settings icon
share icon
Vraag

Hoe is die kerk die Liggaam van Christus?

Antwoord


Die frase “die Liggaam van Christus” is ‘n algemene Nuwe Testamentiese metafoor vir die Kerk (almal wat werklik gered is). Die kerk word genoem “in Christus een liggaam” in Romeine 12:5, “een liggaam” in 1 Kor 10:17, “liggaam van Christus” in 1 Kor 12:27 en Ef 4:12. Die kerk is duidelik gelykstaande aan “die liggaam” van Christus in Ef 5:23 3n Kol 1:24.

Toe Christus ons wêreld ingekom het, het Hy ‘n fisiese liggaam aangeneem wat vir Hom “voorberei” was (Hebr 10:5; Fil 2:7). Deur Sy fisiese liggaam, het Jesus die liefde van God duidelik, tasbaar en dapper gedemonstreer – veral deur Sy offerande van sterwe aan die kruis (Rom 5:8). Na Sy liggaamlike opvaarding na die hemel, gaan Christus voort met Sy werk in die wêreld deur middel van hulle wat Hy verlos het – die Kerk demonstreer nou die liefde van God duidelik, tasbaar en dapper. Op hierdie wyse funksioneer die Kerk as die “Liggaam van Christus.”

Die Kerk mag die Liggaam van Christus genoem word, as gevolg van onderstaande feite:

Lidmate van die Liggaam van Christus word saam gebind aan Christus as verlostes (Ef 4:15-16).

Lidmate van die Liggaam van Christus is die fisiese voorstelling van Christus in die wêreld. Die Kerk is die organisme waardeur Christus Sy lewe manifesteer aan die hedendaagse wêreld.

Lidmate van die Liggaam van Christus volg Christus as hul Hoof (Ef 1:22-23).

Lidmate van die Liggaam van Christus het inwoning van die Heilige Gees van Christus (Rom 8:9).

Lidmate van die Liggaam van Christus besit ‘n verskeidenheid van gawes, bedoel vir spesifieke funksies (1 Kor 12:4-31). “Net soos die liggaam ‘n eenheid is en baie lede het en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die Liggaam van Christus” (vers 12).

Lidmate van die Liggaam van Christus deel ‘n algemene band met alle ander Christene, ongeag agtergrond, ras of bediening. “sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra” (1 Kor 12:25).

Lidmate van die Liggaam van Christus het sekerheid van hul verlossing (Joh 10:28-30). Vir ‘n Christen om sy verlossing te verloor, sou God ‘n “amputasie” op die Liggaam van Christus moes doen!

Lidmate van die Liggaam van Christus vorm deel van Christus se sterwe en opstanding (Kol 2:12).

Lidmate van die Liggaam van Christus deel God se erfenis (Rom 8:17).

Lidmate van die Liggaam van Christus ontvang die gawe van Christus se regverdigheid (Rom 5:17).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe is die kerk die Liggaam van Christus?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries