settings icon
share icon
Vraag

Moet ons die sondaar liefhê, maar die sonde haat?

Antwoord


Baie Christene gebruik die uitdrukking “Wees lief vir die sondaar, haat die sonde.” Ons moet egter besef dat dit ‘n vermaning is vir ons as onvolmaakte menslike wesens. Die verskil tussen ons en God in verband met liefde en haat is enorm. Selfs as Christene bly ons onvolmaak in ons menslikheid en kan nie volmaak liefhê of volmaak haat nie (met ander woorde, sonder opset). God kan egter beide van dié twee volmaak doen, omdat Hy God is. God kan haat sonder enige sondige bedoeling. Dus kan Hy die sonde en die sondaar op ‘n volmaakte heilige manier haat en nog steeds gewillig wees om liefdevol te vergeef die óómblik as die sondaar berou het en glo (Mal 1:3; Open 2:6; 2 Pet 3:9).

Die Bybel leer ons baie duidelik dat God liefde is. 1 Joh 4:8-9 sê, “Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: Sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur, sodat ons deur Hom die lewe kan hê.” Die feit dat God volmaak kan liefhê en haat terselfdertyd is misterieus, maar waar. Dit beteken Hy kan so ‘n persoon liefhê, omdat Hy hom/haar geskep en verlos het en ook haat vir sy ongeloof en sondige leefstyl. Ons as onvolmaakte menslike wesens kan dit nie doen nie; dus moet ons onsself daaraan herinner: “Wees lief vir die sondaar, haat die sonde.”

Hoe werk dit presies? Ons haat sonde deur te weier om daaraan deel te neem en deur dit te veroordeel, wanneer ons dit sien. Sonde moet gehaat word, nie verskoon word of ligtelik opgeneem word nie. Ons het sondaars lief, deur in geloof teenoor hulle te getuig van die vergifnis wat beskikbaar is deur Jesus Christus. ‘n Opregte vorm om liefde te betoon, is deur iemand met respek en deernis te behandel, alhoewel hy/sy daarvan bewus is dat jy nie sy/haar leefstyl en/of keuses goedkeur nie. Dit is nie liefde om ‘n persoon toe te laat om in sonde te bly lewe nie. Dit is nie haat om vir iemand te vertel dat hy/sy in sonde verval is nie. Die direkte teenoorgestelde is eerder waar. Ons is vir die sondaar lief, deur oor die waarheid in liefde te praat. Ons haat die sonde deur te weier om te vergewe, te ignoreer of dit te verskoon.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Moet ons die sondaar liefhê, maar die sonde haat?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries