settings icon
share icon
Vraag

Wat is die verskillende name en titels van Jesus Christus?

Antwoord


Daar is soveel as 200 name en titels van Christus in die Bybel gevind. Die volgende is sommige van die mees prominentes, ingedeel in drie afdelings van name wat die natuur van Christus reflekteer, ook Sy posisie en die drie-eenheid van God en Sy werk op aarde in belang van ons.

Die Natuur van Christus

Hoeksteen:
(Ef 2:20) – Jesus is die Hoeksteen van die gebou, wat Sy kerk is. Hy is die sement wat Jode en Heidene, manlik en vroulik saam bind – alle heiliges van alle eeue en plekke in een struktuur, gebou op geloof in Hom, wat deur almal gedeel word.

Eerste, verhewe bo die hele skepping: (Kol 1:15) – Nie die eerste ding wat God geskep het nie, soos sommige verkeerdelik beweer nie, aangesien vers 16 sê dat alle dinge deur Christus en vir Hom geskep is. Die betekenis is eerder dat Christus die rang by uitstek beklee en die eersgeborene oor alle dinge is. Hy beklee die allerhoogste rang in die heelal bo al die ander; Hy is hoof oor alle dinge.

Hoof van die Kerk: (Ef 1:22; 4:15; 5:23) – Jesus Christus, nie 'n koning of 'n pous nie, is die enigste opperste, soewereine heerser van die Kerk – diegene vir wie Hy gesterf het en wie hul geloof in Hom alleenlik geplaas het vir verlossing.

Heilige Een: (Hand 3:14; Ps 16:10) – Christus is heilig, beide in Sy goddelike en menslike natuur en die fontein van heiligheid vir Sy mense. Deur Sy dood is ons heilig en rein voor God.

Regter: (Hand 10:42; 2 Tim 4:8) – Die Here Jesus is deur God aangestel om die wêreld te oordeel en die belonings vir die ewigheid uit te deel.

Koning van die konings en Here van die heersers: (1 Tim 6:15; Openbaring 19:16) – Jesus het heerskappy oor alle outoriteit op aarde, oor alle konings en heersers en niemand kan Hom daarvan weerhou om Sy doelwitte te bereik nie. Hy bestuur hulle soos dit Hom behaag.

Lig van die Wêreld: (Joh 8:12) – Jesus het in 'n wêreld ingekom, wat in duisternis gehul was, as gevolg van sonde en het die lig van lewe en waarheid deur Sy werk en Sy woorde aangesteek. Diegene wat in Hom geglo het, se oë het Hy geopen en het in die lig begin stap.

Vredevors: (Jes 9:5) – Jesus het nie gekom om vrede in die wêeld te bring soos in die afwesigheid van oorlog nie, maar vrede tussen God en die mens, wat as gevolg van sonde geskei was. Hy het gesterf om sondaars met 'n heilige God te versoen.

Seun van God: (Luk 1:35; Joh 1:49) – Jesus is die "enigste Seun van die Vader" (Joh 1:14). Deurdat dit 42 keer in die Nuwe Testament gebruik word, bevestig dit die godheid van Christus.

Seun van die Mens: (Joh 5:27) – In kontras met "Seun van God" bevestig hierdie frase die menslikheid van Christus, wat langsaan Sy goddelikheid bestaan het.

Woord: (1 Joh 1:1; 1 Joh 5:7-8) – Die Woord is die tweede Persoon van die Drie-eenheid van God, wat gespreek het en dit gebeur, wat alle dinge uit niks gespreek het in die eerste skepping, wie in die begin by God die Vader was en self God was en deur wie alle dinge geskep is.

Woord van God: (Openbaring 19:12-13) – Dit is die naam wat aan Christus gegee is, wat aan almal onbekend is, behalwe aan Homself. Dit beskryf die misterie van Sy goddelike persoon.

Woord van Lewe: (1 Joh 1:1) – Jesus het nie net woorde gespreek wat tot die ewige lewe lei nie, maar na aanleiding van hierdie vers, is Hy die juiste woorde van lewe, wat verwys na die ewige lewe van blydskap en vervulling wat Hy voorsien.

Sy Posisie in die Drie-eenheid

Alfa en Omega:
(Openbaring 1:8; 22:13) – Jesus het Homself as die begin en einde van alle dinge verklaar, 'n verwysing na niemand anders nie as die ware God. Hierdie stelling van die ewigheid kan God alleen toekom.

Immanuel: (Jes 9:6; Matt 1:23) – Letterlik "God met ons." Beide Jesaja en Matteus bevestig dat die Christus wat in Betlehem gebore sou word, God Self sou wees wat na die aarde gekom het in die vorm van 'n mens, om tussen Sy mense te kom woon.

Ek Is: (Joh 8:58; Eks 3:14) – Toe Jesus hierdie titel aan Homself toegedig het, het die Jode probeer om Hom met klippe dood te gooi vir godslastering. Hulle het verstaan dat Hy Homself as die ewige God verklaar het, die onveranderlike Jehova van die Ou Testament.

Here van Almal: (Hand 10:36) – Jesus is die soewereine heerser oor die hele wêreld en alle dinge daarin, van al die nasies van die wêreld en spesifiek die uitverkore volk van God, Heidene sowel as Jode.

Ware God: (1 Joh 5:20) – Dit is 'n direkte bewering dat Jesus wat die ware God is, nie net goddelik is nie, maar wel die Goddelike. Aangesien die Bybel leer dat daar net een God is, kan dit slegs Sy natuur as deel van die drieëenige God beskryf.

Sy Werk op Aarde

Outeur en Volmaaktheid van ons Geloof:
(Heb 12:2) – Verlossing is bewerk deur die geloof wat 'n gawe van God is (Ef 2:8-9) en Jesus is die grondlegger van ons geloof en ook die voleinder daarvan. Van begin tot einde is Hy die bron en onderhouer van die geloof wat ons red.

Brood van die Lewe: (Joh 6:35; 6:48) – Netsoos brood in die fisiese sin lewe onderhou, is Jesus die Brood wat ewige lewe onderhou. God het manna in die woestyn voorsien om Sy volk te voed en Hy het vir Jesus voorsien om vir ons ewige lewe te gee, deurdat Sy liggaam vir ons gebreek is.

Bruidegom: (Matt 9:15) – Die beeld van Christus as die Bruidegom en die Kerk as Sy Bruid openbaar die spesiale verhouding wat ons met Hom het. Ons is aan mekaar verbind deur 'n genadeverbond wat nie gebreek kan word nie.

Redder: (Rom 11:26) – Netsoos die Israeliete God nodig gehad het om hulle uit slawerny vanuit Egipte te bevry, so is Christus ons Redder uit die slawerny van sonde.

Goeie Herder: (Joh 10:11, 14) – In Bybelse tye was 'n goeie herder gewillig om sy eie lewe te waag om sy skape teen wilde diere te beskerm. Jesus het Sy lewe vir Sy skape afgelê en Hy gee vir ons om, versorg en voed ons.

Hoëpriester: (Heb 2:17) – Die Joodse Hoëpriester het die tempel eenmaal per jaar binnegegaan om vir die sondes van die volk versoening te doen. Die Here Jesus het hierdie funksie uitgevoer vir Sy volk, deur eenmalig vir almal aan die kruis te sterf.

Lam van God: (Joh 1:29) – God se Wet het gevra vir die offer van 'n volmaakte, vlekkelose Lam as versoening vir sonde. Jesus het daardie Lam geword, wat sagmoedig tot slagting gelei is, geduldig was in Sy lyding en bereid was om vir Sy eiendom te sterf.

Middelaar: (1 Tim 2:5) – 'n Middelaar is iemand wat tussen twee partye versoening bewerk. Christus is die enigste Middelaar wat tussen mens en God versoening kon bewerk, Om tot Maria of die heiliges te bid, is afgodediens, want dit omseil hierdie uiters belangrike rol van Christus en skryf die rol van Middelaar aan andere toe.

Rots: (1 Kor 10:4) – Soos die lewegewende water vanuit die rots wat Moses geslaan het , gevloei het, is Jesus die Rots waaruit die lewende waters van die ewige lewe vloei. Hy is die Rots waarop ons ons geestelike huise bou, sodat geen storm dit kan skud nie.

Opstanding en Lewe: (Joh 11:25) – "Beliggaam in Jesus" beteken om sondaars tot die ewige lewe op te wek, netsoos Hy uit die graf uit opgestaan het. Ons sondes is saam met Hom begrawe en ons is opgewek om met 'n nuwe lewe te lewe.

Verlosser: (Matt 1:21; Luk 2:11) – Hy red Sy mense deur te sterf en hulle sodoende vry te maak, en deur die Heilige Gees te gee, vernuwe Hy hulle deur Sy mag, deur hulle die vermoë te gee om hul geestelike vyande te oorwin, deur hulle by te staan in beproewinge en in die dood en deur hulle op die laaste dag op te wek.

Ware Wynstok: (Joh 15:1) – Die Ware Wynstok voorsien alles wat die lote (gelowiges) nodig het om die vrug van die Gees te produseer – die lewende water van verlossing en voeding vanuit die Woord.

Weg, Waarheid, Lewe: (Joh 14:6) – Jesus is die enigste pad na God toe, die enigste Waarheid in 'n wêreld vol leuens en die enigste ware bron van die ewige lewe. Hy beliggaam al drie, in beide 'n tydelike en 'n ewige betekenis.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die verskillende name en titels van Jesus Christus?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries