settings icon
share icon
Vraag

Wat is die verskil tussen medelye en genade?

Antwoord


Medelye en genade word dikwels verwar. Aangesien die terme dieselfde betekenisse het, is genade en medelye nie dieselfde nie. Om die verskil saam te vat: medelye is soos God wat ons nie straf vir ons sondes nie (straf wat ons verdien) en genade is God se seën op ons, ongeag die feit dat ons dit nie verdien nie. Medelye is om vrygemaak te wees van veroordeling. Genade is om barmhartigheid uit te deel na die onverdiende.

Na aanleiding van die Bybel het ons almal gesondig (Prediker 7:20; Rom 3:23; 1 Joh 1:8). As 'n gevolg van daardie sonde, verdien ons almal om te sterf (Rom 6:23) en die ewige straf in die helse vuur (Openbaring 20:12-15) te verduur. Met dit in gedagte, is elke dag wat ons lewe 'n bewys van God se medelye. Indien God vir ons almal gegee het wat ons verdien, sou ons almal vir ewig veroordeel gewees het. In Ps 51:1-2 roep Dawid uit, "Wees my genadig, o God, in U troue liefde, wis my oortredinge uit in U groot barmhartigheid! Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde!" 'n Pleidooi tot God vir medelye is om te vra dat die straf wat ons verdien, weerhou word en in plek daarvan vra ons vergifnis, wat ons op geen manier verdien nie.

Ons verdien niks van God nie. God skuld ons niks nie. Enigiets goeds wat ons beleef is 'n resultaat van die genade van God (Ef 2:5). Genade is eenvoudig onverdiende guns. God gee vir ons goeie dinge wat ons nie verdien nie en nooit sal kán verdien nie.. Ons is gered van straf deur God se medelye – genade is enigiets en alles wat ons ontvang bo en behalwe daardie barmhartigheid (Rom 3:24). Algemene genade verwys na die soewereine genade wat God op die mensdom uitstort, ongeag hul geestelike welstand voor Hom, terwyl reddende genade is daardie spesiale genade, waardeur God in Sy soewereiniteit onverdiende goddelike bystand uitstort op Sy uitverkorenes vir hul nuutwording en heiligmaking.

Barmhartigheid en genade word die beste geïllustreer in die verlossing wat beskibaar is deur Jesus Christus. Ons verdien die straf, maar as ons Jesus Christus as Verlosser aanneem, ontvang ons medelye van God en word ons vrygemaak van straf. In plaas van veroordeling, ontvang ons verlossing deur genade, vergifnis van sondes, oorvloedige lewe (Joh 10:10), en 'n ewige lewe in die hemel, die wonderlikste plek wat jy jou kan voorstel (Openbaring 21:22). As gevolg van die ontferming en genade van God, moet ons antwoord wees om in aanbidding op ons knieë te val en dankie te sê. Heb 4:16 verklaar, "Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word".

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die verskil tussen medelye en genade?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries