Monergisme vs sinergisme – watter siening is korrek?


Vraag: "Monergisme vs sinergisme – watter siening is korrek?"

Antwoord:
Hierdie onderwerp is al vir eeue 'n warm debat in die kerk. Dit is nie oordrewe om te sê dat hierdie debat oor die hart van die evangelie gaan nie. Eerstens, kom ons definieer die twee terme. As ons van monergisme vs sinergisme praat, teologies gesproke, praat ons oor wie ons verlossing bewerkstellig. Monergisme, wat van 'n saamgestelde Griekse woord kom, wat beteken "om alleen te werk," is die siening dat God alleen ons verlossing bewerk. Hierdie siening word hoofsaaklik deur Calvinistiese en Gereformeerde tradisies gehandhaaf en is sterk verbind aan wat bekend staan as die "genadedoktrines." Sinergisme, wat ook vanaf 'n saamgestelde Griekse woord kom, met die betekenis van "om saam te werk," is die siening dat God met ons saam werk om verlossing te verkry. Aangesien monergisme nou geassosieer word met Johannes Calvyn, is sinergisme geassosieer met Jacob Arminius en sy sienings het grootliks die moderne Bengaliese landskap gevorm, Calvyn en Arminius is nie die skeppers van hierdie sienings nie, maar is die bekendste voorstanders van Calvinisme en Arminianisme.

Hierdie twee sienings was 'n kwaai debat in die vroeë 17de eeu toe volgelinge van Arminius The Five Articles of the Remonstrance (FAR) gepubliseer het, 'n dokument waarin hul teologie so gestel word, dat dit verskil het van Calvyn en sy volgelinge. Die sentrale punt in hierdie debat is tussen die Calvinistiese doktrine van onvoorwaardelike uitverkiesing vs die Arminianistiese leer van voorwaardelike uitverkiesing. Indien jy glo dat uitverkiesing onvoorwaardelik is,dan neig jy na 'n monergistiese siening van verlossing. Omgekeerd, indien jy 'n siening aanhang wat sê dat uitverkiesing gebaseer is op God se voorafkennis van wie in Hom sou glo, dan is die neiging na die sinergistiese kant.

Die siening van onvoorwaardelike uitverkiesing is saamgevat in die Westminster Confession of faith: "Those of mankind that are predestined unto life, God, before the foundation of the world was laid, according to His eternal and immutable purpose, and the secret counsel and good pleasure of His will, hath chosen in Christ, unto everlasting glory, out of His free grace and love alone, without any foresight of faith or good works, or perseverance in either of them, or any other thing in the creature, as conditions, or causes moving him thereunto; and all to the praise of His glorious grace" (WCF lll.5, emphasis added). Soos ons kan sien, leer onvoorwaardelike uitverkiesing dat God se keuse van die uitverkorene gebaseer is volgens Sy wil en niks meer nie. Verder is Sy keuse van uitverkiesing nie gebaseer op Sy vooruitsiening van 'n persoon se geloof of enige goeie werke of dat 'n persoon volhard in geloof of goeie werke nie.

Twee klassieke Bybelse gedeeltes ondersteun hierdie lering. Die eerste is Ef 1:4-5, "So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In Sy liefde het Hy ons, volgens Sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees ." Volgens hierdie gedeelte, is ons deur God gekies om in Christus te wees – heilig en onberispelik – voordat die wêreld geskep was en hierdie keuse gebaseer was op die "doelstelling van God se wil." Die ander gedeelte is Rom 9:16, "Dit hang dus nie af van 'n mens se wil of strewe nie, maar van God wat barmhartig is." God se keuse hang nie af van enigiets wat ons glo of doen nie, maar slegs van die diskresie van God se barmhartigheid.

Die essensie van Calvinisme en die monergistiese argument, is dat God in die besigheid is om inderdaad mense te red en nie om hulle bloot redbaar te maak nie. Aangesien alle mense in sonde gebore is en as gevolg van hul gevalle natuur ( totale verdorwenheid), hulle God altyd sal verwerp; dus, moet God optree om die uitverkorene te red sonder enige voorwaarde aan hulle kant van geloof. Om sodoende die seëninge van verlossing en die ewige lewe op die uitverkorene uit te stort, moet God eerstens versoening vir hul sondes bewerk (beperkte versoening). Hierdie genade en verlossing moet dan aan die uitverkorene oorgegee word en dus pas die Heilige Gees die effekte van die verlossing op die uitverkorene toe, deur hul gees te vernuwe en trek hulle dus in redding in(onweerstaanbare genade). Laastens, hulle wat God gered het, sal Hy bewaar tot die einde (volharding van die heiliges). Van begin tot einde, redding (in al sy aspekte) is 'n werk van God en God alleenlik – monergisme! Die punt is dat in werklikheid mense gered word – die uitverkorenes. Lees Rom 8:28-30. In daardie gedeelte sien ons dat daar 'n groep mense is vir wie God aanspreek as "dié wat volgens Sy besluit geroep is." Hierdie mense word geïdentifiseer as "dié wat Hom liefhet." Hierdie mense is ook hulle wat in verse 29-30 vooraf geken, voorafbestem, geroep, vrygespreek en verheerlik is. God is die Een wat hierdie groep mense beweeg (hulle wat God liefhet, die uitverkorenes) van voorafkennis tot verheerliking en niemand raak langs die pad verlore nie.

Ter ondersteuning van die sinergistiese argument, moet ons aandag verskuif na die Five Articles of the Remonstrance: "That God, by an eternal and unchangeable purpose in Jesus Christ His Son, before the foundation of the world, hath determined, out of the fallen, sinful race of men, to save in Christ, for Christ's sake, and through Christ, those who, through the grace of the Holy Ghost, shall believe on this His Son Jesus, and shall persevere in this faith and obedience of faith, through this grace, even to the end; and, on the other hand, to leave the incorrigible and unbelieving sin and under wrath, and to condemn them as alienate from Christ, according to the word of the Gospel in John 3:36: 'He that believeth on the Son hath everlasting life: and he that believeth not the Son shall not see life; but the wrath of God abideth on him,' and according to other passages of Scripture also" (FAR, Article 1, emphasis added). Hier sien ons dat redding voorwaardelik is, deur geloof en volharding van die individu. Wat voorwaardelike uitverkiesing doen, is om die bepalende faktor van ons verlossing vierkantig op ons te plaas, op ons vermoë om vir Jesus te kies en in Hom te bly. Arminiane sal nou sê dat ons vermoë om vir Jesus te kies, die resultaat is van 'n universele genade wat God eerstens gegee het aan alle mense wat vergewe is vir die effekte van die val en die mens toelaat om te kies om Christus te aanvaar of te verwerp. Met ander woorde, God moet iets doen om selfs die keuse van verlossing moontlik te maak, maar op die end is dit ons keuse wat ons red. Die Skrif verwys dat Artikel 1 sekerlik bevestig dat hulle wat glo , die ewige lewe het en hulle wat verwerp, nie die ewige lewe het nie, dus lyk dit asof daar 'n bietjie Skriftelike steun vir hierdie lering is. Alhoewel die sinergistiese argument verkondig dat God verlossing moontlik maak, is dit ons keuse wat verlossing werklikheid maak.

Terwyl monergisme sê dat God beide 'n nodige en voldoende voorwaarde vir ons redding is, sal sinergisme saamstem dat God 'n nodige voorwaarde is, maar sal Sy genoegsaamheid ontken. Ons vrye wil plus God se aktiwiteit is wat dit genoegsaam maak. Logies gesproke sal ons by magte wees om die swak plek in die sinergistiese argument raak te sien – dat God nie werklik elkeen red nie. Dit plaas die verantwoordelikheid vir redding op ons, want dit is ons wat verlossing werklik moet maak, deur ons geloof in Christus te plaas. Indien God nie werklik elkeen red nie, dan is dit moontlik dat niemand gered sal word nie. Indien God nie werklik almal red nie, hoe verduidelik ons sulke sterk gedeeltes soos Rom 8:28-30? Al die Griekse werkwoorde in daardie gedeelte is onbepaald verlede tyd/indikatief en dit beteken dat die handeling daarin beskryf, afgehandel is; daar is geen moontlikheid geïmpliseer in daardie gedeelte nie. Vanuit God se perspektief is verlossing bewerk. Verder, Artikel lV van die Remonstrance sê dat God se genade weerstaan kan word en Artikel V voer aan dat hulle wat die genade van God gekies het, kan ook val van daardie genade en "terugdraai na hierdie teenswoordige bose wêreld" en afvallig word van genade. Hierdie siening staan in teenstelling met die duidelike lering van die Skrif ten opsigte van die ewige sekerheid van die gelowige.

Indien dit die geval is, hoe sien ons dan die Bybelse steun vir voorwaardelike uitverkiesing (Joh 3:36)? Daar is geen ontkenning dat geloof nodig is om verlossing 'n "afgehandelde saak" in ons lewens te maak nie, maar waar val geloof in die orde van verlossing (Ordo Salutis)? Weereens, as ons Rom 8:29-30 bekyk, sien ons 'n logiese vooruitgang van verlossing. Regverdiging, wat tipies is in siening, as verlossing deur geloof oorweeg word, is vierde op die lys voorafgegaan deur voorkennis, voorbestemming en roeping. Nou roeping kan opgebreek word in die volgende: wedergeboorte, evangelisasie, geloof en belydenis. Met ander woorde, die "roeping," (deur Hervormde teoloë word daarna verwys as "doeltreffende roeping") eerstens, moet wedergeboorte deur die krag van die Heilige Gees insluit (Joh 3:3). Volgende kom die prediking van die evangelie (Rom 10:14-17), gevolg deur geloof en berou. Voordat enige hiervan kan plaasvind, egter, moet dit logies voorafgegaan word deur voorkennis en uitverkiesing.

Dit bring ons tot die vraag van voorkennis. Arminiane beweer dat voorkennis verwys na God wat die geloof van die uitverkorenes vooruit weet. Indien dit die geval is, dan is God se uitverkiesing nie langer gebaseer op die "goeie bedoeling van Sy wil nie," maar eerder op ons wat by magte is om Hom te kies, ten spyte van ons gevalle toestand wat, volgens Rom 8:7 vyandelik teenoor God is en "onbevoegdheid" om so te doen. Die Arminiaanse siening van voorkennis staan ook teenoor die duidelike lering van die gedeeltes wat bo genoem is, ter ondersteuning van onvoorwaardelike uitverkiesing (Ef 1:4-5 en Rom 9:16). Hierdie siening beroof God van Sy soewereiniteit en plaas die verantwoordelikheid vir verlossing vierkantig op die skouers van skepsels, wat volledig onbevoeg is om hulself te red.

Ter afsluiting, die gewig van die logiese getuienis en die gewig van die Bybelse getuienis ondersteun die monergistiese siening van verlossing – God is die outeur en die vervolmaker van ons verlossing (Heb 12:2). Hy wat die goeie werk in ons begin het, sal dit voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom (Fil 1:6). Monergisme het nie net 'n grondige impak op hoe 'n mens verlossing moet sien nie, maar wel ook evangelisaie. As verlossing slegs gebaseer is op God se reddende genade, dan is daar geen plek vir ons om te roem nie, en al die eer gaan aan Hom (Ef 2:8-9). Daarbenewens, indien God werklik mense red, dan moet ons evangelistiese pogings vrug dra, omdat God beloof het om die uitverkorenes te red. Monergisme ewenaar groter eer aan God!

English


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Monergisme vs sinergisme – watter siening is korrek?

Vind uit hoe om ...

Spandeer die ewigheid met God



Ontvang vergifnis van God