settings icon
share icon
Vraag

Wat is die ligging van die Tuin van Eden?

Antwoord


Die enigste ding wat die Bybel ons vertel betreffende die Tuin van Eden se ligging, word gevind in Gen 2:10-14, “Daar het ‘n rivier in Eden ontspring om die tuin nat te maak en van daar af het dit verdeel en vier riviere geword. Die eerste rivier is die Pison en dit loop rondom die hele Gawila, waar daar goud is. Die goud van daardie land is suiwer. Daar is ook balsem en oniks. Die tweede rivier is die Gihon en dit loop rondom die hele kus. Die derde is die Tigris wat oos van Assirië verbyloop en die vierde is die Eufraat.” Die presiese identiteite van die Pison en Gihon is onbekend, maar die Tigris en Eufraat is welbekend.

Indien die Tigris en Eufraat dieselfde riviere by name vandag nog is, behoort die Tuin van Eden êrens in die streek van die Midde Ooste geleë te wees, waarskynlik in Irak. Dit kan nie groter toevalligheid wees, dat die Midde Ooste die streek is waar die planeet die weligste was nie – die plek waar die Tuin van Eden was. As olie, soos die meeste wetenskaplikes glo, hoofsaaklik plantegroei en dierematerie ontbind, dan is dit die area waar ons kan verwag om die die meeste olie te vind. Aangesien die Tuin die toppunt van perfeksie was, is dit duidelik dat die ontbinding van die aarde se mees perfekte en weligste organiese materiale die aarde se beste olie sou opberg en produseer.

Mense het vir eeue lank gesoek na die Tuin van Eden, sonder sukses. Daar is verskeie liggings wat mense beweer het as die oorspronklike Tuin van Eden, maar ons kan nie seker daarvan wees nie. Wat het met die Tuin gebeur? Die Bybel is nie spesifiek daaroor nie. Dit is waarskynlik so dat dit heeltemal met die Vloed verwoes is of dat dit begrawe lê en die olie ontbinding voortbring, onder eeu-oue sandhope.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die ligging van die Tuin van Eden?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries