settings icon
share icon
Vraag

Wat is neo-ortodoksie?

Antwoord


Neo-ortodoksie is ‘n godsdienstige beweging wat na die Eerste Wêreldoorlog begin het, as ‘n reaksie teen die mislukte opvattings van liberale Protestantisme. Dit was hoofsaaklik ontwikkel deur Sweedse teoloё Karl Barth en Emil Brunner. Sommige noem dit “neo-ortodoksie” omdat hulle dit gesien het as ‘n herlewing van die ou Hervormde teologie. Neo-ortodoksie verskil van “ou” ortodoksie in sy opvattings van God se Woord en sonde.

Die ortodokse siening is dat die Bybel die geopenbaarde Woord van God is, gegewe deur die inspirasie van God. Deur inspirasie, beide verbaal en meganies, beteken dit dat die Heilige Gees in volle Beheer was van die Bybelskrywer, deur alles wat hy geskryf het, verbaal te dikteer of deur die persoon as instrument te gebruik waardeur gewerk was. Hierdie doktrine van inspirasie kom tot die logiese slotsom dat die oorspronklike manuskripte sonder foute of teenstellings is. Die Bybel is die volledige en genoegsame openbaring van God. Twee gedeeltes van hierdie siening is 2 Tim 3:16-17 en 2 Pet 1:20-21.

Neo-ortodoksie definieer die Woord van God as Jesus (1 Joh 1:1) en sê dat die Bybel eenvoudig die mens se interpretasie van die Woord se handelinge is. Dus, die Bybel is nie deur God geïnspireer, en deur ‘n menslike dokument te wees, is dit moontlik dat sekere dele nie letterlik waar is nie. God het gespreek deur “verlossende geskiedenis,” en Hy praat nou soos mense in “ontmoeting” met Jesus, maar die Bybel self is nie die objektiewe waarheid nie.

Neo-ortodoksie leer dat die Bybel ‘n medium van openbaring is, terwyl ortodoksie glo dit is openbaring. Dit beteken dat, volgens die neo-ortodokse teoloog, openbaring afhang van die ondervinding (of persoonlike interpretasie) van elke individu. Die Bybel “raak” slegs die Woord van God wanneer God die woorde daarvan gebruik om iemand na Christus te lei. Die besonderhede van die Bybel is nie so belangrik, as om ‘n lewensveranderde ontmoeting met Jesus te hê nie. Die waarheid raak dus ‘n mistieke ondervinding en word nie definitief in die Bybel vermeld nie.

Die neo-ortodokse siening aangaande sonde is dat dit ‘n verwerping is van ons verantwoordelikheid om ons medemens goed te behandel. Die gevolge van sonde is ontmensliking, gepaardgaande met onvriendelikheid, onvergewensgesindheid, eensaamheid en ‘n menigte van gemeenskaps-euwels. Verlossing kom na hulle wat ‘n subjektiewe ontmoeting met Christus gehad het – geen aanvaarding van ‘n stel waarhede is nodig nie. Neo-ortodoksie plaas die klem op sosiale werk en ons etiese verantwoordelikheid om ander lief te hê.

Neo-ortodoksie het die minder konserwatiewe vertakkings van Presbiteriaanse en Lutheraanse kerke beïnvloed in die Verenigde State van Amerika, saam met ander denominasies. Terwyl sy oorspronklike doel om ‘n meer bybelse alternatief aan liberalisme te voorsien, prysenswaardig is, dra neo-ortodokse lering ‘n paar inherente gevare. Enige tyd dat die waarheid bepalend is ten opsigte van wat relevant is, rakende my ondervinding, bestaan die moontlikheid van relativisme. Enige doktrine wat die Bybel sien as ‘n volledige menslike dokument, bevattende foute, verweer die ware fondasie van bybelse Christelikheid.

Ons kan nie ‘n ware lewensveranderende “ontmoeting” met Jesus hê, sonder om ook sommige feite te glo wat in die Bybel voorkom nie. Rom 10:17 sê, “Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.” Die inhoud van ons geloof is die dood en opstanding van Christus (1 Kor 15:3-4).

Die dissipels het ‘n “ontmoeting” met Jesus in Lukas 24. Die dissipels het aanvanklik egter die gebeurtenis verkeerd geïnterpreteer, “Hulle het geweldig geskrik en bang geword en gedink hulle sien ‘n gees” (vers 37). Dit was eers toe Jesus hulle ingelig het oor die waarheid (dat Hy liggaamlik opgewek sou word) dat hulle die realiteit van die situasie begryp het. Met ander woorde, ons benodig ‘n ontmoeting met Jesus, maar ons het ook nodig dat daardie ontmoeting deur die waarheid van God se Woord geïnterpreteer moet word. Andersins kan die belewenis ons van die pad af lei en verwar.

Judas 1:3 vertel ons “om te stry vir die geloof wat een maal oorgelewer is aan dié wat God vir Hom afgesonder het.” Die geloof was aan ons toevertrou deur middel van die Bybel, die geskrewe Woord van God. Ons moenie die waarheid wat God foutloos en volledig in Sy Woord gespreek het, onder verdenking bring nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is neo-ortodoksie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries