Vraag
Wat is die koninkryk van God?
Antwoord
Daar word dikwels na die koninkryk van God in die Evangelies verwys (Mark 1:15; 10:15; 15:43; Luk 17:20) en ander plekke in die Nuwe Testament (Hand 28:31; Rom 14:17; 1 Kor 15:50). Die koninkryk van God is sinoniem met die koninkryk van die hemel. Die konsep van die koninkryk van God neem verskeie betekenisverskille aan in verskillende Skrifgedeeltes. Oor die algemeen word daar van die koninkryk van God gepraat as die heerskappy van die ewige, soewereine God oor die heelal. Verskillende Skrifgedeeltes toon dat God die onmiskenbare Monarg van die heelal is: “Die Here het Sy troon in die hemel gevestig, Sy heerskappy strek oor alles en almal” (Ps 103:19). En soos koning Nebukadnesar verklaar het, “Sy koninkryk is ‘n ewige koninkryk” (Daniёl 4:3). “Daar is immers geen gesag wat nie van God kom nie” (Rom 13:1). Dus, in een sin, die koninkryk van God inkorporeer alles wat bestaan.
Meer noukeurig, die koninkryk van God is ‘n geestelike heerskappy oor die harte en lewens van hulle wat hulself gewilliglik aan God se outoriteit onderwerp. Hulle wat God se outoriteit uitdaag en weier om hulle aan Hom te onderwerp, is nie deel van God se koninkryk nie; in teendeel, hulle wat die heerskappy van Christus erken en hulle met blydskap oorgee aan God se heerskappy in hul harte, vorm deel van die koninkryk van God. In hierdie sin, is God se koninkryk geestelik – Jesus het gesê Sy koninkryk was nie van hierdie wêreld nie (Joh 18:36), en Hy het gepreek dat bekering nodig is om deel van Sy koninkryk uit te maak (Matt 4:17). Dat God se koninkryk vergelyk kan word met die sfeer van verlossing is duidelik in Joh 3:5-7, waar Jesus sê dat om die koninkryk van God in te gaan, is dit nodig om wedergebore te wees. Sien ook 1 Kor 6:9.
Die koninkryk van God word ook in ‘n ander betekenis in die Skrif gebruik: Die letterlike heerskappy van Christus op die aarde gedurende die duisendjarige ryk. Daniёl het gesê dat “in die tyd van daardie konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk oprig wat nooit vernietig sal word nie” (Dan 2:44; Miga 4:2; Sag 14:9). Sommige teoloё verwys na die toekomstige geopende manifestasies aangaande die koninkryk van God as die “koninkryk van heerlikheid” en die huidige, verborge manifestasie van die koninkryk van God as die “koninkryk van genade.” Maar beide manifestasies is met mekaar verbind; Christus het Sy geestelike heerskappy in die kerk op aarde opgestel en Hy sal eendaqg Sy fisiese heerskappy in Jerusalem vestig.
Die koninkryk van God het verskeie aspekte. Die Here is die Soewereine van die heelal en in daardie sin is Sy koninkryk universeel (1 Tim 6:15). Terselfdertyd, sluit die koninkryk van God berou en die nuwe geboorte in, want God heers oor die harte van Sy kinders in hierdie wêreld ter voorbereiding vir die volgende. Die werk wat op aarde begin is, sal sy voltooiing in die hemel vind (sien Fil 1:6).
English
Wat is die koninkryk van God?