settings icon
share icon
Vraag

Wat is morele teologie?

Antwoord


Morele teologie is 'n term wat deur die Roomse Katolieke Kerk gebruik word om die studie van God te beskryf, vanuit 'n perspektief van hoe die mens moet leef om die teenwoordigheid of guns van God te verkry. Terwyl dogmatiese teologie met die lering of amptelike doktrine van die Rooms Katolieke Kerk handel, gebruik morele teologie die doelwit van lewe en hoe dit bereik word. Dus, die doel of oogmerk van morele teologie is, eenvoudig gestel, om te bepaal hoe die mens behoort te lewe.

Morele teologie ondersoek sulke dinge soos vryheid, gewete, liefde, verantwoordelikheid en regspraak. Morele teologie soek om algemene beginsels voort te sit om individue te help om die regte besluite te neem en met die details van alledaagse lewe te handel, op 'n wyse wat in ooreenstemming met die Kerk se dogmatiese teologie is. Morele teologie is hoofsaaklik die Rooms Katolieke ekwivalent teenoor wat Protestante gewoonlik na verwys as Christelike Etiek. Morele teologie handel met die breƫr vrae in die lewe en poog om te definieer wat dit beteken om soos 'n Rooms Katolieke Christen te leef. Morele teologie spreek die verskillende metodes van morele onderskeiding aan, die definisies van reg en verkeerd, goed en kwaad, sonde en deug, ens.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is morele teologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries