settings icon
share icon
Vraag

Wat is die kosmologiese argument vir die bestaan van God?

Antwoord


Die kosmologiese argument poog om God se bestaan te bewys deur die wêreld om ons (die kosmos). Dit begin met wat die mees voor die hand liggende is in realiteit: dinge bestaan. Dit word dan geargumenteer dat die oorsaak van daardie dinge se bestaan 'n "God-tipe" ding moes wees. Hierdie tipe argument gaan terug na Plato se denke toe en is gebruik deur befaamde filosowe en teoloë. Wetenskap het uiteindelik opgevang met teoloë gedurende die 20ste eeu, toe dit bevestig was dat die heelal 'n begin moes gehad het. Dus, vandag is die kosmologiese argument nog kragtiger vir nie-filosowe. Daar is twee basiese vorms van hierdie argument en die maklikste manier om daaraan te dink, is die "vertikale" en die "horisontale." Hierdie name dui op die rigting vanwaar die oorsake kom. In die vertikale vorm, word dit geargumenteer dat elke geskape ding soos in nou veroorsaak word (dink aan 'n tydlyn met 'n opwaartse pyl wat van God se skepping af op wys). Die horisontale weergawe wys dat die skepping 'n oorsaak in die begin gehad het (stel jou voor daardie selfde tydslyn, met 'n pyl wat terugwys na 'n beginpunt in tyd).

Die horisontale is 'n bietjie makliker om te verstaan, omdat dit nie baie filosofering benodig nie. Die basiese argument is dat alles 'n begin het met 'n oorsaak. Die heelal het 'n begin gehad; dus het die heelal 'n oorsaak. Daardie oorsaak, wat buite die hele heelal bestaan, is God. Iemand mag sê dat sommige dinge deur ander goed veroorsaak is, maar dit los nie die probleem op nie. Dit is omdat ander dinge oorsake gehad het en dit kan nie vir ewig voortgaan nie. Kom ons neem 'n eenvoudige voorbeeld: bome. Alle bome begin om te ontstaan op 'n sekere punt (hulle het nie altyd bestaan nie). Elke boom het 'n begin in 'n saadjie (die "oorsaak" van die boom). Elke saadjie het egter 'n begin (oorsaak) in 'n ander boom. Daar kan nie 'n oneindige reeks van boom-saad-boom-saad wees nie, aangesien geen reeks oneindig is nie – dit kan nie vir ewig aangaan nie. Alle reekse eindig (is beperk), per definisie. Daar is nie so iets soos 'n oneindige getal nie, aangesien selfs die getalreeks beperk is (alhoewel jy meer kan bytel, is jy altyd by 'n eindige getal). Indien daar 'n einde is, is dit nie oneindig nie. Alle reekse het twee eindes, aan die einde en aan die begin (dink aan 'n stok met een end!) As daar egter geen eerste oorsaak was nie, sou die ketting van oorsake nooit begin het nie. Dus, is daar aan die begin ten minste 'n eerste oorsaak – een wat geen begin gehad het nie. Hierdie eerste oorsaak is God.

Die vertikale vorm is 'n bietjie moeiliker om te verstaan, maar is kragtiger, omdat dit nie net wys dat God die oorsaak van die "ketting van oorsake" aan die begin bewerk het nie, Hy moet steeds in die hier en nou maak dat dinge bestaan. Weereens begin ons deur op te let dat dinge bestaan. Volgende, terwyl ons dikwels geneig is om aan bestaan te dink as 'n eiendom wat dinge soort van "besit" – sodat wanneer iets geskep word, is bestaan net 'n deel van wat dit is – dit is nie waar nie. Dink aan die driehoek. Ons kan die aard van die driehoek definieer as "die oppervlakte-figuur wat gevorm word deur drie punte, nie in 'n reguit lyn met reguit lynsegmente te verbind nie." Let op wat nie deel vorm van hierdie definisie nie: bestaan.

Hierdie definisie van 'n driehoek sou waarheid inhou, selfs al sou geen driehoeke bestaan het nie. Dus, 'n driehoek se aard – wat dit is – waarborg nie dat een bestaan nie (soos eenhorings – ons weet wat hulle is, maar dit veroorsaak nie dat hulle bestaan nie). Aangesien dit nie deel vorm van 'n driehoek se natuur om te bestaan nie, moet driehoeke "gemaak" word om te bestaan: deur iemand anders wat "alreeds" bestaan (iemand moet een teken op 'n stuk papier). Die driehoek is veroorsaak deur iets anders – wat ook 'n oorsaak moet hê. Hierdie kan nie vir ewig aangaan nie (geen oneindige reeks nie). Dus, iets wat nie nodig het om bestaan gegee te word nie, moet bestaan om aan al die ander dinge bestaan te gee.

Pas nou hierdie voorbeeld toe op alles in die heelal. Bestaan enigeen van ons op ons eie? Nee. Dus, het die heelal nie net 'n eerste oorsaak gehad om te begin nie; dit benodig iets om dit nou 'n bestaansreg te gee. Die enigste ding wat nie bestaan gegee hoef te word nie, is 'n ding wat bestaan uit die aard van sy wese. Dit "is" bestaan. Dit is iets wat altyd sal bestaan, het geen oorsaak, het geen begin, het geen beperking, is nie tydsgebonde en is oneindig. Daardie " iets" is God!

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die kosmologiese argument vir die bestaan van God?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries