settings icon
share icon
Vraag

Is dit moontlik dat meer van die engele kan sondig?

Antwoord


1 Tim 5:21 sê, "Ek beveel jou voor God en voor Christus Jesus en die uitverkore engele om jou aan hierdie voorskrifte te hou sonder vooroordeel of partydigheid." Maak nie saak wat jou uitkyk oor uitverkiesing is nie, die Bybel is duidelik dat God iewers betrokke was in verband met die redding van mense – of in dié geval, watter engele nie gesondig het nie.

God se soewereine keuses word regdeur die Bybel gesien: Hy het Abraham gekies om vader vir baie volke te wees (Gen 17:4-5); Hy het Israel gekies om Sy spesiale mense te wees (Gen 17:7); Hy het vir Maria gekies as moeder van Jesus (Luk 1:35-37). Hy het die twaalf dissipels gekies om saam met die Here Jesus te gaan vir drie jaar en by Hom te leer (Mark 3:13_19); en Hy het vir Paulus gekies om die evangelie aan baie mense te bring, beide persoonlik en deur sy geskrifte (Hand 9:1-19). Op dieselfde manier het Hy mense gekies "uit elke stam en taal en volk en nasie" (Openbaring 5:9) om tot geloof in Christus te kom. Hulle wat Hy verkies het, sal na Hom toe kom en Hy sal hulle nooit verwerp nie.

Dit wil voorkom asof God ook 'n keuse gemaak het rakende die engele. God se heilige engele is "uitverkies" – en dit beteken dat God hulle gekies het. Miskien het God alle engele 'n eenmalige keuse gegee om Hom te gehoorsaam of nie. In elk geval, hulle wat gesondig het en vir Lucifer gevolg het, is verlore en vervloek. Hulle wat gekies het om getrou te bly aan God, het sekerheid in daardie besluit. Die Bybel gee ons geen rede om te glo dat dit moontlik is vir meer engele om te sondig nie, net so min as wat dit ons rede gee om te glo dat die uitverkorenes sal val en vir ewig verlore wees.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit moontlik dat meer van die engele kan sondig?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries