Vraag
Wat is narratiewe teologie?
Antwoord
Narratiewe teologie, of wat soms “post-liberale” teologie genoem word, is gedurende die laaste helfte van die twintigste eeu ontwikkel. Dit was geïnspireer deur ‘n groep teoloё by die Yale Divinity School. Die stigters, George Lindbeck, Hans Wilhelm Frei en ander vakkundiges was beïnvloed deur Karl Barth, Thomas Aquinas en tot ‘n sekere mate, die nouvelle théologie, ‘n skool met die denkrigting om hervorming voor te stel in die Katolieke Kerk, gelei deur Franse Katolieke, soos Henri de Lubac.
Narratiewe teologie is die opvatting dat Christelike teologie se gebruik van die Bybel moes fokus op ‘n narratiewe heraanbieding van die geloof, eerder as die ontwikkeling van ‘n stel aanbiedinge wat vanuit die Skrifgedeeltes bespreek word of wat algemeen bekend staan as “sistematiese teologie.” Basies is narratiewe teologie ‘n redelike breё term, maar dikwels is dit daardie siening ten opsigte van teologie wat hoofsaaklik na die betekenis in die storie kyk. Dit word dan gewoonlik verbind met ‘n verwerping van die betekenis, afgelei van voorgestelde waarhede van die sistematiese teologie daarvan.
Ander kere, word narratiewe teologie geassosieer met die opvatting dat ons nie primêr beginsels hoef te leer nie of reёls of wette van die Skrif nie, maar eerder leer om met God ‘n verhouding te hê en hoe om ons deel te doen in die groter vergesig van ons verlossing. Daar was baie debatte en kritiek rakende die narratiewe of post-liberale teologies-gesentreerde kwessies, insluitende daardie van onvergelyklike, sektarianisme, fideïsme, relativisme en waarheid.
Nietemin, as dit korrek gebruik word, kan narratiewe teologie boublokke voorsien vir sistematiese teologie en vir bybelse teologie (dit is die progressiewe geskiedenis van God, deur Homself aan die mensdom te openbaar). Narratiewe teologie leer dat die Bybel gesien word as die storie van God se interaksie met Sy mense. Ondersteuners van narratiewe teologie handhaaf dat dit nie beteken dat die Bybel voorgestelde waarheids-aannames maak nie, maar dat die primêre doel van die Skrif is om die verhouding tussen God en Sy mense weer te gee en hoe ons vandag, in hierdie post-moderne wêreld, kan voortgaan in hierdie storie. Dit is dan om voorkeur te gee aan die strenger analises of sistematiese teologie. Aanhangers van narratiewe teologie gaan voort om te argumenteer dat dit minder waarskynlik is dat narratiewe teologie verse uit konteks trek, om sodoende doktrinale standpunte te steun.
Daar is ander aspekte van narratiewe teologie wat voordelig is. Byvoorbeeld, die Bybelstories is daar om ons die waarheid te leer; ons is veronderstel om daardie waarhede te leer en hierdie lesse toe te pas in ons lewens. Sodoende moet ons hierdie stories interpreteer en toepas volgens die oorspronklike bedoelinge van die Skrif se outeurs – dit is hoekom die stories vir ons bewaar is (sien Rom 15:4). ‘n Ander positiewe invloed van narratiewe teologie is dat dit die waarde van samelewing versterk. In moderne tye het mense dikwels Christendom gesentreer rondom een se individuele geloof, maar die Bybel se storie van God se verhouding met Sy mense herinner ons dat gemeenskap essensieel is.
Dit is waar dat die Bybel ‘n groot hoeveelheid narratiewe vertellings bevat, wat bedoel is om die waarheid aan ons oor te bring, dus is dit belangrik vir ons om ‘n sekere vorm van narratiewe teologie te aanvaar. Narratiewe teologie het egter probleme, veral as dit onverantwoordelik gebruik word en sonder twyfel gebeur dit in konserwatiewe kringe. Dit is veral waar as die leraars en predikers daarvan onverskillig is met die Bybel se oorspronklike betekenis en as hulle gedryf word deur hul eie intuïsies of hul eie antwoorde ten opsigte van die Skrif. Die gevolg is dat vertelling dikwels op skadelike wyse gebruik word.
Narratiewe teologie word ook dikwels misbruik as mense bepaal dat die vertelling nie ‘n onderliggende sistematiese teologie het nie of dat die onderliggende teologie nie bekend is nie. In sulke gevalle word dit geïmpliseer dat die lesse van narratiewe verstaan kan word, apart van die wêreldsienings van die oorspronklike skrywers of outeurs van die teks self. Basies is die gevolg dan valse lering met sommige voorstanders van narratiewe teologie wat reguit beweeg van storie na toepassing en wegdoen met meer beredeneerde analises van die Skrif. Maar in realiteit, kan dit nie gedoen word nie. Miskien word die mees voor die handliggende invloed van narratiewe teologie gevind in die opkomende kerk met sy wantroue en relatief lae agting vir sistematiese teologie.
Kampvegters vir narratiewe teologie, veral in die opkomende kerk, beweer dat teologie nie iets is waaroor ons dogmaties kan wees nie. Hulle sê dat “goeie” mense oor die jare tot verskillende gevolgtrekkings gekom het, dus waarom sukkel om in elk geval oortuigende stellings oor teologie te maak? Aldus, vanuit hul perspektief is teologie nie iets konkreets, absoluut en gesaghebbend nie. Hulle hou vol dat in die verlede mense op een manier of ‘n ander geglo het; die een was reg en die ander was verkeerd.
As gevolg hiervan, in sommige kerke vandag, het relativisme buitensporig geraak. Niemand is bekend met wie is reg en wie is verkeerd nie. En wat die ergste is, dit raak niemand nie. Gevolglik val die kerk ten prooi van sekulêre post-modernisme, waar wat waar is vir een, mag dalk nie vir ‘n ander waar wees nie. Dit is waar die kerk enigiets en alles verdra en vir niks opstaan nie.
Sommige ondersteuners van narratiewe teologie, soos in die opkomende kerkbeweging, doen algeheel weg met prediking. Iemand sit saam in ‘n kring en deel wat hulle dink God vir hulle beteken het op daardie spesifieke dag of week. Hulle mag selfs verwys na ‘n Skrifgedeelte wat verband hou met hul reis. Maar hul belewenisse en gevoelens is die fokuspunt, nie God se Woord nie. Hulle vertel ‘n storie of lees ‘n gedeelte uit die Skrif en stop. Daar is geen behoefte om te vermaan, te berispe of tot aksie oor te gaan nie. Dit gaan nie oor om te voldoen aan ‘n gesaghebbende stelling uit die Skrif nie, maar eerder om die Skrif te gebruik om vleeslike begeertes te vestig. Die kerk is veronderstel om die pilaar en ondersteuner van die waarheid te wees (1 Tim 3:15), en waarheid is ‘n liggaam van doktrine, soos neergelê in die Bybel deur die persoon van Jesus Christus. Alhoewel dit sy voordele het op ander maniere, soos ons gesien het, neig narratiewe teologie om ‘n beroep te doen op post-moderniste wat daarvan hou om hul godsdiens en hul “God” te formeer, volgens hoe hulle voel op ‘n gegewe dag of oor ‘n sekere gedeelte uit die Skrif.
English
Wat is narratiewe teologie?