Vraag
Is kreasionisme wetenskaplik?
Antwoord
Daar is tans ‘n groot debat oor die geldigheid van kreasionisme, wat bekend staan as “die geloof dat die heelal en lewende organismes afkomstig is van spesifieke goddelike skeppingsgebeure, soos in die Bybelse weergawe, eerder as deur natuurlike prosesse soos evolusie.” Skeppingswetenskap is dikwels afgemaak deur die sekulêre gemeenskap en is beskuldig van ‘n tekort aan wetenskaplike waarde. Tog is kreasionisme duidelik versoenbaar met ‘n wetenskaplike benadering tot enige onderwerp. Kreasionisme maak bewerings aangaande werklike wêreldgebeure, plekke en dinge. Dit is nie alleenlik begaan oor subjektiewe idees of abstrakte konsepte nie. Daar is bestaande wetenskaplike feite wat konsekwent met kreasionisme is en die manier hoe daardie feite aan mekaar verwant is, leen homself tot ‘n kreasionistiese interpretasie. Net soos ander breë wetenskaplike sienings geneig is daartoe om verband met ‘n reeks feite te toon, so ook kreasionisme.
Hoe is kreasionisme dan – as teenstrydig met “naturalisme”, gedefinieerd as “’n filosofiese siening ten opsigte van die feit dat elke ding vanuit natuurlike eienskappe en oorsake gebeur en bonatuurlike of spirituele verduidelikings is uitgesluit of afgemaak” – wetenskaplik? Om toe te gee, die antwoord hang af van jou definisie van “wetenskaplik”. Te dikwels word “wetenskap” en “naturalisme” as een en dieselfde gesien en kreasionistiese sienings word uitgelaat, per definisie. So ‘n definisie vereis ‘n onredelike verering van naturalisme. Wetenskap is gedefinieerd as “die waarneming, identifikasie, beskrywing, eksperimentele ondersoek en teoretiese verklaring van fenomene.” Niks vereis wetenskap op sigself om naturalisties te wees nie. Naturalisme, soos kreasionisme, vereis ‘n reeks vooronderstellings wat nie deur eksperimente ontwikkel is nie. Hulle is nie geëkstrapoleer van data of afgelei van toetsresultate nie. Hierdie filosofiese vooronderstellings is aanvaar voordat enige data geneem is. Aangesien beide naturalisme en kreasionisme sterk beïnvloed word deur vooronderstellings wat nie bewys kan word of toetsbaar is nie en deeglik onder bespreking kom nog voor die feite op die tafel is, is dit redelik om te sê dat kreasionisme ten minste so wetenskaplik as naturalisme is.
Kreasionisme, soos naturalisme, kan “wetenskaplik” wees en daarom is dit versoenbaar met die wetenskaplike metode van ontdekking. Hierdie twee konsepte is nie afsonderlike wetenskappe van mekaar nie, omdat beide sienings aspekte insluit wat in die normale sin nie as “wetenskaplik” beskou word nie. Nie kreasiomisme of naturalisme is vals nie; daar is geen eksperiment wat dit kon bewys nie. Nie een van die twee is voorspelbaar nie; hul genereer nie die moontlikheid om ‘n uitkoms te voorspel nie. Alleenlik op die basis van hierdie twee punte, sien ons dat daar geen logiese rede is om die een bokant die ander een as meer geldig op wetenskaplike grondslag te beskou nie.
Een van die hoofredes wat naturaliste gee vir die verwerping van kreasionisme, is die konsep van wonderwerke. Ironies genoeg sal die naturaliste sê dat wonderwerke, soos ‘n spesiale skepping, is onmoontlik, omdat hulle die natuurwette verbreek, wat duidelik en histories waargeneem is. So ‘n siening is ironies in sekere weergawes. Om maar net ‘n enkele voorbeeld te neem, bv. abiogenesis, die teorie waar lewe ontstaan uit nie-lewende materiaal. Abiogenesis is een van die deeglikste en ook weerlegbare konsepte in die wetenskap.Tog veronderstel ‘n ware naturalistiese siening dat lewe op aarde – selfrepliserend, selfonderhoudend, komplekse organiese lewe – by geleentheid ontstaan het vanuit nie-lewende materiaal. Iets soortgelyks is nooit in die mensdom se geskiedenis waargeneem nie. Die heilsame evolusionêre veranderinge wat nodig was om ‘n kreatuur van ‘n meer komplekse vorm voort te bring, is ook nooit waargeneem nie. Dus hou kreasionisme in hierdie geval die bewyse vir die bewering dat wonderwerke in die Skrif gedokumenteer word en laasgenoemde gee ook weergawes van wonderwerke wat gebeur het. Om kreasionisme as onwetenskaplik te etiketteer op grond van wonderwerke, vereis dat dieselfde etiket vir naturalisme om die nek gehang word.
Daar word baie feite aan beide kante van die debat gebruik. Feite is feite, maar daar is nie so iets dat ‘n feit net een enkele interpretasie vereis nie. Die skeiding tussen kreasionisme en sekulêre naturalisme berus totaal op verskillende interpretasies. Om die evolusie versus die skeppingsdebat spesifiek in ag te neem, het Charles Darwin self hierdie volgende stelling gemaak. Inleidend tot “The Origin of Species” sê hy, “I am well aware that scarcely a single point is discussed in this volume on which facts cannot be adduced, often apparently leading to conclusions directly opposite to those at which I arrived.” Klaarblyklik het Darwin evolusie bokant skepping geplaas, maar hy was gewillig om te erken dat interpretasie die sleutel tot die keuse van ‘n geloof was. Een wetenskaplike mag ‘n spesifieke feit as ondersteunend van naturalisme sien, terwyl ‘n ander dieselfde feit as ondersteunend van kreasionisme sien.
Ook die feit dat kreasionisme die enigste moontlike alternatief vir naturalistiese idees soos evolusie is, skep dit ‘n geldige onderwerp, veral as hierdie skeiding erken word deur sommige van die wetenskaplike leiers. Baie welbekende en invloedryke wetenskaplikes meen dat die enigste moontlike verklarings vir lewe, die naturalistiese evolusie of spesiale skepping is. Nie alle wetenskaplikes stem saam oor wat waar is nie, maar feitlik almal stem saam dat dit die een óf die ander moet wees.
Daar is baie ander redes waarom kreasionisme ‘n rasionele en wetenskaplike houding ten opsigte van geleerdheid het. Daar onder is die konsepte van realistiese moontlikheid, die gebrekkige bewyse ter ondersteuning van makro-evolusie, die bewys van ondervinding, ensovoorts. Daar is geen logiese basis om die naturalistiese vooronderstellings onomwonde te aanvaar nie en kreasionisme verwerp ronduit vooronderstellings. ‘n Vaste geloof in die skepping is geen hindernis vir wetenskaplike ontdekking nie. Dink maar aan die pogings van mense soos Newton, Pasteur, Mendel, Pascal, Kelvin, Linnaeus en Maxwell. Almal was duidelik en gemaklik kreasioniste. Kreasionisme is nie ‘n “wetenskap” nie, net soos naturalisme nie ‘n “wetenskap” is nie. Kreasionisme is tog ten volle versoenbaar met die wetenskap as sulks.
English
Is kreasionisme wetenskaplik?