settings icon
share icon
Vraag

Wat is kontemporêre teologie?

Antwoord


Kontemporêre teologie word gewoonlik gedefinieer as ‘n studie van teologie en teologiese neiging van ná die Eerste Wêreldoorlog tot teenswoordige tyd. Rofweg die twintigste eeu regdeur tot vandag, die belangrikste kategorieё tiperend aangespreek deur kontemporêre teologie, insluitend fundamentalisme, neo-ortodoksie, Pentekostalisme, evangelikalisme, neo-liberalisme, Post-Vatikaan ll Katolisisme, Oosterse Ortodokse teologie van die twintigste eeu en die Charismatiese Beweging.

Tot toevoeging van hierdie groter kategorieё, hanteer kontemporêre teologie ook gespesialiseerde areas soos vryheidsteologie, feministe-teologie en verskeie etniese teologieё. Met die wye verskeidenheid van geloofsbelydenisse betrokke, sou min geleerdes daarop aanspraak maak om te dien as “deskundiges” in kontemporêre teologie. Die neiging is eerder om te spesialiseer in een of meer areas van kontemporêre teologiese navorsing.

‘n Meer onlangse vertakking van kontemporêre teologie is die studie van intergeloof-dialoog. Historiese Christelike geloof word vergelyk met die wêreldsienings van nie-Christelike geloofsisteme as die basis vir dialoog tussen verskillende gelowe. Onlangse studies het gefokus op die gedeelde waardes tussen twee of meer gelowe, soos die “Abrahamiese Gelowe” (Judaïsme, Christendom en Islam) of Oosterse Godsdienste (insluitend Hindoeisme, Boedhisme en Christelike bewegings soos die ondergrondse Chinese Kerk).

Kontemporêre teologie is hoofsaaklik ‘n veld van akademiese vakkundigheid. As sulks spreek dit intellektuele uitdagings aan wat kyk na teologie, insluitend wetenskap, sosiale kwessies en godsdienstige praktyke. Terwyl baie kontemporêre teoloё ‘n Christelike erfenis deel, is dit nie met almal die geval nie. Dit is wel so dat baie agnostikusse of selfs ateïstiese geleerdes die veld betree het en is besig om hul sienings aangaande geloof en oortuiging in kontemporêre samelewings te deel.

Vir die Christen wat in die Bybel glo, is kontemporêre teologie belangrik, want dit volg die ontwikkeling van gelowe in die huidige geskiedenis. Dit is egter krities om te besef dat kontemporêre teologie dikwels weg beweeg van tradisionele Christelike teologie, waar dit geloof evalueer in die konteks van verskeie sosiale bewegings in vergelyking met ander geloofsisteme. Om vas te kleef aan ‘n bybelse wêreldbeskouing is gewoonlik nie die doel nie.

Vir hulle wat graag wil verstaan wat God se Woord onderrig betreffende hedendaagse onderwerpe, kan goeie inligting vind in ‘n wye verskeidenheid van kontemporêre teologiese materiaal. Die Bybel egter self verander nie. Dit is standaard in waarheid vir die gelowige, beide vir nou en vir ewigheid (2 Tim 3:16-17).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is kontemporêre teologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries