settings icon
share icon
Vraag

Hoe kon daar op die eerste Skeppingsdag lig wees, terwyl die son eers op die vierde dag geskep was?

Antwoord


Die vraag hoe daar op die eerste Skeppingsdag lig kon wees, word algemeen gevra. Gen 1:3-5 verklaar: “Toe het God gesê: ‘Laat daar lig wees!’ En daar was lig. God het gesien die lig is goed en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. God het die lig toe “dag” genoem en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.” ‘n Paar verse later word ons ingelig, “Toe het God gesê, ‘Laat daar ligte wees aan die hemelgewelf om dag en nag van mekaar te skei. Hulle moet ook as tekens dien om seisoene, dae en jare aan te dui. Hulle moet ligte wees aan die hemelgewelf om op die aarde lig te gee.’ So het dit gebeur.” (vers 14)

“God het die twee groot ligte gemaak, die grootste om bedags te heers en die kleiner lig om snags te heers en ook die sterre. God het hulle in die hemelgewelf geplaas om op die aarde lig te gee, om oor dag en nag te heers en om lig en donker van mekaar te skei. En God het gesien dit is goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die vierde dag.” (Gen 1:14-19). Hoe kan dit wees? Hoe kon daar lig wees, soggens en saans op die eerste, tweede en derde dae, as die son, maan en sterre eers op die vierde dag geskep is?

Dit is slegs ‘n probleem indien ons faal om in ag te neem dat God oneindig en almagtig is. God het nie die son, maan en sterre nodig om lig te voorsien nie. God is Lig! 1 Joh 1:5 verklaar, “Dit is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig en daar is geen duisternis in Hom nie.” God Self was die lig vir die eerste drie dae van die Skepping, netsoos Hy in die nuwe hemel en nuwe aarde sal wees, “Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van ‘n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig en hulle sal tot in alle ewigheid regeer” (Openbaring 22:5). Totdat Hy die son, maan en sterre geskep het, het God wonderbaarlik lig gedurende die “dag” voorsien en en het dit net sowel gedurende die “nag” ook gedoen (Gen 1:14).

Jesus het gesê, “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee” (Joh 8:12). Baie interessanter as die lig van die dag en nag is die Lig wat ewige lewe voorsien aan almal wat in Hom glo. Hulle wat nie in Hom glo nie, “sal in die diepste duisternis daar buite gegooi word, waar hulle sal huil en op hulle tande sal kners” (Matt 8:12).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kon daar op die eerste Skeppingsdag lig wees, terwyl die son eers op die vierde dag geskep was?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries