Wat is morele relativisme?



Vraag: "Wat is morele relativisme?"

Antwoord:
Morele relativisme word makliker verstaan as dit met morele absolutisme vergelyk word. Absolutisme maak daarop aanspraak dat moraliteit op universele beginsels staatmaak (natuurlike wet, gewete). Christelike absolutisme glo dat God die hoofbron van ons algemene moraliteit is en dat dit dus so onveranderlik soos Hy is. Morele relativisme beweer dat moraliteit nie op enige absolute standaard gebaseer is nie. Etiese “waarhede” hang eerder van veranderlikes af, soos die situasie, kultuur, ons gevoelens, ens.

Sekere dinge kan gesê word oor die argument vir morele relativisme, wat hul twyfelagtige aard demonstreer. Eerstens, aangesien baie argumente wat gebruik word in ‘n poging om relativisme te ondersteun, aanvanklik goed klink, is daar inherent logiese teenspraak in almal, omdat hulle die “regte” morele ontwerp voorstel – die een wat ons almal behoort te volg. Tog is hierdie in homself absolutisme. Tweedens, selfs sogenaamde relativiste verwerp relativisme in die meeste gevalle. Hulle sou nie sê dat ‘n moordenaar of verkragter onskuldig is, solank as hy nie sy eie standaarde oortree het nie.

Relativiste kan argumenteer dat verskillende waardes tussen verskillende kulture daarop dui, dat sedes aan verskillende mense verwant is. Hierdie argument verwar egter die handelinge van individue (dit wat hulle doen) met absolute standaarde (of hulle dit sou doen). Indien kultuur reg en verkeerd bepaal, hoe kon ons die Nazi’s oordeel? Hulle het tog net hulle eie kultuur se moraliteit gevolg. Net as moord universeel verkeerd was, was die Nazi’s verkeerd. Die feit dat hulle “hul moraliteit” het, verander dit nie. Verder, alhoewel baie mense verskillende praktyke van moraliteit het, deel hulle nog steeds algemene moraliteit. Aborteerders en anti-aborteerders stem byvoorbeeld saam dat moord verkeerd is, maar hulle verskil daaroor of aborsie moord is. Dus, selfs hier word absolute universele moraliteit as waarheid beskou.

Sommige beweer dat veranderende situasies lei tot veranderende moraliteit – in verskillende situasies word verskillende optredes geken as nie reg, in ander situasies nie. Daar is egter drie dinge waarvolgens ons ‘n optrede moet beoordeel: die situasie, die optrede en die bedoeling. Ons kan byvoorbeeld iemand vir poging tot moord (bedoelend) vonnis, selfs as hulle misluk het (handeling). Situasies is dus apart van die morele besluit, aangesien hulle die konteks geskep het, deur die spesifieke morele optrede te kies (die aanwending van universele beginsels).

Die hoof-argument wat relativiste na verwys, is dié van toleransie (verdraagsaamheid). Hulle beweer dat om vir iemand te vertel dat hul moraliteit verkeerd is, is onverdraagsaamheid en relativisme verdra alle sieninge. Dit is egter misleidend. Eerstens behoort boosheid (kwaad) nooit verdra te word nie. Sou ons ‘n verkragter se siening verdra, dat vrouens objekte van bevrediging is om mishandel te word? Tweedens, is dit self-ondermynend aangesien relativiste nie intoleransie of absolutisme verdra nie? Derdens, relativisme kan nie verduidelik waarom enigeen in die eerste plek geduld moet word nie. Die belangrikste feit dat ons mense moet verdra (selfs al verskil ons) is gebaseer op die absolute morele reël dat ons altyd mense regverdig behoort te behandel – maar dit is absolutisme weereens! Sonder universele morele beginsels kan daar geen goedheid bestaan nie.

Die feit is dat alle mense met ‘n gewete gebore word en ons almal instinktief weet dat ons verkeerd gedoen het aan ander of daar teenoor ons verkeerd opgetree is. Ons tree op, asof ons van ander verwag om dit ook te erken. Selfs as kinders het ons die verskil tussen regverdig en onregverdig geken. Dit verg swak filosofie om ons te oortuig dat ons verkeerd is en dat morele relativisme waar is.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is morele relativisme?