settings icon
share icon
Vraag

Wat is die lewensasem?

Antwoord


Die klimaks van God se skeppingswerk was Sy buitengewone skepping van die mens. "Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het" (Gen 2:7). Die hoogste Skepper van hemel en aarde het twee dinge gedoen deur die mens te skep: Hy het hom gevorm vanuit die eenvoudige aardse stof en het Sy eie asem in Adam se neus ingeblaas. Dit het die mens onderskei van al God se ander skepsels.

Hierdie een gedeelte bevat drie belangrike feite aangaande die mens se skepping. Eerstens is dit dat God en slegs God alleen die mens geskep het. Die mens het nie uit ander skepsels ontwikkel nie. Onpersoonlike kragte het nie die mens gevorm nie. Al die selle, DNS, atome, molekules, waterstof, protone, neutrone of elektrone het nie die mens geskep nie. Hierdie is maar net die stowwe wat 'n mens se fisiese liggaam saamstel. Die Here God het die mens gevorm. Die Here God het die stowwe geskep en dit gebruik om die mens te skep.

Die woord "formed" is 'n vertaling van die Hebreeuse "yatsar" en dit beteken "to mold, shape or form." Dit roep die beeld op van 'n pottebakker wat die intelligensie en die krag het om sy skepping te vorm. God is die Meesterpottebakker wat die beeld van die mens in Sy verstand gehad het en die krag en intelligensie besit om daardie beeld tot lewe te bring. God het beide die alwetenheid en die almagtigheid om presies te doen wat Hy wou.

Tweedens het God Sy eie lewensasem in die mens ingeblaas. Die mens is meer as net stof of fisiese stowwe. Die mens het 'n gees. Ons kan dit so bekyk: Adam se liggaam was net deur God gevorm deur middel van aardse stof – 'n lewelose liggaam wat op die grond lê. Toe het God oorgeleun en Sy eie asem in die mens se neusgate ingeblaas; God is die Bron van lewe en Hy het direk lewe in die mens geplaas. Hierdie lewegewende asem sien ons in Joh 20:22, toe Jesus nuwe lewe aan Sy dissipels oorgegee het.

Derdens vertel Gen 2:7 ons dat die mens 'n lewende gees geword het (KJV). Die woord "soul" in Hebreeus is "nephesh" en beteken "an animated, breathing, conscious and living being". Die mens het nie 'n lewende gees geword, voordat God lewe in hom geblaas het nie. Die mens is 'n fisiese, lewende, rasionele en geestelike wese en is uniek onder alle lewende dinge op aarde.

Wat is die asem van God dus? Dit is die lewe en krag van God wat Hy aan die mens gegee het om hom te laat lewe. Die Hebreeuse woord vir "spirit" is "ruach" en beteken "wind, breath, air, spirit". Die lewe van God lewe voort en voort; die geestelike deel van die mens is ontwerp om vir ewig te lewe. Die enigste vraag is, waar ons gaan lewe?

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die lewensasem?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries