Vraag
Wat is aanvaarbare redes om kerk te mis?
Antwoord
Baie mense het ‘n inkorrekte of onbybelse begrip van kerkbywoning. Sommige mense se gevoel oor kerkbywoning grens aan wettiesheid – hulle moet elke keer as daar een of ander soort diens of byeenkoms is, dit bywoon, of hulle word deur God gestraf. Sommige mense beleef skuldige gevoelens wanneer hulle ookal ‘n Sondagmôre-diens mis vir een of ander rede. Ongelukkig bemoedig sommige kerke hierdie skuldgevoel aan deur buitensporige druk op mense te plaas. Aangesien verskille teenoor die kerk of ‘n opsetlike vermyding van kerk ‘n probleem in iemand se geestelike welsyn kan aandui, is dit belangrik om te verstaan dat die kwaliteit van iemand se verhouding met God nie bepaal word deur hoe dikwels hy/sy in die kerk kom nie. God se liefde vir Sy kinders word nie gebaseer op die hoeveelheid kere hulle formele dienste bywoon nie.
Daar is geen twyfel dat Christene, volgelinge van Jesus Christus, kerk moet bywoon nie. Dit moet die begeerte van elke Christen wees om korporatief te aanbid (Ef 5:19-20), om saam met ander Christene gemeenskap te hou en mekaar te bemoedig (1 Tess 5:11), en om uit God se Woord geleer te word (2 Tim 3:16-17). Om die Woord te hoor, bring geloof voort (Rom 10:17). En om met ander gelowiges te vergader, is ‘n opdrag (Hebr 10:24-25); ons het mekaar werklik nodig. Net soos God ‘n blymoedige gewer liefhet (2 Kor 9:7), so is Hy vol blydskap oor ‘n ware, opregte, blymoedige kerkbywoner.
Kerkbywoning moet een van die prioriteite in die Christelike lewe wees. Om toegewyd te wees aan jou plaaslike kerk is belangrik. Wat is dan die toepaslike redes om kerk te mis? Dit is onmoontlik om ‘n lys te gee wat vir almal sal werk. Natuurlik is dit aanvaarbaar om kerk te mis as jy siek is. Maar, op ander terreine, is dit ‘n kwessie van gesindheid en motivering. Indien iemand se motivering is om die Here op ‘n ander plek beter te dien, om opregte behoeftes te bevredig of om ‘n Godgegewe verantwoordelikheid te vervul, is daar dan niks verkeerd om ‘n kerkdiens te mis nie. ‘n Polisieman wat aan diens of op roep is, byvoorbeeld, kan nie van verwag word om ‘n oproep te ignoreer om sodoende sy plek in die kerkbank vol te sit nie. Maar as jou motivering is om die vleeslike lus te vervul, om selfsugtige redes of eenvoudig ‘n Christelike samekoms te vermy, dan is daar ‘n probleem.
Elke situasie moet persoonlik en eerlik geëvalueer word. Is dit ooit aanvaarbaar om kerk te mis, deur ‘n sportbyeenkoms by te woon? Ja, afhangende van jou motivering en gesindheid. Wat van om kerk te mis gedurende vakansietye? Weereens hang dit van motivering en gesindheid af. Ons wil wettiesheid vermy; ons word nie gered deur kerkbywoning nie, maar deur genade. Terselfdertyd moet ‘n Christen begeer om deur kerkbywoning te leer oor die grootheid van God se verlossingsgeskenk, om te leer hoe om meer soos Christus te raak en om geleenthede te kry om teenoor ander te bedien.
Ons motiewe moet ons ondersoek betreffende kerkbywoning. Woon ons kerk by om te wys dat ons geestelik is? Om interaksie te hê met moontlike besigheidskontakte? Of woon ons kerk by as gevolg van die wettiese opvatting wat sê dat hoe meer gereeld ons deur die kerkdeure loop, hoe meer is God ingenome met ons? Dit is waar dat daar baie mense is wat die kerk gereeld bywoon, nie ‘n goeie verhouding met die Here het nie. Indien jou kerkbywoning niks meer inhou as om net verveeld en sonder aandag deur die singery en preek daar te sit en dan onmiddellik na die diens huis toe te gaan, dan kan jy net sowel die kerkdiens mis, aangesien jy niks gewen het daarvan nie en jou bydrae was ook nul.
Ons moet kerk toe wil gaan om die gemeenskap met ander te beleef wat ook die verstomende genade van Jesus Christus ondervind het. Ons moet probeer om nie kerkgang te mis nie, omdat ons die belangrikheid om God se Woord te hoor, moet besef, dit toepas in ons lewens en dit met ander deel. Ons moet kerk bywoon, nie om bonuspunte te versamel nie, maar omdat ons lief is vir God, vir Sy mense en Sy Woord. Elke Christen moet poog om gereeld die kerkdienste by te woon. Terselfdertyd, om ‘n kerkdiens te mis, is geensins sonde of iets waaroor ons skuldgevoelens hoef te hê nie.
God ken ons harte. God is nie beïndruk deur iemand omdat hy elke diens bywoon nie. God se begeerte is om ons in Christus op te bou en Sy metode in hierdie tyd is om die plaaslike kerk in te sluit.
English
Wat is aanvaarbare redes om kerk te mis?