settings icon
share icon
Vraag

Wat is die bybelse wyse om ‘n kind na Christus toe te lei?

Antwoord


Daar is drie basiese elemente betrokke om ‘n kind te lei om by ‘n verlossingsverhouding met Christus uit te kom: gebed, voorbeeld en die regte ouderdom. Ons lei ‘n kind na Christus toe deur die ywerige aanwending van al drie elemente, nog voordat die kind gebore is.

Die belangrikheid van gebed in hierdie proses kan nie oorbeklemtoon word nie. Waar bevrugting reeds plaasvind, moet ouers God se wysheid vir hulself soek en genade vir die ongebore kind. God het belowe om oorvloedige wysheid te gee vir almal wat Hom vra (Jak 1:5), en Sy wysheid is belangrik in alle aspekte van ouerwees, maar nêrens is dit belangriker as in geestelike sake nie. Ef 2: 8-9 sê dat verlossing kom uit genade, deur die gawe van geloof – dus moet ons gebede vir ons kinders se redding gesentreer wees rondom die gawe van geloof. Ons moet vir die Heilige Gees bid om ons kinders van hul vroegste lewensjare na God toe te trek en om hulle staande te hou deur ‘n lewe van geloof en diens aan God, totdat hulle veilig in die hemel is, tot in alle ewigheid (Ef 1:13-14). Ons moet bid dat God ons na Homself moet trek en ‘n realiteit in ons lewens moet word, sodat ons rolmodelle vir ons kinders kan wees.

Ons voorbeeld as kinders van God voorsien die beste visuele model vir die verhouding met Christus, wat ons graag vir ons kinders wil hê. As ons kinders ons daagliks op ons knieë sien, aanvaar hulle dat gebed ‘n gereelde deel van die lewe is. As hulle ons gedurig sien Bybel lees, bestudeer, besig om te mediteer rondom God se Woord en in te neem, besef hulle die belangrikheid van die Skrif, sonder dat ons ‘n woord hoef te sê. As hulle besef dat ons nie net God se Woord ken nie, maar probeer om dit daagliks prakties te leef, begin hulle die krag van die Woord, in ‘n lewe geleef in Sy Lig, te verstaan. Omgekeerd, as ‘n kind sien dat pappa of mamma ‘n Sondag-persoonlikheid het, wat wesenlik verskil van die elkedagse mens wat hulle sien, sal dit gou gesien word as skynheiligheid. Baie kinders het die kerk en Christus verwerp as skynheilige rolmodelle. Dit is nie te sê dat God nie ons foute en mislukkings kan oorsien nie, maar ons moet dit bely teenoor God, ons mislukkings teenoor ons kinders en elke poging aanwend om uit te leef wat ons glo.

Verderaan, om leiding te gee in geestelike kwessies, wat van toepassing is op die kind se ouderdom, is uiters belangrik om ‘n kind by Jesus uit te bring. Daar is tallose kinderboeke en bronne soos kinderbybels, kinderbybel-storieboeke en musiek vir alle ouderdomme om te lees, te sing en te memoriseer. Ook om elke aspek van ‘n kind se lewe te verbind met geestelike waarheid, is ook ‘n belangrike deel van geestelike opvoeding. Elke keer as ‘n kind ‘n blom of ‘n sonsondergang of ‘n voëltjie sien, is daar ruim geleentheid vir ouers om die skoonheid en wonder van God se skeppingskrag (Ps 19:1-6) daarmee te verbind. Wanneer ons kinders veilig en beskermd voel in ons liefde, het ons die geleentheid om aan hulle te verduidelik hoeveel groter die liefde van hul hemelse Vader is. As hulle deur ander seergemaak is, kan ons die realiteit van sonde en die enigste genesing daarvoor, aan hulle verduidelik – die Here Jesus Christus en Sy kruisdood vir ons.

Laastens, soms word ‘n onnodige hoeveelheid druk op die kind geplaas om ‘n “gebed op te sê” of in die kerk te getuig, as getuienis van haar/sy besluit om Christus as Verlosser aan te neem. Hierdie kan kosbare oomblikke wees, ingegraveer in ‘n kind se gedagtes, maar redding is die Gees se werk in die hart. Ware verlossing lei tot ‘n lewe van aangehoue dissipelskap en dit moet ook goed gekommunikeer word met die kind.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die bybelse wyse om ‘n kind na Christus toe te lei?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries