settings icon
share icon
Vraag

Hoe moet ek my lewe vir God leef?

Antwoord


God het vir ons baie duidelike aanwysings in Sy Woord gegee, hoe ons vir Hom moet lewe. Dit sluit die opdrag in om mekaar lief te hê (Joh 13:34-35), die oproep om hom te volg ten koste daarvan om ons eie begeertes agter te laat (Matt 16:24), die opdrag om vir die armes en behoeftiges te sorg (Jak 1:27), en die waarskuwing om nie in sondige gewoontes te verval soos hulle wat nie vir God ken nie (1 Tess 5:6-8). Jesus het ‘n lewe vir God opgesom, toe ‘n wetsgeleerde vir Hom gevra het wat die belangrikste gebod van die wet is. Jesus het geantwoord, “Die eerste is: ‘Luister Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag. Die tweede is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Geen ander gebod is groter as dié twee nie’” (Mark 12:29-31).

Jesus se gebed voor Sy kruisiging werp ook lig op ons doelwit. Met verwysing na gelowiges, het Hy gebid, “Die heerlikheid wat U my gegee het, het Ek ook aan hulle gegee; sodat hulle een kan wees net soos Ons een is: Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet. Vader, Ek wil graag hê dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook by My moet wees, sodat hulle My heerlikheid kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het, omdat U My al voor die skepping van die wêreld liefgehad het. Regverdige Vader, die wêreld ken U nie, maar Ek ken U en hulle hier weet dat U My gestuur het. Ek het U Naam aan hulle bekend gemaak en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle” (Joh 17:22-26). Jesus se verlange is om met ons ‘n verhouding te hê.

Die Westminster Shorter Catechism sê, “Man’s chief end is to glorify God and to enjoy Him forever.” ‘n Lewe wat vir God geleef word, verheerlik God. Ons volg God met ons hele wese na – hart, siel, verstand en krag. Ons bly in Christus (Joh 15:4,8) en daarom tree ons op soos Hy, deur mekaar lief te hê. Deur dit te doen, vereer ons Sy Naam en geniet ook die verhouding, waarvoor ons oorspronklik geskep is.

Hulle wat wens om vir God te lewe, moet Hom in Sy Woord soek. Ons moet die leiding van die Heilige Gees soek en die Woord in ons eie lewens toepas. Om vir God te lewe, beteken om onsself op te offer en God se wil bo alles te begeer. Soos ons nader aan God lewe en Hom beter leer ken, sal Sy begeertes natuurlikerwys ons s’n word. Soos ons groei, sal ons begeertes om God se opdragte te gehoorsaam vermeerder, soos ons liefde vir Hom groter word. Soos Jesus gesê het, “As julle My liefhet, sal julle My opdragte uitvoer” (Joh 14:15).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe moet ek my lewe vir God leef?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries