Vraag
Kan dit werklik gesê word dat Christus se wederkoms ophande is?
Antwoord
Die word “naderend”/”ophande” beteken dat dit enige oomblik kan gebeur. As ons praat van die naderende wederkoms van Christus, beteken dit dat Hy enige oomblik kan kom. Daar is niks meer in bybelse profesie wat nog moet plaasvind, voordat Jesus weer kom vir die wegraping van die kerk nie. Die nadering van Christus se wederkoms word algemeen onder evangeliste geleer, met verskille ten opsigte van een se siening oor dispensasionalisme en of een ‘n pre-, mid-, of post-verdrukkingsiening van die wegraping het.
Jesus het met herhaling gepraat van Sy wederkoms gedurende Sy bediening, wat natuurlik vrae laat ontstaan het van Sy dissipels. Een van hul vrae was, “Wanneer sal dit gebeur?” (Mark 13:4). Jesus het geantwoord, “Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, selfs nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit. Wees op julle hoede; wees waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie” (verse 32-33). Dit is belangrik om te onthou in enige bespreking van eskatologie dat God nie bedoel dat ons volledig die tye van Sy planne hoef te weet nie.
Die Bybel sê egter dat Jesus se terugkeer naby is en ons moet opgewonde daarvoor wag (Rom 8:19-25; 1 Kor 1:7; Fil 3:20; Judas:21). Jakobus bemoedig ons om “Julle moet ook geduldig wag en moed hou, want dit is nie meer lank nie, dan kom die Here” (Jak 5:8). Openbaring 1:3 en 22:10 sê ook dat “die eindtyd is naby.”
Jesus het Sy dissipels geleer om uit te kyk vir Sy wederkoms. “Ook julle moet gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n tyd wanneer julle Hom nie verwag nie” (Luk 12:40). Die opdrag “om gereed te wees” impliseer nadering. Regdeur die Nuwe Testament word aan die kerk gesê om gereed te wees (Matt 24:42,44; 1 Tess 5:6). As die dissipels en die vroeë kerk die wederkoms te eniger tyd moes verwag, hoeveel te meer moet ons nie in verwagting uitsien nie? Ons verlossing is gereed “om aan die einde van die tyd geopenbaar te word” (1 Pet 1:5). Jesus kan terugkeer vir Sy eie op enige oomblik en daardie gebeurtenis sal die reeks gebeure, beskryf in Openbaring 6-18, in beweging bring. Soos die vyf wyse maagde in Jesus se gelykenis (Matt 25:1-13), moet ons gereed wees. “Waak dan, omdat julle nie weet op watter dag en uur dit sal gebeur nie” (Matt 25:13).
English
Kan dit werklik gesê word dat Christus se wederkoms ophande is?