settings icon
share icon
Vraag

Wie was Melgisedek?

Antwoord


Melgisedek se naam beteken “koning van regverdigheid” en hy was koning van Salem (Jerusalem) en priester van God die Allerhoogste (Gen 14:18-20; Ps 110:4; Heb 5:5-11; 6:20-7:28). Melgisedek se skielike verskyning en verdwyning in die boek Genesis is ietwat geheimsinnig. Melgisedek en Abraham het vir die eerste maal ontmoet na Abraham se nederlaag, onder leiding van Kedorlaomer en sy drie bondgenote. Melgisedek het brood en wyn vir Abraham en sy moeë manne aangebied en sodoende vriendskap bewys. Hy het ‘n seën op Abraham uitgespreek in die naam van El Elyon (God die Allerhoogste) en God geprys vir die gevegsoorwinning wat Hy vir Abraham gegee het (Gen 14:18-20).

Abraham het Melgisedek ‘n tiende van alles wat hy gehad het, aangebied. Deur hierdie optrede het Abraham aangedui dat hy Melgisedek as priester erken, wat ‘n hoër geestelike rang as hy gehad het.

Ps 110 is ‘n Messiaanse Psalm wat Dawid geskryf het (Matt 22:43) en Melgisedek word hierin as ‘n voorbeeld van Christus uitgebeeld. Hierdie uitbeelding word in die Hebreër-boek herhaal, waar Melgisedek en Christus as Konings van geregtigheid en vrede beskryf word. Deur Melgisedek en sy unieke priesterskap as ‘n uitbeelding van Christus aan te haal, sê die skrywer daarmee dat Christus se nuwe priesterskap verhewe is bo die ou levitiese orde en die priesterskap van Aäron (Heb 7:1-10).

Sommige beweer dat Melgisedek eintlik ‘n pre-inkarnasie-verskyning van Jesus Christus of ‘n “Christophany” is. Dit is ‘n moontlike teorie, gegewe dat Abraham so ‘n besoek vantevore gehad het. In Gen 17 het Abraham die Here (El Shaddai), in die voorkoms van ‘n mens gesien en met Hom gepraat.

Heb 6:20 sê, “Hy (Jesus) is vir ewig Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek.” Hierdie term “orde” sou oorspronklik ‘n opvolg van priesters aandui. Geeneen is ooit genoem nie, alhoewel daar in die lang tydsverloop van Melgisedek tot by Christus, ‘n onreëlmatigheid opgeklaar kan word, deur aan te neem dat Melgisedek en Christus werklik dieselfde persoon is.

Heb 7:3 sê van Melgisedek: “Niks is bekend omtrent sy vader en moeder of sy afstamming of die begin en einde van sy lewe nie. Hy is soos die Seun van God en hy bly priester vir altyd.” Die vraag is of die skrywer van Hebreërs dit letterlik of figuurlik bedoel.

Indien bogenoemde beskrywing letterlik is, is dit inderdaad moeilik om te sien dat dit behoorlik aan enigiemand toegedig kan word, as die Here Jesus Christus self. Geen gewone aardse koning “bly priester vir altyd” en geen gewone mens is sonder vader of moeder nie. Indien Gen 14 ‘n “theophany” beskryf, dan het God, die Seun gekom om Abraham te seën (Gen 14:17-19), verskyn as die Koning van Regverdigheid (Open 19:11,16), die Koning van Vrede (Jes 9:6) en die Middelaar tussen God en die mens (1 Tim 2:5).

Indien die beskrywing van Melgisedek figuurlik is, dan is die inligting oor geen afstamming, geen begin of einde en onophoudelike bediening eenvoudig bewerings, wat die misterieuse natuur van die persoon wat Abraham ontmoet het, beklemtoon. In hierdie geval is die stilte wat die Genesis-verklaring aangaande hierdie inligting handhaaf, doelgerig en dien nog beter om Melgisedek met Christus te verbind.

Is Melgisedek en Jesus dieselfde persoon? ‘n Saak daarvoor kan na beide kante uitgemaak word. Ten minste is Melgisedek ‘n voorbeeld van Christus en vooraf-uitbeelding van die Here se bediening. Dit is egter ook moontlik dat Abraham, na sy uitmergelende geveg die Here Jesus Self ontmoet en Hom geëer het. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wie was Melgisedek?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries