settings icon
share icon
Vraag

Wat was die leviatan?

Antwoord


Die Leviatan is ‘n soort groot waterdier. Die Bybel verwys daarna as ‘n skrikwekkende ongedierte met monsteragtige wreedheid en groot krag. Die Hebreeuse woord vir “Leviatan” se oorspronklike betekenis is “gekronkel” of “verwronge”. Jesaja 27:1 praat van die Leviatan, die vinnige, kronkelende slang,…….die monster………wat in die see is. Wat hierdie monster ookal is of was, sy krag en wilde natuur was alom bekend.

Daar is ‘n klomp verwysings in die Ou Testament na die Leviatan. Die meeste gedeeltes beskryf hom as ‘n werklike ondier, bekend aan die mense (wat uiteraard hul afstand behou het) d.m.v. reputasie of deur hom te sien. In Ps 104:25-26 word God geprys as die Een wat die habitat vir die Leviatan geskep het: “Daar is die see, groot en wyd, wat wemel van diere, klein en groot. Daar vaar die skepe, en daar is die Leviatan. U het hom gemaak om mee te speel. Hulle is almal van U afhanklik, U gee hulle kos op hulle tyd.” Net ‘n groot God kon die Leviatan skep en toe ‘n groot genoeg plek maak waar dit “vrolik” en veilig kon bly.

In Jes 27:1 word die Leviatan gebruik as ‘n simbool vir die slegte konings op aarde wat hul teen God se volk verset het. Die groot mag wat slegte nasies uitoefen kan vreesaanjaend wees, maar God verseker Sy kinders dat boosheid, ongeag hoe wreedaardig, verslaan sal word: “Daardie dag sal die Here Sy skerp, groot, sterk swaard gebruik om die Leviatan, die vinnige, kronkelende slang te verslaan en Hy sal die monster doodmaak wat in die see is.” Ps 74:14 bevat ‘n soortgelyke verwysing rakende God se oorwinning oor die Leviatan; dit verwys waarskynlik na die farao van Egipte.

Job 41 gee die meeste inligting oor die Leviatan as ‘n eintlike seedier. In daardie hoofstuk, beskryf God die Leviatan deur die dier se grootte, sterkte en boosaardigheid te beklemtoon. Dit kan nie vasgebind of mak gemaak word nie (Job 41:4); dit maak jou bang deur slegs daarna te kyk (vers 13); die beste is om dit alleen te laat (vers 20). Dit het ‘n sierlike vorm (vers 12), maar is ongelooflik goed beskerm met skubbe (verse 6-8). Die Leviatan se bors is ondeurdringbaar soos sy rug (verse 15). Dit het angswekkende tande (verse 4,5) en die dood wag vir enigeen wat naby sy mond kom (verse 4,5). Selfs sterk manne is vir hom vreesbevange (vers 16). Geen swaard, spies, pyl of assegaai kan hom vernietig nie (vers 17). Dit kan nie in ‘n hok vasgevang word nie, want “yster is vir hom soos strooi” (vers 18). Vers 23: “ Op die grond is niemand sy gelyke nie, hy is ‘n ondier sonder vrees”. Vers 23: “Agter hom lê ‘n blink streep op die water”. God se beskrywing van die Leviatan sluit af met ‘n stelling dat hy baas is oor al die groot diere: “Hy kyk met minagting na die diere groter as hy, hy is baas selfs oor al die groot diere” (vers 25).

Dus, watter dier word in Job 41 beskryf? Sommige kommentators glo die Leviatan is ‘n krokodil. Ander glo dis ‘n walvis of ‘n haai. Gebaseer op die Bybelse beskrywing, lyk dit meer asof die Leviatan ‘n groot see-reptiel is, moontlik ‘n spesie van die dinosourus soos die plesiosourus. Job se bekendheid met ‘n dinosourus is geensins vergesog nie, gegewe dat die boek Job in ‘n baie vroeë tyd van die geskiedenis geskryf is.

Die punt wat God in Job 41 maak, is dat die Leviatan onder God se soewereine beheer is. Job het vir God bevraagteken (Job 26-31), maar God draai die tafels om en gebruik die Leviatan se krag om Job se swakheid en broosheid te beklemtoon. As God die Leviatan geskep het (‘n dier voor wie Job nie kon staande bly nie), hoe groot is God dan? Waarom is Job enigsins besig om met die Almagtige te stoei?

Die Leviatan was ‘n gevaarlike ondier wat veroorsaak het dat gesoute gevegsmanne omdraai en hardloop. Die Leviatan is geen mite nie, maar ‘n werklike seedier, ondergeskik aan sy Skepper. Soos God in Sy beskrywing van die Leviatan sê, “Wie wil dan nog teen my standhou? Wie wil aan Mý eise stel dat Ek iets aan hom verskuldig is? Alles onder die hemel behoort aan My” (Job 41:1-2).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat was die leviatan?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries