settings icon
share icon
Vraag

Wat is die liefde van Christus?

Antwoord


Die frase "liefde van Christus," as teenoorgestelde van "liefde vir Christus," verwys na die liefde wat Hy teenoor die mensdom openbaar. Sy liefde kan kortliks verklaar word as Sy gewilligheid om in ons beste belange op te tree, veral deur ons grootste behoefte te vervul, alhoewel dit Hom alles gekos het en alhoewel ons heeltemal onwaardig was om soveel liefde te ontvang.

Alhoewel Christus Jesus, wat God van nature was, van die begin van tyd af saam met God die Vader (Joh 1:1) en die Heilige Gees bestaan het, gewilliglik Sy troon verlaat het (Joh 1:1-14) om mens te word, sodat Hy die straf vir ons sondes betaal het, sodat ons nie vir ewig daarvoor in die helse vuur hoef te ly nie (Openbaring 20:11-15). Aangesien die mensdom se sondes betaal is deur ons sondelose Verlosser Jesus Christus, kan God wat regverdig en heilig is, nou ons sondes vergewe, indien ons Christus Jesus se betaling van ons sondestraf as ons eie aanneem (Rom 3:21-26). Dus is Christus se liefde bewys deur Sy blyplek in die hemel, waar Hy aanbid en geëer is soos dit Hom toekom, te verlaat en na die aarde te kom as 'n mens, waar Hy geslaan, verraai, bespot en aan 'n kruis gehang is om die straf vir ons sonde te betaal en weer op die derde dag uit die dood opgewek is. Hy het ons behoefte aan 'n Verlosser van ons sonde en die straf daarvoor belangriker beskou as Sy eie gemak en lewe in die hemel (Fil 2:3-8).

Somtyds gee mense gewilliglik hul lewens vir andere wat hul waardig ag – 'n vriend, 'n familielid of ander "goeie" mense – maar Christus se liefde gaan veel verder. Christus se liefde strek só ver as diegene wat die onwaardigste is. Hy was gewillig om die straf van diegene wat Hom gemartel het, gehaat het, teen Hom gerebelleer het en niks vir Hom omgegee het nie, te dra – hulle wat die minste Sy liefde verdien het (Rom 5:6-8). Hy het aan hulle wat dit die minste verdien het, die meeste wat Hy kon, gegee! Offerande is die essensie van goddelike liefde, genoem "agape" liefde. Dit is soos God liefhet, nie menslike liefde nie (Matt 5:43-48).

Hierdie liefde wat Hy aan die kruis aan ons bewys het, is net die begin. Indien ons ons geloof in Hom as ons Verlosser plaas, maak Hy ons God se kinders, mede-erfgename saam met Hom! Hy kom woon in ons deur Sy Heilige Gees en belowe dat Hy ons nooit sal verlaat of in die steek sal laat nie (Heb 13:5-6). Dus het ons 'n liefdevolle Vriend lewenslank. Ongeag waardeur ons gaan, Hy is daar en Sy liefde is altyd vir ons beskikbaar (Rom 8:35). Aangesien Hy regmatig as welwillende Koning in die hemel regeer, moet ons Hom ook die posisie wat Hy verdien in ons lewens gee — dit van Meester en nie net 'n Vriend nie. Slegs dan sal ons die lewe ervaar soos wat Hy dit bedoel het en in die volheid van Sy liefde leef (Joh 10:10).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die liefde van Christus?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries