Met al die verskillende godsdienste, hoe kan ek weet watter een korrek is?



Vraag: "Met al die verskillende godsdienste, hoe kan ek weet watter een korrek is?"

Antwoord:
Dit is sonder twyfel so dat met die aantal godsdienste in die wêreld, dit ‘n uitdaging word om te weet watter een korrek is .Laat ons eerstens ‘n paar gedagtes in die algemeen oorweeg en dan kyk hoe ons die onderwerp kan benader om tot die regte slotsom oor God te kom. Die uitdaging oor verskillende antwoorde oor ‘n spesifieke saak, is nie uniek ten opsigte van godsdiens nie. Jy kan byvoorbeeld aan honderd wiskunde-studente ‘n ingewikkelde probleem gee om op te los en baie van hulle sal die antwoord verkeerd hê. Beteken dit dat ‘n korrekte antwoord nie bestaan nie? Nee, glad nie. Hulle wat die antwoord verkeerd gehad het, moet net op hul fout gewys word en die nodige tegnieke ken om by die regte antwoord uit te kom.

Hoe kom ons by die waarheid oor God uit? Ons benodig ‘n sistematiese metode wat ontwerp is om die waarheid van die fout te skei, deur verskeie waarheidstoetse te gebruik en aan die einde ‘n reeks regte gevolgtrekkings te maak. Kan jy jou voorstel wat die eindresultaat van ‘n wetenskaplike sal wees as hy net in die laboratorium ingaan en begin om goed te meng sonder rede of beplanning? Of as ‘n dokter net begin om ‘n pasiënt met enige medisyne te behandel met die hoop om hom beter te kry? Geen wetenskaplike of dokter gaan so te werk nie; hulle gebruik sistematiese metodes wat logies en as bewys kan dien en kom so by die eindresultaat uit.

Indien dit so is, waarom sal teologie – die studie oor God – enigsins anders wees? Hoekom moet dit oorhaastig en ongedissiplineerd aangepak word? Ongelukkig het baie mense daardie aanslag en dit is een van die redes waarom daar so baie godsdienste bestaan. Nou gaan ons terug na die vraag oor hoe om waarhede oor God uit te vind. Watter sistematiese aanslag moet gebruik word? Eerstens moet ons ‘n raamwerk kry waarin ons die verskillende waarhede toets en dan benodig ons ‘n padkaart om te volg tot by die regte slotsom. Hier is ‘n goeie raamwerk om te gebruik:

Logiese konsekwentheid – die wyse van aanspraak van ‘n geloofsisteem moet logies ooreenstem met mekaar en daar moet geen teenstrydigheid wees nie. Boeddhisme se einddoel is om jouself van alle begeertes los te maak, byvoorbeeld. Tog moet jy ‘n begeerte hê om jouself van alle begeertes te bevry, wat ‘n teenstrydige en onlogiese beginsel is.

Empiriese toereikendheid – is daar getuienis om die geloofsisteem te ondersteun (of die getuienis rasioneel, ekstern bewysend, ens. is)? Natuurlik is dit reg om bewys te soek vir belangrike aansprake wat gemaak is, sodat die bewerings getoets kan word. Mormone predik dat Jesus in Noord-Amerika geleef het, maar daar is absoluut geen bewys, argeologies of andersins om hierdie aanspraak te ondersteun nie.

Bestaande relevansie – die geloofsisteem moet aanpas by die realiteit soos ons dit ken en dit moet ‘n betekenisvolle verskil in die lewe van die navolger maak. Deïsme maak daarop aanspraak dat God net die draaiende wêreld in die heelal gegooi het en dat Hy geen interaksie het met diegene wat daarop lewe nie. Hoe beïnvloed so ‘n geloof die mens van dag tot dag? Op geen manier het dit ‘n invloed nie.

Hierdie raamwerk, indien toegepas op die onderwerp van geloof, sal iemand help lei om die regte insig oor God te kry en die vier belangrike lewensvrae te beantwoord:

Oorsprong – waar kom ons vandaan?
Etiek – hoe behoort ons te lewe?
Betekenis – wat is die doel van lewe?
Bestemming – waarheen is die mensdom op pad?

Hoe gaan ons hierdie raamwerk aanwend in ons soeke na God? ‘n Stap vir stap vraag/antwoord aanslag is een van die beste maniere om te gebruik. Die lys van moontlikhede is afgeskaal na die volgende:

Bestaan absolute waarheid?
Meng rede en godsdiens met mekaar?
Bestaan God?
Kan God geken word?
Is Jesus God?
Gee God om vir my?

Eerstens moet ons weet of absolute waarheid bestaan. Indien nie, kan ons regtig nie seker wees van enigiets nie (geestelik of nie) en ons eindig soos ‘n agnostikus, onseker of ons regtig enigiets weet of ‘n pluralis, ons aanvaar alles, omdat ons onseker is of enigiets reg is.

Absolute waarheid is gedefinieer as: dit wat ooreenstem met realiteit, dit wat saamstem met sy doelwit, dit vertel soos wat dit is. Sommige sê daar is nie so iets soos absolute waarheid nie, maar om so ‘n posisie in te neem, raak selfverydelend. Die relativis sê, “Alle waarheid is relatief,” tog moet ‘n mens vra: Is daardie steliing absoluut waar? Indien dit so is, dan bestaan absolute waarheid; indien dit nie so is nie, waarom dit oorweeg? Postmodernisme bevestig geen waarheid nie, tog erken dit ten minste een absolute waarheid: postmodernisme is ‘n waarheid. Uiteindelik, absolute waarheid raak onmiskenbaar.

Verderaan is absolute waarheid natuurlik eng en sluit die anderkant uit. Twee plus twee is vier en daar is geen ander moontlikheid nie. Hierdie punt raak kritiek as verskillende geloofsisteme en wêreldsienings vergelyk word. Indien een geloofsisteem komponente het wat as waar bewys is, dan moet enige kompeterende geloofsisteem met teenoorgestelde aansprake vals wees. Ons moet ook in gedagte hou dat absolute waarheid nie beïnvloed word deur opregtheid en begeerte nie. Dit maak nie saak met hoeveel opregtheid iemand ‘n leuen omarm nie, dit bly steeds ‘n leuen en geen begeerte in die wêreld kan iets wat vals is, waar maak nie.

Die antwoord van vraag een is dat absolute waarheid bestaan. Agnostisisme, postmodernisme, relativisme en skeptisisme is alles valse sienings.

Dit lei ons na die volgende vraag: watter rede/logika kan in die geval van godsdiens gebruik word. Sommige meen dis nie moontlik nie, maar hoekom nie? Die waarheid is, logika is deurslaggewend wanneer geestelike aansprake ondersoek word, omdat dit ons help verstaan waarom sekere aansprake uitgesluit en ander omarm word. Logika is absoluut krities in die ontrafeling van pluralisme (wat beweer dat waarhede, selfs daardie wat mekaar opponeer, op gelyke voet staan en geldig is).

Islam en Judaïsme maak byvoorbeeld daarop aanspraak dat Jesus nie God is nie, terwyl die Christendom sê dat Hy wel is. Een van die kern-wette van logika is die wet van geen weerspreking, wat beweer dat iets nie “A” en “nie-A” terselfdertyd en in dieselfde sin kan wees nie. Deur hierdie wet in Judaïsme, Islam en die Christendom toe te pas, sou beteken dat die een reg is en die ander twee verkeerd. Jesus kan nie beide God en nie God wees nie. Indien logika behoorlik gebruik word, is dit ‘n kragtige wapen teen pluralisme, omdat dit duidelik demonstreer dat teenoorgestelde waarhede nie beide waar kan wees nie. Hierdie begrip werp die hele “waar vir jou, maar nie vir my nie” gedagtegang omver.

Logika verdryf ook die hele “alle paaie lei na die bergtop” analogie, wat pluraliste gebruik. Logika wys dat elke geloofsisteem sy eie stel tekens het wat radikale verskillende eindplasings aandui. Logika dui aan dat die behoorlike illustrasie van ‘n soeke na spirituele waarheid meer soos ‘n doolhof is – die een pad loop uit op die waarheid, terwyl die ander doodloop. Alle gelowe mag sommige oppervlakkige ooreenkomste hê, maar hulle verskil geweldig groot in hul kern-doktrines.

Die slotsom is dat jy rede en logika in terme van godsdiens kan gebruik. Aangesien dit so is, is pluralisme (die geloof dat alle waarhede wat op aanspraak gemaak word, ewe waar en geldig is) buite orde verklaar, omdat dit onlogies en teenstrydig is om te glo dat waarhede wat mekaar lynreg opponeer, beide reg kan wees.

Volgende kom die groot vraag: bestaan God? Ateïste en naturaliste (wat niks anderkant hierdie fisiese wêreld en heelal aanvaar nie) sê “nee”. Terwyl baie geskryf en gedebatteer is regdeur die geskiedenis oor hierdie vraag, is dit eintlik nie moeilik om te antwoord nie. Om behoorlike aandag daaraan te gee, moet jy ten eerste hierdie vraag vra: Hoekom het ons eerder iets as heeltemal niks? Met ander woorde, hoe het jy en alles rondom jou ontstaan? Die argument vir God kan baie maklik aangebied word:

Iets bestaan.
Jy kry nie iets van niks nie.
Dus, ‘n nodige en ewige Wese bestaan.

Jy kan nie ontken dat jy bestaan nie, aangesien jy moet bestaan om jou eie bestaan te ontken (waardeur jy jouself ondermyn), dus die eerste veronderstelling is waar. Niemand glo dat jy iets van niks kan kry nie ( dit beteken dat “niks” die heelal kon skep nie), dus die tweede veronderstelling is waar. Dus, die derde veronderstelling moet waar wees – ‘n ewige Wese is verantwoordelik vir alles wat bestaan, dus so ‘n ewige Wese moet bestaan.

Dit is ‘n standpunt wat geen ateïs ontken nie; hulle glo net dat die heelal daardie ewige wese is. Die probleem egter met daardie siening is dat alle wetenskaplike getuienis dui op die feit dat die heelal ‘n begin gehad het (die “big bang”.) Alles wat ‘n begin gehad het, moet ‘n oorsaak hê; dus, die heelal het ‘n oorsaak en is nie ewig nie. Aangesien die enigste twee bronne van ewigheid ‘n ewige heelal is ( as onwaar bewys) of ‘n ewige Skepper, is die enigste logiese slotsom dat God bestaan. Deur die vraag oor God se bestaan bevestigend te antwoord, word ateïsme as ‘n geldige geloofsisteem buite orde verklaar.

Hierdie gevolgtrekking sê niks oor watter soort God bestaan nie, maar wonderlik genoeg, dit doen een ingrypende ding – dit verklaar alle panteïstiese godsdienste buite orde. Laasgenoemde sê dat die heelal God en ewig is. Hierdie opvatting is vals. Dus, Hindoeïsme, Boeddhisme, Djainisme en alle ander panteïstiese godsdienste is as geldige geloofsisteme buite orde verklaar.

Verderaan leer ons ’n paar interessante dinge oor hierdie God wat die heelal geskep het. Hy is:

Bonatuurlik van aard (Hy bestaan buite Sy skepping)
Ongelooflik magtig (om alles te kon skep wat daar is)
Ewig (self-bestaande, want Hy bestaan buite tyd en ruimte)
Alomteenwoordig (Hy het ruimte geskep en is nie daardeur ingeperk nie)
Tydloos en onveranderlik (Hy het tyd geskep)
Onliggaamlik (omdat Hy ruimte oortref)
Persoonlik ( die onpersoonlike kan nie persoonlikheid skep nie)
Lewensbehoeftes (alles is van Hom afhanklik)
Oneindig en enkelvoudig (jy kan nie twee oneindighede hê nie)
Divers tog met eenheid (die natuur vertoon diversiteit)
Intelligent (opperste, om alles te skep)
Doelgerig ( Hy het met vasberadenheid alles geskep)
Moraal (geen morele wette kan sonder ‘n wetgewer bestaan nie)
Versorging (of geen morele wette sou daar gewees het nie)

Hierdie Wese vertoon karaktereienskappe wat baie eenders is aan die God van Judaïsme, Islam en die Christendom, interessant genoeg is dit die enigste kerngelowe wat oorgebly het na ateïsme en panteïsme, uitgeskakel is. Neem ook kennis dat een van die groot vrae rakende lewe (oorspronge) is nou beantwoord: ons weet nou waar ons vandaan kom.

Dit lei nou na die volgende vraag: kan ons God ken? Die behoefte aan godsdiens is nou vervang deur iets meer belangriks – die behoefte aan openbaring. As die mens God goed wil ken, is dit God se taak om Homself aan Sy skepping te openbaar. Judaïsme, Islam en die Christelike geloof maak almal daarop aanspraak dat daar ‘n boek is waardeur God Homself aan die mens openbaar, maar die vraag is, Wat (indien enigiets) is regtig waar? Deur nou kleiner verskille tersyde te stel, is die twee kern-areas van dispuut die volgende: die Nuwe Testament van die Bybel en die persoon Jesus Christus. Islam en Judaïsme beide aanvaar dat die Nuwe Testament onwaar is en beide ontken dat Jesus ook God is, terwyl die Christengeloof beide as waar bevestig.

Daar is geen geloof op die planeet, wat die berge van getuienis wat die Christendom staaf, kan ewenaar nie. Van die magdom van antieke manuskripte, tot die mees onlangse dokumente, geskrywe deur ooggetuies (sommige slegs 15 jaar na Christus se dood), tot die menigvuldig baie weergawes (nege skrywers in die 27 boeke van die Nuwe Testament), tot die argeologiese bewyse – waarvan geeneen ooit ‘n enkele aanspraak wat die Nuwe Testament maak, weerspreek het nie – tot die feit dat die apostels wat tot in hul dood bly vashou het, dat hulle saam met Jesus op aarde geloop het en dat Hy teruggekom het uit die dood, gee die Christelike geloof die leiding deur bewyse te voorsien om sy aansprake te staaf. Die Nuwe Testamentiese historiese outoriteit (die ware weergawe van werklike gebeure soos dit gebeur het), is die enigste regte slotsom wat bereik is, nadat al die getuienis deursoek is.

Wanneer dit by Jesus kom, is daar ‘n baie eienaardige ding rondom Hom – Hy het gesê dat Hy God in die vlees is: “Voordat Abraham gebore is, was Ek al wat Ek is”. Sy optrede (om sonde te vergewe, eerbetoon), Sy sondelose en lewe van wonderwerke ( wat Hy gebruik het om Sy waarheid te bewys, teenoor teenoorgestelde aansprake) en Sy opstanding is alles bewyse wat die feit ondersteun dat Hy God is. Die Nuwe Testamentiese skrywers bevestig hierdie feit oor en oor in hulle geskrifte.

Nou, indien Jesus God is, dan is wat Hy sê mos waar. As Jesus sê dat die Bybel foutloos en waar is in alles wat dit sê (wat Hy gedoen het), dan moet dit beteken dat die Bybel waar is ten opsigte van dit waarop hy aanspraak maak. Soos ons reeds geleer het dat twee mededingende waarhede nie beide reg kan wees nie. Dus, enigiets in die Islamitiese Koran of geskrifte van Judaïsme wat die Bybel weerspreek, kan nie waar wees nie. Dit is in elk geval so dat beide Islam en Judaïsme slaag nie, omdat beide beweer dat Jesus nie God in die vlees is nie, terwyl die getuienis beweer anders. Aangesien ons verseker vir God kan ken (omdat Hy Homself in Sy geskrewe Woord in Christus openbaar het) is alle vorme van agnostisisme weerlê. Ten laaste, ‘n ander groot vraag rakende lewe is beantwoord – die vraag oor etiek – aangesien die Bybel duidelike instruksies bevat oor hoe die mens behoort te lewe.

Hierdie selfde Bybel maak daarop aanspraak dat God intens oor die mensdom begaan is en wens dat almal Hom intiem moet ken. Hy gee so baie om dat Hy ‘n mens geword het om aan Sy skepping presies te wys hoe en wie Hy werklik is. Daar is baie mense wat gesoek het om God te wees, maar net een God wat gesoek het om mens te wees, sodat Hy diegene wat Hy so innig liefhet, van ‘n ewigheid ver weg van Hom, kon red. Hierdie feit demonstreer die eksistensiële belangrikheid van die Christelike geloof en beantwoord ook daardie laaste twee groot vrae oor lewe – betekenis en bestemming. Elke persoon is deur God geskep vir ‘n doel en elkeen het ‘n bestemming wat vir hom/haar wag – een van ewige lewe saam met God of ewige skeiding weg van Hom af. Hierdie gevolgtrekking (en die punt dat God mens in Christus geword het) weerlê ook Deïsme, wat beweer dat God nie in die mensdom se aktwiteite belangstel nie.

Uiteindelik sien ons dat die hoogste vorm van waarheid rakende God gevind kan word en die wêreldsiening word genavigeer deur die toetsing van ware aansprake en deur valshede sistematies uit te skakel, sodat net die waarheid oorbly. Toetse van logiese konsekwentheid, empiriese toereikendheid en eksistensiële relevansie, om ook terselfdertyd die regte vrae te vra, dit alles bring waarhede en redelike gevolgtrekkings oor godsdiens en God na vore. Elkeen sal moet saam stem dat die enigste rede om iets te glo, is om te glo dat iets waar is – niks meer nie. Ongelukkig is ware geloof ‘n kwessie van die wilsbesluit en dit maak nie saak hoeveel logiese bewyse aangebied word nie. Sommige sal nog steeds kies om die God wat daar is, te ontken en kies om die een ware pad na harmonie met Hom, mis te loop.


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Met al die verskillende godsdienste, hoe kan ek weet watter een korrek is?