settings icon
share icon
Vraag

Beloof God om ons nie meer beproewings toe te laat as wat ons kan hanteer nie?

Antwoord


1 Kor 10:13 sê, “Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.” Hierdie Skrif leer ons ‘n baie wonderlike beginsel. Indien ons aan Hom behoort, sal God nie toelaat dat enige moeilikheid in ons lewens kom, wat ons nie by magte is om te hanteer nie. Met elke versoeking en elke toets wat op jou pad kom, sal God getrou bly aan ons; Hy sal ‘n weg voorsien om die toets te deurstaan. Ons hoef nie toe te gee aan sonde nie. Ons kan God gehoorsaam in elke omstandigheid.

Dus het ons goddelike bemoediging in ons Christelike lewe. Die gebed, “Verlos ons van die Bose” (Matt 6:13) sal verhoor word. Tog beteken hierdie beloftes nie dat ons nooit probleme sal kry nie; Jesus het gesê, “Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê” (Joh 16:33a). Die sleutel word egter gevind in Jesus se volgende woorde, “maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin” (Joh 16:33b).

Paulus en sy vriende was ten seerste versoek, toe hulle die evangelie in nuwe areas ingedra het. Dit is sy getuienis: “Die swaar wat ons moes verduur, het ver bo ons kragte gegaan, sodat ons selfs die hoop om te bly lewe, laat vaar het. Trouens, dit het vir ons gevoel asof die doodvonnis klaar oor ons uitgespreek is” (2 Kor 1:8-9). Dit klink of Paulus ver bo sy kragte moes ly. Hierdie feit lei ons na ‘n ander waarheid: ons krag om toetsing en versoeking te weerstaan, kom nie van onsself af nie; dit kom van God af. Dit is presies wat Paulus volgende sê, “Maar dit het gebeur sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dooies opwek tot die lewe” (2 Kor 1:9). Paulus gaan voort in vers 10 om die Here te loof vir sy verlossing en plaas klem op die werksaamheid van die gebede van die kerk (vers 11).

Enigiets wat op ons pad kom, enigiets wat ons versoek, enige tragedie wat ons beleef, kan ons oorkom in God se krag. In alles kan ons geestelike oorwinning behaal deur Christus. Lewe is nie maklik nie. Die feit is dat ons dikwels ‘n “wyse om te ontsnap” nodig het. Die lewe is moeilik, maar ons kan dit in die gesig staar, met vertroue in God se beloftes van genade.

Ons is “meer as oorwinnaars” in Christus (Rom 8:37). “want enigeen wat ‘n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof” (1 Joh 5:4). Om die beproewings en versoekings van die wêreld te “oorkom”, is om oor hulle te seëvier, soos Dawid, in God se krag oor Goliat geseëvier het. Bose planne en onaangename omstandighede sal nie die oorhand kry nie. “Hulle het my van jongs af swaar verdruk, maar hulle kon my nie onderkry nie” (Ps 129:2). Ons swaarkry het ‘n doel, ons het die wapenrusting van God en die voorreg om te bid en God sal toesien dat ons beproewings nie oor ons geloof die oorhand kry nie. Ons posisie as God se kinders is veilig en seker; ons sal ongeskonde daardeur kom. “Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of bose magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping, kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here” (Rom 8:38-39).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Beloof God om ons nie meer beproewings toe te laat as wat ons kan hanteer nie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries