settings icon
share icon
Vraag

Leer die Bybel dat lewe by bevrugting begin?

Antwoord


Die Bybel leer ons dat lewe by bevrugting begin. Elke kultuur se siening van wanneer menslike lewe begin, verander soos die samelewing se waardes, morele standaarde en kennis aangaande die proses van embrionale ontwikkeling. In die Verenigde State, voor die 1973 Hooggeregshof se besluit dat aborsie op aanvraag mag plaasvind, was ontwikkelende embrios beskou as ongebore persone. Nou, selfs ‘n fetus wat op sy eie buite die moeder se baarmoeder kon oorleef, kan volgens die wet geaborteer word, onder sekere mediese omstandighede. Dit demonstreer dat ons nie ‘n ongebore kind beskou as ‘n werklike menslike wese nie.

Volgens die wetenskap begin menslike lewe saam met bevrugting. Vanaf die oomblik dat bevrugting plaasvind, is die kind se genetiese samestelling alreeds voltooi. Die geslag is reeds bepaal, saam met die lengte en hare, oë en velkleur. Die enigste ding wat die embrio nodig het om ten volle te funksioneer as ‘n wese, is die tyd om te groei en te ontwikkel.

Nog belangriker, God openbaar vir ons in Sy Woord dat, lewe nie net by bevrugting begin nie, maar Hy weet wie ons is selfs voordat dit gebeur (Jer 1:5). Koning Dawid het die volgende gesê oor God se rol in ons bevrugting: “U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my moeder. “ “U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.” (Ps 139:13,16).

Die samelewing soek gedurig om die lewens van die ongeborenes te devalueer, om sy eie definisies van menswees te baseer op verdraaide sienings van moraliteit. Maar die onbetwisbare feit is , dat lewe by die skepping begin en ‘n mens word geskep, sodra hy of sy bevrug raak. God is teenwoordig by ons bevrugting; Hy is, in werklikheid ons Skepper. Ons waarde as menslike wesens is, ons is geskep na Sy beeld,is bevrug selfs voordat ons daar is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Leer die Bybel dat lewe by bevrugting begin?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries