settings icon
share icon
Vraag

Lewe ons tans in die eindtyd?

Antwoord


Die Bybelprofesieë praat van baie gebeure wat in die eindtyd sal plaasvind. Hierdie gebeure kan gekategoriseer word as natuurlike tekens, geestelike tekens, sosiologiese tekens, tegnologiese tekens en politieke tekens. Ons kan kyk na wat die Bybel oor hierdie dinge sê en indien die tekens volop teenwoordig is, kan ons seker wees, sonder twyfel, dat ons in die eindtyd lewe.

Luk 21:11 gee ‘n lys van die natuurlike tekens wat sal plaasvind voor Jesus se Wederkoms: “Daar sal groot aardbewings wees; hongersnode en epidemies sal op baie plekke voorkom. Daar sal skrikwekkende dinge wees en groot tekens van die hemel af.” Alhoewel ons nie elke natuurlike ramp as ‘n teken van die eindtyd moet sien nie, is daar ‘n vermeerdering in natuurlike rampe aan die opwarm, vir wat volgende gaan kom – “geboortepyne,” soos Jesus dit in Matt 24:8 noem.

Die Bybel gee ‘n lys van positiewe en negatiewe geestelike tekens. In 2 Tim 4:3-4 ontdek ons dat baie mense valse leraars sal navolg. Ons sien nou ‘n vermeerdering in kultiese groepe, dwaalleer, misleiding en okkultisme, met baie wat die New Age of heidense godsdienste kies. Op die positiewe kant profeteer Joël dat daar ‘n groot uitstorting van die Heilige Gees sal wees. Joël se profesie was vervul op Pinksterdag (Hand 2:16), en ons sien steeds die effek van daardie uistorting in herlewings en geesgeleide Christelike bewegings en in die wêreldwye verkondiging van die evangelie-boodskap. Saam met die tekens in die natuurlike en geestelike ryk, is daar tekens in die samelewing. Die immoraliteit wat in die samelewing dreig, is ‘n simptoom van die mensdom se rebellie teenoor God. Aborsie, homoseksualiteit, dwelmverslawing en kindermishandeling is bewyse dat “goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger” (2 Tim 3:13). Ons leef nou in ‘n hedonistiese en materialistiese samelewing. Mense is liefhebbers van hulself – “hulself is alleen belangrik” – en doen net wat reg is in hul eie oë. Al hierdie dinge en nog meer kan daagliks rondom ons gesien word (sien 2 Tim 3:1-4). Die vervulling van sommige eindtyd-profesieë het onmoontlik gelyk, tot die uitvindsel van moderne tegnologie. Sommige van die oordele in Openbaring word makliker uitgebeeld in ‘n atoomeeu. In Openbaring 13 word gesê dat die Antichris die handelswêreld sal beheer deur mense te forseer om die merk van die dier te neem en gegewe die vooruitgang in die rekenaarskyfie-tegnologie is dit moontlik dat die gereedskap wat hy wil gebruik, net sowel nou al reeds hier is. En deur die internet, radio en televisie, kan die evangelie nou aan die ganse wêreld verkondig word (Mark 13:10).

En daar is politieke tekens. Die herstel van Israel na sy land in 1948 is die enkele indrukwekkendste profesie wat vervul is en ‘n bewys is dat ons in die eindtyd lewe. Met die draai van die 20ste eeu, sou niemand gedroom het dat Israel terug sou wees in sy land nie, om nie eens te praat van die okkupasie van Jerusalem nie. Jerusalem is definitief in die sentrum van die geopolitiek en staan alleen teen baie vyande; Sagaria 12:3 bevestig dit: “Daardie dag gaan ek Jerusalem ‘n rotsblok maak vir al die volke. Elkeen wat hom probeer optel, gaan homself seermaak. Al die nasies op aarde sal saamstaan teen Jerusalem.” Matt 24:6-7 het voorspel dat “Die een nasie sal teen die ander te staan kom en die een koninkryk teen die ander.” Die “rumoer van oorloë en gerugte van oorloë” is definitief kenmerke van hierdie teenswoordige eeu.

Hierdie is slegs ‘n paar van die tekens waarin ons leef in die eindtyd. Daar is baie meer. God het vir ons hierdie profesieë gegee, omdat Hy nie wil hê dat enigeen verlore moet gaan nie en Hy gee altyd ruim waarskuwing voordat Hy Sy oordeel uitstort (2 Pet 3:9).

Lewe ons nou in die eindtyd? Niemand weet wanneer Jesus sal kom nie, maar die wegraping kan enige oomblik gebeur. God sal met die sonde handel óf deur genade óf deur straf. Joh 3:36 sê, “Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.” Hulle wat nie Jesus Christus as hul Verlosser aanneem nie, sal onder die Here se straf bly.

Die goeie nuus is dat dit nie te laat is om die ewige lewe te kies nie. Al wat nodig is, is aanvaarding, deur geloof, van God se genadegeskenk. Daar is niks wat jy kan doen om genade te verdien nie; Jesus het die prys vir jou betaal (Rom 3:24). Is jy gereed vir die Here se Wederkoms? Of sal jy eerder Sy straf verduur?

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Lewe ons tans in die eindtyd?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries