settings icon
share icon
Vraag

Wat is die menslike siel?

Antwoord


Die Bybel is nie heeltemal duidelik oor die natuur van die menslike siel nie, maar deur bestudering van die Skrif aangaande die woord "siel", kan ons tot 'n paar gevolgtrekkings kom. Eenvoudig gestel, is die menslike siel deel van 'n persoon, wat nie fisies is nie. Dit is die deel van elke mens wat tot in ewigheid bly bestaan, nadat die liggaam gesterf het. Gen 35:18 beskryf die dood van Ragel, Jakob se vrou, terwyl sy haar seun 'n naam gegee het "terwyl sy haar laaste asem uitblaas." Vanuit hierdie weet ons dat die siel verskil van die liggaam en dat dit voortleef na fisiese dood.

Die menslike siel is sentraal tot die menswees van 'n menslike wese. C.S. Lewis het gesê, "Jy het nie 'n siel nie. Jy is 'n siel. Jy het 'n liggaam." Met ander woorde, menswees is nie daarop gebaseer om 'n liggaam te hê nie. 'n Siel word benodig. In die Bybel word daar herhaaldelik na mense verwys as "siele" (Eks 31:14; Spreuke 11:30), veral in gedeeltes waar daar gefokus word op die waarde van menslike lewe en menswees of op die konsep van "hele wese" (Ps 16:9-10; Eseg 18:4; Hand 2:41; Openbaring 18:13).

Die menslike siel word onderskei van die hart (Deut 26:16; 30:6) en die gees (1 Tess 5:23; Heb 4:12) en die verstand (Matt 22:37; Mark 12:30; Luk 10:27). Die menslike gees is deur God geskep (Jer 38:16). Dit kan sterk of wankelmoedig wees (2 Pet 2:14); dit kan verlore of gered wees (Jak 1:21; Eseg 18:4). Ons weet dat die menslike siel versoening nodig het (Lev 17:11) en dit is die deel van ons wat gesuiwer en beskerm word deur die Waarheid en die werk van die Heilige Gees (1 Pet 1:22). Jesus is die groot Herder van siele (1 Pet 2:25).

Matt 11:29 vertel ons dat ons na Jesus Christus toe kan draai om rus vir ons siele te vind. Ps 16:9-10 is 'n Messiaanse Psalm wat ons toelaat om te sien dat Jesus ook 'n siel gehad het. Dawid het geskrywe, "Daarom is ek bly en juig ek en voel ek my veilig. U gee my nie oor aan die dood nie. U laat U troue dienaar nie in die graf kom nie." Hierdie woorde kan nie van Dawid praat nie (soos Paulus in Hand 13:35-37 dit uitwys) aangesien Dawid se liggaam bedorwenheid en verrotting ondergaan het toe hy gesterwe het. Jesus Christus se liggaam het nooit dit ondergaan nie (Hy is opgewek) en Sy siel was nie in die hel nie. Jesus, die Seun van die Mens het 'n siel.

Daar is dikwels verwarring oor die menslike gees versus die menslike siel. Op sommige plekke in die Skrif word die terme afwisselend gebruik, maar daar kan 'n subtiele verskil wees. Andersins, hoe kon die Woord van God deurdring "selfs tot die skeiding van siel en gees" (Heb 4:12)? Wanneer die Bybel praat oor 'n mens se gees, praat dit gewoonlik van 'n innerlike krag, wat 'n persoon in een of ander rigting stuur. Dit word herhaaldelik gesien as 'n dinamiese krag of dryfkrag (bv. Numeri 14:24).

Dit is reeds gesê dat daar net twee dinge is wat bly voortbestaan: die Woord van God (Mark 13:31) en die siele van mense. Dit is omdat die siel 'n onverganklike ding is, soos God se Woord. Daardie gedagte moet beide nugter en vreesaanjaend wees. Elke mens wat jy ontmoet, is 'n ewige siel. Elke mens wat ooit geleef het, het 'n siel gehad en al daardie siele bestaan nog steeds iewers. Die vraag is, waar? Die siele wat God se liefde verwerp het, is veroordeel om vir hul eie sonde te betaal, vir ewig in die hel (Rom 6:23). Die siele wat hul eie sondigheid en God se genadegawe van vergiffenis aanvaar het, sal vir ewig lewe langs stille waters saam met hul Herder en sal niks kortkom nie (Ps 23:2).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die menslike siel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries