settings icon
share icon
Vraag

Is mishandeling ‘n aanvaarbare rede vir egskeiding?

Antwoord


Die Bybel praat nie oor die onderwerp van huweliks-mishandeling as ‘n rede vir egskeiding nie, alhoewel dit duidelik is wat God van die huwelik verwag – hoe dit moet lyk (Ef 5:22-33) en mishandeling is in teenstelling met alles wat godvresend is. Fisiese geweld teenoor ‘n huweliksmaat is immoreel en moet deur niemand geduld word nie. Niemand behoort in ‘n onveilige omgewing te bly nie, óf dit ‘n familielid, vriend, werknemer, versorger óf ‘n vreemdeling is nie. Fisiese mishandeling is ook teen die wet en burgerlike owerhede behoort die eerste gekontak te word, indien mishandeling plaasvind.

‘n Eggenoot wat mishandel word, moet dadelik ‘n veilige plek soek. As daar kinders betrokke is, moet hulle ook beskerm word en weggeneem word uit die situasie. Daar is niks onbybels aangaande skeiding van ‘n misbruiker nie; om die waarheid te sê, dit is moreel korrek om jouself en die kinders te beskerm.

Die Bybel beveel nooit egskeiding aan nie, selfs in die geval van mishandeling. Die Bybel spesifiseer twee aanvaarbare redes vir egskeiding: verwerping van ‘n Christen by ‘n ongelowige eggenoot (1 Kor 7:15) en egbreuk (Matt 5:32). Aangesien die Bybel nie mishandeling as ‘n aanvaarbare rede vir egskeiding gee nie, is ons versigtig om ons advies tot egskeiding te beperk.

God laat geskeiding toe in die geval van verwerping en troubreuk, maar daardie omstandighede gee nie outomaties aanleiding dat egskeiding kan voortgaan nie; dit is die laaste uitweg. In die geval van ontrou, is dit beter vir twee Christene om te versoen, as om te skei. Dit is beter om die vergifnis en liefde wat God verniet aan ons gegee het, uit te brei (Kol 3:13). Versoening met ‘n misbruiker, egter, is baie anders.

God laat egskeiding toe in die geval van verlating en egbreuk, maar selfs daardie omstandighede gee nie outomaties aanleiding tot skeisake nie; egskeiding is steeds die laaste opsie. In die geval van ontrou, is dit beter vir twee Christene om te versoen as om te skei. Dit is beter om die vergifnis en liefde wat God vryelik aan ons gee, uit te brei (Kol 3:13). Versoening met ‘n persoon wat jou mishandel, is egter baie anders. Dit hang heeltemal af van hoe so ‘n mens sy of haar betroubaarheid bewys, wat jare kan neem – indien dit ooit gebeur. Skeiding van ‘n eggenoot wat jou mishandel, neem gewoonlik baie lank.

Eers as die skeiding gebeur het, het die een wat mishandel word, verantwoordelikheid om hulp te soek. Om mee te begin, moet hy/sy na God soek: “want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word” (Matt 7:8). God het die mag om individue en verhoudinge weer heel te maak. Hy moet die Here van ons lewens wees, die Meester van ons bates en die Hoof van ons huishoudings. Sielkundige hulp en wetlike beperkings (weerhoudings-opdragte) is ook van toepasssing en sulke dinge is belangrik ten opsigte van haar of sy proses van verandering.

Indien die misbruiker bewysbare verandering toon, en dit onafhanklik bevestig word, kan die verhouding met omsigtigheid voortgaan. Beide man en vrou moet hulself verbind om ‘n pad met God te stap en hul verhouding met God deur Christus te ontwikkel. “Hou valsheid ver van my af, wees my genadig, leer my U wet. Ek kies die betroubare pad, ek lewe volgens U bepalings” (Ps 119:29-20). Hierdie ooreenkoms met God moet vergesel word deur intensiewe berading deur ‘n betroubare pastoor of gelowige gelisensieerde raadgewer. Die berading moet eerstens individueel plaasvind, dan as ‘n paartjie en uiteindelik as ‘n hele familie saam, want almal het heling nodig. Verandering is moontlik vir ‘n verkeerde persoon wat werklik berou het en nederig oorgee aan die Here (2 Kor 3:18).

Daar is talryke “rooi vlae” om voor uit te kyk, voordat daar ‘n permanente verhouding begin word. Ongelukkig kan hierdie aanduidings nie sigbaar wees tot na die huwelik plaasgevind het nie, aangesien baie sulke mense slim is, om hul ware natuur weg te steek. Tog is daar ‘n lysie om voor uit te kyk, soos onredelike jaloesie, die neiging om altyd in beheer te wees, ‘n vinnige humeur, wreedheid teenoor diere, pogings om die eggenoot weg te hou van familie of vriende, dwelm- of alkoholmisbruik, geen respek vir grense nie, privaatheid, persoonlike spasie of morele waardes. Indien jy enige van hierdie waarskuwingstekens sien in ‘n verhouding, soek asseblief advies by iemand na-aan jou.

As jy nou reeds in ‘n situasie van mishandeling is, óf dit ‘n huweliksmaat, ouer, kind, versorger, onderwyser, naasbestaande of enigeen anders is, weet asseblief dat God nie wil hê dat jy in daardie situasie moet bly nie. Dit is nie God se wil vir jou om fisies, seksueel of sielkundig mishandel te word nie. Gaan uit die situasie uit, kry iemand om jou te help om veilig te wees en kry dadelik wetstoepassing betrokke. Deur dit alles, bid vir God se leiding en beskerming.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is mishandeling ‘n aanvaarbare rede vir egskeiding?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries