Vraag
What is the new covenant?
Antwoord
Die nuwe verbond (of Nuwe Testament) is die belofte wat God met die mensdom maak dat Hy sonde sal vergewe en verhouding sal herstel met hulle wie se harte na Hom gedraai word. Jesus Christus is die middelaar van die nuwe verbond en Sy dood aan die kruis is die basis van die belofte (Lukas 22:20). Die nuwe verbond was voorspel terwyl die ou verbond nog in werking was – die profete Moses, Jeremia en Esegiёl het almal gesinspeel op die nuwe verbond.
Die ou verbond wat God met Sy volk tot stand gebring het, vereis streng gehoorsaamheid ten opsigte van die Mosaïese wet. Omdat die gevolge van sonde die dood is (Rom 6:23) het die Wet vereis dat Israel daagliks offerandes moes bring as versoening vir hul sondes. Maar Moses, deur wie God die ou verbond geskep het, het ook die nuwe verbond vooruitgeloop. In een van sy finale toesprake aan die volk van Israel, kyk Moses vooruit: “En tog het die Here tot nou toe nie vir julle verstand gegee om te verstaan” nie (Deut 29:4).
Moses voorspel dat Israel sou misluk om die ou verbond te onderhou (Deut 29:22-28), maar dan sien hy ‘n tyd van herstel (Deut 30:1-5). Toe het Moses gesê, “Die Here jou God sal jou lewe en die lewe van jou nageslag aan Hom wy, sodat jy Hom sal liefhê met hart en siel. Dan sal jy lewe. . . .” (vers 6). Die nuwe verbond sluit ‘n totale hartsverandering in, sodat God se mense Hom van nature sal verbly.
Die profeet Jeremia het ook die nuwe verbond voorspel. “Daar kom ‘n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ‘n nuwe verbond sal sluit. . . . Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my Woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal My volk wees” (Jer 31:31, 33). Jesus Christus het gekom om die wet van Moses te vervul ( Matt 5:17) en om die nuwe verbond tussen God en Sy mense op te rig. Die ou verbond was op klip geskryf, maar die nuwe verbond is op ons harte geskryf. Deur in die nuwe verbond in te gaan, is moontlik gemaak slegs deur geloof in Christus, wat Sy bloed gestort het om die sondes van die wêreld weg te neem (Joh 1:29). Luk 22:20 vertel hoe Jesus, by die Laaste Avondmaal die beker neem en sê, “Hierdie beker is die nuwe verbond, beseёl deur My bloed, wat vir julle vergiet word.”
Die nuwe verbond word ook genoem in Eseg 36:26-27, “Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee; Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle ‘n hart van vleis gee. Ek sal My Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom.” Esegiёl gee ‘n lys van verskeie aspekte van die nuwe verbond hier: ‘n nuwe hart, ‘n nuwe gees, die inwoning van die Heilige Gees en ware heiligheid. Die Mosaïese wet kon geeneen van hierdie dinge voorsien nie (lees Rom 3:20).
Die nuwe verbond was oorspronklik aan Israel gegee en sluit ‘n belofte van vrugbaarheid, seёn en ‘n vredevolle bestaan in die Beloofde Land in. In Eseg 36:28-30 sê God, “Julle sal in die land woon wat Ek aan julle voorvaders gegee het, julle sal My volk wees en Ek sal julle God wees. . . . .Ek sal die graan aanspreek en sorg dat dit baie is; Ek sal nie weer hongersnood oor julle bring nie. Ek sal sorg dat daar baie vrugte aan die bome is en groot oeste op die lande, sodat julle nie weer die vernedering onder die nasies beleef dat julle hongersnood het nie.” Deut 30:1-5 bevat soortgelyke beloftes wat verband hou met Israel onder die nuwe verbond. Na die opstanding van Christus, was heidene ook ingebring onder die seёn van die nuwe verbond (Hand 10; Ef 2:13-14). Die vervulling van die nuwe verbond sal op twee plekke gesien word: op aarde, gedurende die duisendjarige ryk; en in die hemel, vir ewig en altyd.
Ons is nie meer onder die Wet nie, maar onder genade (Rom 6:14-15). Die ou verbond het sy doel uitgedien en is vervang deur “’n beter verbond” (Hebr 7:22). “Maar nou het Jesus ‘n voortrefliker priesterdiens gekry, deurdat Hy Middelaar is van ‘n beter verbond wat op uitnemender beloftes gegrond is” (Hebr 8:6).
Onder die nuwe verbond word ons die geleentheid gegee om verlossing as ‘n gratis geskenk te ontvang (Ef 2:8-9). Ons verantwoordelikheid is om geloof in Christus te beoefen, die Een wat die Wet in ons plek vervul het en ‘n einde gemaak het aan die Wet se offerandes deur Sy eie offerdood aan die kruis. Deur die lewegewende Heilige Gees wat in alle gelowiges woon (Rom 8:9-11), deel ons in die erfenis van Christus en geniet ‘n permanente, onverbroke verhouding met God (Hebr 9:15).
English
What is the new covenant?