settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor miskrame?

Antwoord


Die mees algemene vraag wat mense waarskynlik na ‘n miskraam vra, is: “Hoekom het dit gebeur?” of “Hoekom het God dit aan my gedoen?” Daar is geen maklike antwoorde op hierdie vrae nie. In werklikheid is daar geen bevredigende gevolgtrekking wat ons ooit sal by uitkom wanneer slegte dinge in mense se lewens gebeur het nie, veral onskuldige kinders wat nie eens begin lewe het nie. Ons moet verstaan dat God nie ons geliefdes van ons af wegneem om ons wreed te straf nie. Die Bybel sê, “Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie” (Rom 8:1).

Miskrame word gewoonlik veroorsaak deur abnormale chromosoom-patrone in die fetus. Wanneer hierdie abnormaliteite aangeval word, word die groeiproses gestrem en loop dit uit op ‘n miskraam. In ander gevalle word miskrame veroorsaak deur baarmoeder-misvormings, probleme met die immuunstelsel, kroniese infeksies en siektes. Na duisende jare van sonde, dood en persoonlike vernietiging, behoort dit ons nie te verbaas dat genetiese afwykings uiteindelik ‘n algemene plek sal inneem nie.

Die Bybel verwys nie spesifiek na spontane miskrame nie. Ons kan egter seker wees, dat God baie omgee vir hulle wat dit deurgemaak het. Hy huil en ly saam met ons, dood eenvoudig omdat Hy ons so liefhet en ons pyn voel. Jesus Christus, die Seun van God, het belowe om Sy Gees aan alle gelowiges te stuur, sodat ons nooit alleen deur beproewinge hoef te gaan nie (Joh 14:16). Jesus het in Matt 28:20 gesê, “En onthou, Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Enige gelowige wat gely het deur ‘n miskraam moet geloof hê in die roemryke hoop om weer eendag hul kindjie te kan sien. ‘n Ongebore kind is nie net ‘n fetus of ‘n “stukkie weefsel” vir God nie, maar wel een van Sy kinders. Jer 1:5 sê dat God ons al ken terwyl ons in die baarmoeder is. Klaagliedere 3:33 sê, “dit is teen Sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring.” Jesus het belowe om ons agter te laat met ‘n geskenk van vrede, dié soort vrede wat die wêreld nie kan gee nie (Joh 14:27).

Rom 11:36 herinner ons dat alles deur God se almag bestaan en tot Sy eer daargestel is. Alhoewel Hy nie lyding op ons laat neerkom met die doel om ons te straf nie, sal Hy toelaat dat dinge gebeur in ons lewens, om Sy Naam eer aan te doen. Jesus het gesê, “Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin” (Joh 16:33).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor miskrame?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries