Wat is die Christen se siening oor menslike kloning?



Vraag: "Wat is die Christen se siening oor menslike kloning?"

Antwoord:
Aangesien die Bybel nie spesifiek aandag gee aan die onderwerp van kloning nie, is daar baie beginsels wat meer lig op dié konsep kan plaas. Kloning benodig beide DNS en embrioselle. Eerstens word DNS van die menslike selkern verkry. Die materiaal, bestaande uit gekodeerde genetiese inligting, word dan in die kern van ‘n embrionale sel geplaas. Die sel wat die nuwe genetiese inligting ontvang, se eie DNS word verwyder, om sodoende die nuwe DNS te ontvang. As die sel die nuwe DNS aanvaar, word ‘n duplikaat-embrio gevorm. Tog kan die embriosel die nuwe DNS verwerp en dit kan doodgaan. Dit is ook moontlik dat die embrio nie kan oorleef, as gevolg van die oorspronklike genetiese materiaal, wat van sy kern verwyder is nie. In baie gevalle van kloning word verskeie embrios gebruik, met die doel om die ongelykheid van ‘n suksesvolle inplanting van nuwe genetiese materiaal te vermeerder. Aangesien dit moontlik is om ‘n duplikaat-wese op hierdie manier te skep (bv. Dolly die skaap) is die kanse om ‘n suksesvolle duplisering van ‘n wese, sonder variasies en sonder komplikasies te skep, uiters skraal.

Die Christelike siening, rakende die proses van menslike kloning, kan in die lig van verskeie Skriftuurlike beginsels bekyk word. Eerstens word menslike wesens na die beeld van God geskep en is dus uniek. Genesis 1:26-27 stel dit so dat die mens na God se beeld geskape is en uniek tussen al die ander skepsels is. Dit is duidelik dat die mens se lewe iets waardevols is en nie hanteer moet word soos iets wat gekoop en verkoop moet word nie. Sommige het menslike kloning bekendgestel met die doel om organe te skep en wat dan dien as vervanging van organe vir mense wat in nood is vir oorplantings en nie ‘n toepaslike skenker kan vind nie. Die gedagte is om dan iemand se eie DNS te gebruik en ‘n orgaan te dupliseer, wat weer die kanse van verwerping grootliks sal verminder. Dit mag waar wees, maar die probleem is dat so iemand se menslike lewe goedkoop gemaak word. Die proses van menslike kloning vereis dat menslike embrios gebruik moet word. Aangesien selle gegenereer moet word om nuwe organe te maak, is dit nodig om verskeie embrios dood te maak om die nodige DNS te verkry. Die hoofsaak is dat die kloning baie menslike embrios as “afvalmateriaal” moet weggooi en sodoende die kanse vir daardie embrios om tot volwassenheid te groei, kanselleer.

Baie mense glo dat lewe nie by bevrugting begin, waar die embrio gevorm word nie en dus is embrios nie werklik menslike wesens nie. Die Bybel stem nie saam nie. Psalm 139:13-16 leer ons, “U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in U boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.” Die skrywer, Dawid, verklaar dat hy persoonlik deur God geken was, nog voor sy geboorte. Dit beteken dat hy reeds by bevrugting ‘n menslike wese was, met ‘n toekoms deur God beplan.

Verder praat Jes 49:1-5 hoe God vir Jesaja as profeet geroep het, terwyl hy nog ongebore was. Ook was Johannes die Doper vervul met die Heilige Gees, toe hy nog ongebore was (Lukas 1:15). Volgens al hierdie Bybelse gebeure is dit duidelik dat lewe reeds by bevrugting begin. In die lig hiervan sou menslike kloning, as gevolg van die vernietiging van menslike embrios, nie kan opweeg teen die Bybelse siening van die menslike lewe nie.

Daarmee saam, sou die mens geskape wees, dan moet daar ‘n Skepper wees en die mensdom is dus ondergeskik aan en verantwoordelik teenoor daardie Skepper. Volgens populêre denke – sekulêre sielkunde en humanistiese gedagtes – is die mens teenoor niemand verantwoordelik, behalwe teenoor homself nie en die mens is die hoogste outoriteit, terwyl die Bybel anders leer: God het die mens geskep en hom verantwoordelikheid teenoor die aarde gegee (Gen 1:28-29, 9:1-2). Saam met hierdie verantwoordelikheid kom aanspreeklikheid tot God. Die mens is nie die hoogste outoriteit oor homself nie en is dus derhalwe nie in die posisie om besluite oor die waarde van die mens se lewe te neem nie. Die wetenskap is ook nie die outoriteit oor die etiek van menslike kloning, aborsie of genadedood nie. Volgens die Bybel is God die enigste wat soewereiniteit kan uitoefen oor die beheer van menslike lewe. Om te probeer om sulke dinge te beheer, is om jouself in God se posisie te plaas. Dit is duidelik dat dit nie die mens se taak is nie.

As die mens as bloot ‘n ander skepsel beskou word en nie as die unieke skepsel wat hy is nie, kan menslike wesens gesien word as meganismes, wat herstel en onderhoud benodig. Ons is egter nie ‘n versameling van molekules en chemikalieë nie, want volgens die Bybel het God elkeen van ons geskep en het ‘n spesifieke plan vir ons elkeen. Verder soek Hy ‘n persoonlike verhouding met elkeen deur Sy Seun, Jesus Christus. Terwyl daar aspekte van menslike kloning is wat voordelig kan wees, het die mens geen beheer oor hierdie tegnologie en waarheen kloning op pad is nie. Dit is dwaas om aan te neem dat slegs goeie bedoelings die pad van kloning sal aanwys. Die mens is nie in die posisie om verantwoordelikheid uit te oefen of te oordeel oor wat nodig sou wees, om die kloning van die mensdom te beheer nie.

‘n Vraag wat dikwels gevra word, is of die gekloonde mens, indien dit slaag, ‘n siel sou hê. Gen 2:7, “Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ‘n lewende wese geword het.” Hier word beskrywe dat God ‘n lewende menslike siel geskep het. Die siel is wat ons is, nie wat ons het nie (1 Kor 15:45). Die vraag ontstaan nou, watter soort lewende siel sou deur menslike kloning gemaak word? Hierdie vraag kan nie beantwoord word nie. Dit wil voorkom, dat al sou ‘n mens suksesvol gekloon word, die kloon presies dieselfde as ‘n mens behoort te wees, insluitend ‘n siel wat vir ewig kan leef, soos enige ander menslike wese.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die Christen se siening oor menslike kloning?