat alomteenwoordig, alwetend en almagtig is. Om tot engele te bid, sou oneffektief wees, omdat hulle geskape wesens is en nie hierdie kragte besit nie.

In Joh 17:1-26 bid Jesus vir Sy volgelinge en vra veelvuldige seëninge van God die Vader oor hulle, insluitende heiligmaking, verheerliking en bewaring. Hierdie drie dinge kan slegs van 'n bron kom wat dit bevat. Weereens het engele nie hierdie kragte nie. Engele kan ons nie heilig, verheerlik en ons ewige lewe in Christus waarborg nie (Ef 1:13-14).

Tweedens is daar 'n geleentheid in Joh 14:13 waar Christus aan gelowiges vertel dat wat ons ookal in Sy Naam vra, Hy sal voorsien, omdat Hy dit direk by Sy Vader pleit vir ons. Om 'n gebed aan engele te bid, sou 'n tekort hê aan 'n effektiewe en Bybelse geleide gebed (sien ook Joh 16:26). Geen engele of enige ander geskape wese is aangestel as 'n intersessor van die Vader nie. Net die Seun en die Heilige Gees (Rom 8:26) kan intree voor die Vader se troon.

Laastens, 1 Tess 5:17 vertel aan die gelowige om aan te hou bid, sonder ophou. Dit is net moontlik indien 'n gelowige toegang tot 'n God het, wat altyd teenwoordig en beskikbaar is om te luister na die pleidooie van elke persoon gelyktydig. Engele het nie hierdie gawe nie – hulle is nie alomteenwoordig en alwetend en almagtig nie – en is nie toegerus om ons gebede te ontvang nie. Gebed tot die Vader deur Christus is die enigste nodige en effektiewe manier waardeur ons met God kan kommunikeer. Nee, om tot engele te bid, is absoluut nié 'n Bybelse konsep nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Verbied die Bybel ons om tot engele te bid?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries