settings icon
share icon
Vraag

Hoe hanteer ek ‘n skoonma?

Antwoord


‘n Bemoeisieke skoonma wat oorheersend is en inmeng in haar seun/dogter en skoonseun/skoondogter se lewens, is wat die Bybel dit noem in 1 Tim 5:13: “bemoeisiek en praatsiek.” Die betekenis van die Griekse woord wat as “bemoeisiek” vertaal in 1 Tim, beteken “’n selfaangestelde toesighouer oor ander mense se kwessies.” Om toesig te hou is iets waarin sommige skoonmoeders hulself inburger of waarvan hulle ten minste beskuldig word. Hierdie soort van optrede veroorsaak kwaad, frustrasie en is nie God se plan vir die familie nie.

Dit is duidelik dat die dinamika in so ‘n situasie frustrerend is. ‘n Skoonma kan hierdie dinge doen, omdat niemand in die familie vir haar grense stel nie. Dus word sy ‘n oorheersende “boelie.” Miskien besef sy nie eers hoe sy inmeng en dinge oorheers nie. Volgens haar mag dit lyk na “liefde.” As dit die geval is, sal ‘n hart-tot-hart gesprek dalk die lug suiwer. Indien sy verstaan wat sy doen en dit doelbewus doen, selfs nadat sy gevra is om daarmee op te hou, dan is daar niks wat jy kan doen om dit te verander nie.

Ten spyte van watter kant af die inmenging kom, is dit ‘n aanslag op die huwelik en ly die “verlaat en aankleef” van God se orde vir die huwelik daaronder (Gen 2:23-24). ‘n Man en vrou verlaat hul geboorte-families en begin ‘n nuwe familie en hulle moet mekaar liefhê en beskerm. ‘n Man wat sy ma of skoonma toelaat om in te meng met sy huwelik, leef nie volgens die opdrag in Ef 5:25-33 nie. Grense moet daargestel word en gehandhaaf word, ten spyte van die weerstand wat gebied word. Die realiteit is dat mense ons behandel soos ons hul toelaat om te doen. As ons toestemming gee om die heiligheid van die familie te vertrap, dan is dit wat hulle sal doen. Niemand nie, nie eens ons veraf familie het die reg om die privaatheid van ons huis binne te kom nie en dit is die verantwoordelikheid van die man om oor die privaatheid die wag te hou. Hy moet die leiding sagkens hanteer – maar ferm – en vir sy skoonma verduidelik dat wat sy doen, verkeerd is en haar verseker dat sulke optrede nie geduld kan word nie. Hy moet haar herinner dat God aan hom die verantwoordelikeid vir sy familie gegee het en om enige van daardie verantwoordelikheid af te staan, is om ongehoorsaam aan God te wees. Hy moet haar ook verseker dat hy en sy vrou haar steeds liefhet, maar dat die verhouding verander het en dat hy nou in beheer is. Dit is God se ontwerp vir die familie en dit is hoe dit moet wees. Dan moet die paartjie sterk staan in hul oplossing.

Wat kan ons doen om te reageer teenoor ‘n skoonma se inmenging? Ons kan die keuse maak om haar nie toe te laat om ons vrede te steel nie. Ons het nie die vermoë om die manier van ander se optrede te verander nie, maar hoe ons optree teenoor sulke gedrag, bly ons keuse. Ons kan toelaat dat ander se optrede ons raak of ons kan kies om dit vir God oor te gee en Hom toe te laat om dit te gebruik om ons geestelik te versterk. Dit hang af hoe ons reageer ten opsigte van hierdie tipe situasie wat ons frustrasie vererger. Ons kan eenvoudig stop om ons emosioneel moeg te maak deur toe te laat dat ‘n skoonma inmeng en ons vrede belemmer. Haar gedrag is nie ons verantwoordelikheid nie; ons houding daarteenoor wel.

Ouers en skoonouers moet met respek en liefde behandel word, maar ons moenie toelaat dat ons emosies ons verwar nie. Die beste manier om ‘n vyand uit te skakel, is om hom ‘n bondgenoot te maak. Dit word deur God se genade gedoen. Christene kan altyd vergifnis as genade betoon (Ef 4:32). Dit mag dalk nie ‘n skoonma se inmenging stop nie, maar dit sal ‘n bron van krag en vrede wees om staande te bly (Ef 6:11-17). Die enigste plek om ware hartsvrede te vind, is in ‘n persoonlike verhouding met God deur Christus. Slegs dan kan ons ‘n antwoord hê deur in Sy vrede te rus.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe hanteer ek ‘n skoonma?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries