settings icon
share icon
Vraag

Wat is sommige moderne vorme van afgodery?

Antwoord


Al die verskeie vorme van moderne afgodery het een ding in gemeen: die self. Die meeste mense buig nie langer meer voor afgode en beelde nie. In plaas daarvan aanbid ons die altaar of die god self. Hierdie handelsmerk van moderne afgodery neem verskeie vorme aan.

Eerstens aanbid ons by die altaar van materialisme, wat ons benodig om ons ego’s te bou, deur die verwerwing van meer “goed.” Ons huise is gevul met alle soorte besittings. Ons bou groter en groter huise met meer vertrekke en opgaarplekke om alles te kan opberg wat ons koop, baie daarvan wat ons nog nie eens betaal het nie. Die meeste van ons goed het “opsetlike duursaamheid” ingebou daarin, en maak dit onbruikbaar binne ‘n kort tydjie. Dan skuif ons dit na die garage of ander bêreplek. Weer haas ons om die nuutste item te gaan koop, kledingstuk of apparaat en so begin die hele proses weer oor. Hierdie onversadigbare hunkering na meer, beter en nuwer goed is niks meer nie, as inhaligheid. Die tiende gebod sê: “Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ‘n slaaf of slavin, ‘n bees of ‘n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie” (Eks 20:17). God weet dat ons nooit gelukkig sal wees om ons materialistiese begeertes te bevredig nie. Materialisme is Satan se vangstrik om ons fokus op onsself en nie op God te rig nie.

Tweedens aanbid ons by die altaar van ons eie trots en ego. Dit neem dikwels die vorm aan van obsessie met loopbane en werksgeleenthede. Miljoene mans – en toenemend meer vroue – spandeer 60-80 ure per week om te werk. Selfs gedurende naweke en vakansies is ons skootrekenaars aan die gang en ons breine draai in die rondte met gedagtes oor hoe om ons besighede meer suksesvol te bedryf, hoe om daardie bevordering te bekom, hoe om die volgende verhoging te kry, hoe om die volgende transaksie te beklink. In die tussentyd smag ons kinders vir aandag en liefde. Ons maak gekke van onsself om te dink ons doen dit vir hulle vir ‘n beter lewe. Die waarheid is egter dat ons dit vir onsself doen, om ons gevoel van eiewaarde op te stoot, deur meer suksesvol te lyk in die oë van die wêreld. Dit is dwaasheid. Al ons harde werk en pogings sal van geen nut wees na ons dood nie, ook nie die bewondering van die wêreld nie, omdat hierdie dinge geen ewigheidswaarde het nie. Koning Salomo stel dit so, “’n Mens wat met wysheid en kennis gewerk en sukses behaal het, laat sy besittings na aan een wat glad nie daarvoor gewerk het nie. Dit is nie reg nie. Ook dit kom dus tot niks. Wat het die mens nou eintlik aan alles waarmee hy hom met soveel sorg en ywer in hierdie wêreld besig hou? Elke dag bring vir hom pyn en elke onderneming ergernis; selfs snags kom hy nie tot rus nie. Ook dit kom tot niks” (Prediker 2:21-23).

Derdens verafgod ons die mens – en bó alles, onsself – deur naturalisme en die krag van die wetenskap. Dit gee vir ons die illusie dat ons heersers van ons wêreld is en ons bou ‘n eie selfbeeld tot goddelike verhoudings. Ons verwerp God se Woord en Sy beskrywing van hoe Hy die hemele en die aarde geskep het en ons aanvaar die onsin van evolusie en naturalisme. Ons is voorstanders van omgewingsbewustheid en maak van onsself gekke om te dink dat ons die aarde vir altyd kan bewaar , terwyl God verklaar het dat die aarde ‘n beperkte leeftyd het en tot ‘n einde sal kom. Wanneer daardie tyd aanbreek, sal Hy alles vernietig wat Hy geskep het en ‘n nuwe hemel en nuwe aarde skep. “Maar die dag van die Here sal so onverwags soos ‘n dief kom. En op dié dag sal die hemel met ‘n groot gedruis verdwyn, die hemelliggame brand en tot niet gaan en die aarde met alles wat daarop is, vergaan. Aangesien al hierdie dinge so aan hulle einde gaan kom, moet julle des te meer vroom en aan God toegewy lewe. Leef in verwagting dat die dag van God kom en beywer julle daarvoor, die dag waarop die hemel in vlamme sal vergaan en die hemelliggame sal brand en wegsmelt. Maar ons leef in die verwagting van ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers” (2 Pet 3:10-13). Soos hierdie gedeelte dit duidelik stel, moet ons fokus nie op die aanbidding van die omgewing wees nie, maar om heilig te lewe, solank ons in blydskap wag op die Wederkoms van ons Here en Verlosser. Hy alleen verdien aanbidding.

Uiteindelik en miskien die mees vernietigende, ons aanbid die altaar van selfverheerliking of die vervulling van die self, met die uitsluiting van al die ander en hul behoeftes en begeertes. Dit manifesteer in oorgawe aan alkohol, dwelms en kos. Hulle, in lande van welvaart, het onbeperkte toegang tot alkohol, dwelms (voorskrifmiddel is op ‘n altyd “hoog”, selfs onder kinders) en kos. Dit lei tot obesiteit, diabetes en ander probleme. Die selfbeheer wat ons so desperaat nodig het, is vertrap in ons onversadigbare lus om te eet, drink en om meer en meer te medisineer. Ons weerstaan enige poging om ons eetlus te bedwing en ons is vasberade om onsself die god van ons lewens te maak. Hierdie ingesteldheid het sy oorsprong in die Tuin van Eden, waar Satan vir Eva verlei het om van die boom te eet, met die woorde “dan sal julle soos God wees” (Gen 3:5). Dit was nog altyd die mens se begeerte – om god te wees. Hierdie aanbidding van die self, is die basis van alle moderne afgodery.

Alle afgodsaanbidding van die self het die drie luste wat in 1 Joh 2:16 voorkom, as kern: “Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld.” As ons moderne afgodery wil ontsnap, moet ons erken dat dit verregaande is en dit verwerp in al sy vorme. Dit kom nie van God af nie, maar Satan. Die leuen dat selfliefde vervulling sal bring, is dieselfde een wat Satan aan Adam en Eva, vertel het. Dit is hartseer dat ons nog steeds daarvoor val. Wat nog erger is, baie kerke verkondig dit in die prediking van gesondheid, rykdom en voorspoed wat gebou is op die afgod van die gevoel van eiewaarde. Ons sal egter nooit geluk vind deur op onsself te fokus nie. Ons harte en gedagtes moet op God en niemand anders gesentreer wees nie. Dit is hoekom Jesus geantwoord het op die vraag oor wat die grootste gebod inhou, “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand” (Matt 22:37). As ons die Here as ons naaste liefhet met alles wat in ons is, sal daar geen plek in ons harte wees vir afgodery nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is sommige moderne vorme van afgodery?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries