settings icon
share icon
Vraag

Is die Bybel korrup, verouderd, geredigeer, hersien of is daarmee gepeuter?

Antwoord


Die boeke van die Ou Testament is ongeveer vanaf 1400 vC tot 400 vC geskryf. Die boeke van die Nuwe Testament is ongeveer vanaf 40 nC tot 90 nC geskryf. Dus het enigiets tussen 3400 tot 1900 jaar verloop, sedert die Bybel geskryf is. Gedurende hierdie tyd het die oorspronklike manuskripte verlore gegaan. Hulle bestaan hoogs waarskynlik nie meer nie. Die Bybelboeke is ook gedurende hierdie tyd oor en oor gekopieer. Afskrifte van afskrifte van afskrifte is gemaak. In die lig hiervan, kan ons steeds die Bybel vertrou?

Toe God oorspronklik mense geïnspireer het om Sy Woord te skryf, was dit God-geïnspireerd en foutloos (2 Tim 3:16-17, Joh 17:17). Die Bybel pas dit nêrens op afskrifte van die oorspronklike manuskripte toe nie. So nougeset soos die geskrifte was met die weergawe van die Skrif, was nie een daarvan perfek nie. Die gevolg was dat klein verskille in sommige afskrifte van die Skrif ontstaan het. Van al die duisende Griekse en Hebreeuse manuskripte wat bestaan, was daar nie twee wat dieselfde was, totdat die drukpers in 1500 nC uitgevind is nie.

Nietemin, enige onpartydige geleerde in die Skrifdokumente sal saamstem dat die Bybel merkwaardig goed behoue gebly het deur die eeue heen. Afskrifte van die Bybel gedateer tot die 14de eeu nC is feitlik identies rakende die inhoud, as dit vergelyk word met afskrifte van die 3de eeu nC. Toe die Dooie See Perkamentrolle ontdek is, was geleerdes geskok om te sien hoe eenders dit was in vergelyking met die antieke afskrifte van die Ou Testament, alhoewel die Dooie See Perkamentrolle honderde jare ouer was as enigiets wat voorheen ontdek is. Selfs geharde skeptici en kritici erken dat die Bybel oor die eeue heen baie meer akkuraat oorgedra is, as enige ander antieke dokument.

Daar is absoluut geen bewys dat die Bybel hersien, geredigeer of mee gepeuter is op enige sistematiese wyse nie. Die suiwer omvang van Bybelse manuskripte maak dit maklik om enige pogings te herken, wat God se Woord wou versteur. Daar is geen groot Bybelse leerstelling wat in twyfel getrek word, as gevolg van klein verskille wat tussen manuskripte bestaan nie.

Weer word die vraag gevra, kan ons die Bybel vertrou? Absoluut! God het Sy Woord bewaar, ten spyte van die opsetlike en onopsetlike foute en aanvalle van mense. Ons kan die uiterste sekerheid hê dat die Bybel van vandag dieselfde is as die oorspronklke. Die Bybel is God se Woord en ons kan dit vertrou (2 Tim 3:16, Matt 5:18).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is die Bybel korrup, verouderd, geredigeer, hersien of is daarmee gepeuter?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries