settings icon
share icon
Vraag

Hoekom het Migael en Satan oor Moses se liggaam gestry (Judas:9)?

Antwoord


Judas vers 9 verwys na 'n gebeurtenis wat nêrens in die Skrif voorkom nie. Migael moes redeneer met Satan oor Moses se liggaam, maar waarom, is nie beskryf nie. 'n Ander engelestryd word in Daniël gevind, waar hy beskryf dat 'n engel na hom toe kom in 'n visioen. Hierdie engel, Gabriël in Dan 8:16 en 9:21, vertel Daniël, was teruggehou deur 'n demoon, "engel van die Persiese ryk," totdat die aardsengel Migael hom te hulp gekom het (Dan 10:13). Dus leer ons van Daniël dat engele en demone geestelike gevegte het oor siele van mense en volke en dat die demone engele teenstaan en probeer voorkom om God se opdragte uit te voer. Judas vertel ons dat Migael deur God gestuur was om op een of ander wyse met Moses se liggaam te handel, wat God Self begrawe het na Moses dood is (Deut 34:5-6).

Verskeie teorieë is al aangevoer in verband met die stryd oor Moses se liggaam. Een daarvan is dat Satan, vir altyd die aanklaer van God se mense (Openbaring 12:10), mag dalk die opwekking van Moses tot die ewige lewe teengestaan het, op grond van Moses se sonde by Meriba (Deut 32:51) en sy moord op die Egiptenaar (Eks 2:12).

Sommige het gemeen dat die verwysing in Judas dieselfde is as die gedeelte in Sag 3:1-2, "Die Here het my 'n gesig laat sien. Ek het die hoëpriester Jesua voor die engel van die Here sien staan en regs van hom het die Satan gestaan, besig om Jesua aan te kla. Die Here het vir die Satan gesê: 'Ek sal jou straf, Satan, Ek wat Jerusalem My woonplek gemaak het, sal jou straf. Hierdie man is soos 'n stuk hout wat uit die vuur gered is.'" Die argumente teenoor hierdie is egter voor die hand liggend: (1) Die enigste ooreenkoms tussen die twee gedeeltes is die uitdrukking, "Ek sal jou straf, Satan." (2) Die naam "Migael" kom nie voor in die gedeelte in Sagaria nie. (3) Daar word geen melding gemaak van die "liggaam van Moses" in Sagaria nie en geen sinspeling daaroor van enige aard nie.

Daar is ook gemeen dat Judas 'n apokriewe boek aanhaal en dat hy dit sodoende wil staaf. Origen (c. 185-254), 'n vroeë Christelike student en teoloog maak melding van die boek "The Assumption of Moses," wat in sy tyd bestaan het en hierdie spesifieke weergawe van die geskil tussen Migael en die duiwel oor Moses se liggaam bevat het. Daardie boek is nou verlore en was 'n Joods-Griekse boek en Origen het gemeen dat dit die bron was van Judas se weergawe.

Die enigste vraag is, of die storie "waar" is. Wat ookal die oorsprong, Judas verwys na die stryd tussen Migael en die duiwel as waar. Hy praat daarvan op dieselfde wyse as wat hy sou doen indien hy van Moses se dood sou praat of sy slaan van die rots en wie kan bewys dat dit nie waar is nie? Watter getuienis is daar dat dit nie is nie? Daar is baie sinspelings in die Bybel oor engele. Ons weet dat die aardsengel Migael werklik is; daar word herhaaldelik melding gemaak van die duiwel; en daar is tallose bevestigings dat beide slegte en goeie engele in diens geneem word vir belangrike transaksies op aarde. Netsoos die oorsprong van hierdie spesifieke gesprek oor Moses se liggaam heeltemal onbekend is, is gissings onbruikbaar. Ons weet nie of daar 'n argument oor die besit van die liggaam, die begrawe van die liggaam of enigiets anders was nie.

Hierdie twee goed weet ons egter: Eerstens, die Skrif is foutloos. Die foutloosheid van die Skrif is een van die pilare van die Christelike geloof. As Christene is ons doel om die Skrif met eerbied en in gebed te nader en indien ons iets kry wat ons nie verstaan nie, bid ons harder, studeer meer en – indien die antwoord steeds onduidelik is – erken in nederigheid ons beperkinge in die lig van die volmaakte Woord van God.

Tweedens is Judas vers 9 die uiterste illustrasie van hoe Christene met Satan en demone moet handel. Die voorbeeld van Migael wat weier om 'n vloek oor Satan uit te spreek, behoort 'n les vir Christene te wees oor hoe om teenoor demoniese magte op te tree. Gelowiges moet hulle nie aanspreek nie, maar eerder die Here se ingrypende almag teen hulle soek. As 'n kragtige wese soos Migael die Here se hulp soek om met Satan te handel, wie is ons om 'n poging aan te wend om hulle te nader, uit te werp of om demone aan te spreek?

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom het Migael en Satan oor Moses se liggaam gestry (Judas:9)?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries