settings icon
share icon
Vraag

Verwys die profesie in Esegiël 28 in verband met die koning van Tirus na Satan?

Antwoord


Met die eerste oogopslag lyk dit asof die profesie in Esegiël 28:11-19 na 'n menslike koning verwys. Tirus was die ontvanger van sommige van die sterkste profetiese veroordelings in die Bybel (Jes 23:1-18; Jer 25:22; 27:1-11; Eseg 26:1-21; Joël 3:4-8; Amos 1:9,10). Tirus was bekend deurdat hy sy rykdom gebou het deur sy bure uit te buit. Antieke skrywers het na die stad Tirus verwys as 'n stad wat gevul is met gewetenlose handelaars. Tirus was die middelpunt van godsdienstige afgodery en seksuele immoraliteit. Die Bybelse profete het Tirus bestraf oor sy trots as gevolg van die groot rykdom en strategiese ligging. In Esegiël 28:11-19 vind ons 'n spesifieke sterk aanklag teen die koning van Tirus gedurende die tyd van die profeet Esegiël, waar die koning bestraf word vir sy onversadigbare trots en hebsug.

Tog is sommige van die beskrywings in Esegiël 28:11-19 buite dié van enige gewone menslike koning. Op geen manier kon 'n aardse koning "in Eden" wees of "uitgebeeld as die gerub wat met uitgestrekte vlerke moes waghou" of om "op die heilige godeberg" te wees nie. Dus glo die meeeste vertalers dat Esegiël 28:11-19 'n dubbeldoelige profesie is, as daar 'n vergelyking getref word met die trots van die koning van Tirus, met die trots van Satan. Party meen dat die koning van Tirus eintlik deur Satan beset was en sodoende word die verband tussen die twee selfs meer kragtig en toepaslik.

Voor sy val was Satan inderdaad 'n pragtige wese (Esegiël 28:12-13). Hy was miskien die mooiste en magtigste van alle engele. Die frase "gerub wat met uitgestrekte vlerke moes waghou" dui heel moontlik aan dat Satan die engel was wat God se teenwoordigheid "beskerm" het. Trots het tot Satan se val gelei. Eerder dat hy aan God die eer gegee het dat Hy hom so mooi gemaak het, het Satan die hoogmoed gehad om te dink dat hyself verantwoordelik was vir sy verhoogde status. Satan se rebellie het daartoe gelei dat God hom uit Sy teenwoordigheid en wil gewerp het en uiteindelik sal God Satan vir ewig "in die poel van vuur en swael" gooi (Openbaring 20:10).

Soos Satan was die menslike koning van Tirus vol trots en hoogmoed. In plaas van om God se soewereinteit te erken, het die koning van Tirus die rykdom van die stad toegeskryf aan sy eie wysheid en krag. Ontevrede met sy uitstaande posisie, het hy meer en meer gesoek , wat daartoe gelei het dat Tirus voordeel getrek het uit ander volke en sy eie rykdom uitgebrei het ten koste van ander. Netsoos Satan se hoogmoed tot sy eie val gelei het en eendag tot sy ewige vernietiging, so sal die stad Tirus sy rykdom, mag en status verloor. Esegiël se profesie aangaande Tirus se totale vernietiging was gedeeltelik vervul deur Nebukadnesar (Eseg 29:17-21) en heeltemal vervul deur Alexander die Grote.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Verwys die profesie in Esegiël 28 in verband met die koning van Tirus na Satan?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries