settings icon
share icon
Vraag

Is Jesaja 53 'n profesie aangaande Jesus?

Antwoord


Moontlik die grootste van alle Messiaanse profesieë in die Tanakh (die Hebreeuse Bybel/ die Ou Testament) aangaande die koms van die Joodse Messias, word in Jes 53 gevind. Hierdie gedeelte van die Profete, bekend as die "Lydende Dienskneg" is lank gelede deur die historiese rabbi's van Judaïsme verstaan as die Verlosser wat eendag na Sion sou kom. Hier is 'n voorbeeld van wat Judaïsme tradisioneel geglo het oor die identiteit van die "Lydende Dienskneg" van Jes 53.

Die Babiloniese Talmoed sê, "Die Messias, wat is Sy naam? Die Rabbi, die Melaatse Geleerde, soos daar gesê is, 'surely he has borne our griefs and carried our sorrows: yet we did esteem him aleper, smitten of God and afflicted…'" (Sanhedrin 98b).

Midrash Ruth Rabbah sê, "n Ander verduideliking (van Rut 2:14): Hy praat van koning Messias; 'Come hither,' draw near to the throne; 'and eat of the bread,' dit is die brood van die koninkryk; 'and dip thy morsel in the vinegar,' dit verwys na sy kastyding, soos dit gesê word, 'Oor óns oortredings is Hy deurboor, oor óns sondes is Hy verbrysel.'"

Die Targum Janathan sê, "Behold my servant Messiah shall prosper; he shall be high and increase and be exceedingly strong."

Die Zohar sê, "'He was wounded for our transgressions,' etc….There is in the Garden of Eden a palace called the Palace of the Sons of Sickness; this palace the Messiah enters and summons every sickness, every pain and every chastisement of Israel; they all come and rest upon him. And were it not that he had thus lightened them off Israel and taken them upon himself, there had been no man able to bear Israel's chastisements for the transgression of the law: and this is that which is written, 'Surely our sicknesses he hath carried.'"

Die groot (Rambam) Rabbi Moses Maimonides sê, "What is the manner of Messiah's advent….there shall rise up one of whom none have known before and signs and wonders which they shall see performed by him will be the proofs of his true origin; for the Almighty, where he declares to us his mind upon this matter, says, 'Behold a man whose name is the Branch and he shall branch forth out of his place' (Zechariah 6:12). And Isaiah speaks similarly of the time when he shall appear, without father or mother or family being known, He came up as a sucker before him and as a root out of dry earth, etc….in the words of Isaiah, when describing the manner in which kings will harken to him, at him kings will shut their mouth; for that which had not been told them have they seen and that which they had not heard they have perceived."

Ongelukkig glo moderne rabbi's van Judaïsme dat die "Lydende Dienskneg" van Jes 53 moontlik na Israel verwys of na Jesaja of selfs Moses of een van die ander Joodse profete. Jesaja is egter duidelik – hy praat van die Messias, soos baie antieke rabbi's afgelei het.

Jes 53:2 bevestig hierdie duidelikheid. Die dienaar groei op "soos 'n loot wat voor die Here uitspruit, soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond." Die loot is sonder twyfel 'n verwysing na die Messias en dit is 'n algemene Messiaanse verwysing in Jesaja en ander plekke. Die Dawids-vorstehuis moet soos 'n afgekapte boom strafregtelik neergevel word, maar dit is aan Israel beloof dat 'n nuwe loot vanuit die stam sou uitspruit. Koning Messias was daardie loot.

Die "Lydende Dienaar" van Jes 53 is ongetwyfeld daardie Messias. Hy is die Een wat hoogverhewe is, voor Hom hou konings hul monde toe. Messias is die loot wat vanuit die Dawids-vorstehuis opgespring het. Hy het die Koning van Konings geword. Hy het die hoogste versoening voorsien.

Jes 53 moet verstaan word as 'n verwysing na die komende Dawids-Koning, die Messias. Koning Messias moes volgens die profete ly en sterwe om vir ons sonde te betaal en weer opstaan. Hy sou dien as priester vir die volke van die wêreld en die versoeningsbloed aanwend om diegene wat glo, te reinig. Daar is slegs Een alleen na wie dit kan verwys – Jesus Christus!

Diegene wat Hom bely is Sy kinders, Sy beloofde nageslag en die oorwinnaars in Hom. Volgens die getuienis van die Joodse apostels, het Jesus vir ons sondes gesterf, weer opgestaan, opgevaar na die regterhand van God toe en nou dien Hy as ons groot Hoëpriester, wat ons van sonde rein was (Heb 2:17; 8:1). Jesus, die Joodse Messias is die Een wat Jesaja voorspel het.

Rabbi Moshe Kohen Ibn Crispin het gesê, "Hierdie rabbi in Jes 53 is as 'n verwysing na Israel beskryf. Ek is gelukkig om dit te interpreteer na aanleiding van die leerstellings van ons rabbi's, as die Koning Messias."Hierdie profesie is deur Jesaja gelewer deur 'n goddelike opdrag met die doel om aan ons iets bekend te maak aangaande die natuur en lewe van die toekomstige Messias. Hy sal kom om Israel te verlos. En indien enigiemand mag verkondig dat hy die Messias is, kan ons terugkyk na Jess 53 en die ooreenkomste nagaan, wat hierin beskryf word. Indien daar enige sulke ooreenkomste is, dan kan ons glo dat Hy die Messias is, ons Regverdige; maar as daar nie is nie, kan ons dit nie aanvaar nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is Jesaja 53 'n profesie aangaande Jesus?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries