settings icon
share icon
Vraag

Wat was die merk wat God op Kain geplaas het (Gen 4:15)?

Antwoord


Nadat Kain sy broer Abel vermoor het, het God aan Kain verklaar, "Vervloek is jy dan nou, verban van die grond af wat gretig die bloed van jou broer uit jou hand opgeslurp het. Wanneer jy die grond bewerk, sal dit nie sy opbrengs vir jou gee nie. Jy sal 'n doellose swerwer op aarde word!" (Gen 4:11-12). In antwoord daarop het Kain gekla, "My straf is te swaar om te dra. U verdryf my nou van my grond af en tot U het ek nie meer toegang nie. Ek sal 'n doellose swerwer op aarde wees en wie my raakloop, sal my vermoor" (Gen 4:13-14). God het toe vir hom geantwoord, "Nee! Wie vir Kain vermoor, sal sewe maal gestraf word." "Toe gee die Here vir Kain 'n teken sodat niemand wat hom raakloop, hom sou doodmaak nie " (Gen 4:15-16).

Die aard van die merk op Kain is die onderwerp van baie debat en spekulasie. Die Hebreeuse woord vir 'merk" is "owth" en verwys na 'n "merk, teken of aandenking." Iewers in die Hebreeuse Skrif word "owth" 79 keer gebruik en word meeste kere vertaal as "sign." Dus, identifiseer die Hebreeuse woord nie die presiese aard van die merk wat God op Kain geplaas het nie. Wat dit ookal was, dit was 'n teken/aanduiding dat Kain nie doodgemaak mag word nie. Sommige meen dat die merk 'n litteken was of 'n tatoeëermerk. Wat ookal die saak is, die presiese aard van die merk is nie die fokus van die gedeelte nie. Die fokus is dat God nie mense wou toelaat om vergelding teenoor Kain uit te oefen nie. Wat die merk ookal was, dit het wel die doel gedien.

In die verlede het baie mense geglo dat die merk op Kain die donkervel kon wees – dat God sy velkleur verander het na swart om hom sodanig te identifiseer. Aangesien Kain ook 'n vloek ontvang het, het gemaak dat baie geglo het, dat mense met 'n donkervel vervloek was. Die merk van Kain het mense laat glo dat dit 'n regverdiging was vir die slawehandel in Afrika en 'n diskriminasie teen mense met 'n swart/donkervel. Hierdie interpretasie is heeltemal onbybels. Nêrens in die Hebreeuse Skrif word "owth" gebruik as 'n verwysing na velkleur nie. Die vloek op Kain in Gen 4 was op Kain self. Niks word gesê dat Kain se vloek oorgedra word op sy nageslag nie. Daar is absoluut geen Bybelse grond dat Kain se nageslag donkervel gehad het nie. Verder, indien een van Noag se seuns se vrouens 'n afstammeling van Kain was (moontlik, maar onwaarskynlik), was Kain se bloedlyn deur die Vloed vernietig.

Wat was die merk wat God op Kain geplaas het? Die Bybel swyg daaroor. Die betekenis van die merk dat Kain nie doodgemaak mag word nie, was belangriker as die aard van die merk self. Wat ookal die merk was, dit hou geen verband met velkleur of 'n oorerflike vloek op die afstammelinge van Kain nie. Om die merk op Kain te gebruik as 'n verskoning vir rasisme of diskriminasie is absoluut onbybels.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat was die merk wat God op Kain geplaas het (Gen 4:15)?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries