settings icon
share icon
Vraag

Hoe moet konflik in die kerk hanteer word?

Antwoord


Daar is baie afdelings in 'n kerk waar konflik kan ontwikkel. Tog val die meeste van hulle onder een van drie kategorieë: konflik is te wyte aan blatante sonde onder gelowiges, konflik met leierskap en konflik tussen gelowiges. Weliswaar kan baie sake oorvleuel en inderdaad twee of meer van hierdie kategorieë insluit.

Gelowiges wat blatant sondig, lewer 'n konflik op vir die kerk, soos in 1 Kor 5. Die kerk wat nie aandag gee aan sonde onder lede nie, wil die deur oopmaak vir meer problem. Die kerk is nie geroep om oor ongelowiges te oordeel nie, maar daar word van die kerk verwag om gelowiges, wat nie berouvol oor sonde is nie, soos in 1 Kor 5:11,te konfronteer en te help: "iemand wat homself 'n gelowige noem, maar wat onsedelik of geldgierig of 'n afgodsdienaar of kwaadprater of dronkaard of bedrieër" is. Sulke individue behoort nie deur die kerk aanvaar te word, voordat hulle nie gewillig is om berou te toon nie. Matt 18:15-17 voorsien 'n bondige prosedure om 'n gelowige te konfronteer en om te keer. Konfrontasie moet versigtig en met deernis gedoen word, met die doel om te herstel (Gal 6:1). Kerke wat liefdevol individue wat sondig, dissiplineer, sal 'n groot deel van konflik in die kerk beperk.

Soms kan dit gebeur dat gelowiges nie tevrede is met die optrede van aksies of beleidsake van kerkleiers nie. 'n Voorval in die vroeë kerkgeskiedenis illustreer dit (Hand 6:1-7). 'n Groep mense in die kerk in Jerusalem het gekla teenoor die apostels dat daar nie na sommige mense goed gekyk word nie. Die situasie was verhelp en die kerk het gegroei (Hand 6:7). Die vroeë kerk het 'n konflik gebruik as 'n geleentheid om die bediening te verbeter. Dit is egter so dat as kerke nie 'n duidelike proses het om probleme te hanteer nie, neig mense om hul eie platforms te skep. Individue kan begin om ander in die kerk te begin instem, betrokke raak in skinder of selfs 'n groep te vorm vir "betrokke mense." Leierskap kan help om hierdie probleme te vermy deur onselfsugtige, liefdevolle herders. Leiers moet dienaars en voorbeelde wees, eerder as heersers (1 Pet 5:1-3). Gefrustreerde kerklede moet die leiers respekteer (Heb 13:7,17), moet stadig wees om te beskuldig (1 Tim 5:19) en in liefde die waarheid spreek teenoor hulle, nie teenoor ander, in verband met hulle nie (Ef 4:15). Tydens daardie geleenthede wanneer dit skyn asof 'n leier nie reageer op 'n probleem nie, moet'n individu die patroon volg wat in Matt 18:15-17 geskryf staan, om te verseker dat daar nie verwarring is, waar elkeen staan nie.

Die Bybel waarsku dat mense in 'n kerk konflik met mekaar kan hê. Sommige konflik het sy oorsprong in hoogmoed en selfsugtigheid (Jakobus 4:1-10), sommige konflikte ontstaan as gevolg van beledigings wat nie vergewe is nie (Matt 18:15-35). God het aan ons gesê om vrede na te jaag (Rom 12:18; Kol 3:12-15). Dit is die verantwoordelikheid van elke gelowige om te probeer om konflik op te los. Sommige basiese stappe wat lei na oplossing, sluit die volgende in:

Ontwikkel die regte hartsoptrede – om sagmoedig te wees (Gal 6:1); nederig (Jak 4:10); vergewensgesind (Ef 4:31,32); en geduldig (Jak 1:19,20).

Evalueer jóú deel in die konflik – Matt 7:1-5 (verwyder eers die splinter uit jou eie oog, want dit is nodig voordat jy ander kan help).

Gaan na die individu (nie na ander) om jou besorgdheid te bespreek – Matt 18:15. Dit moet in liefde gedoen word (Ef 4:15) en nie net eenvoudig om 'n grief te lug of aan 'n emosie uiting te gee nie. Om 'n persoon te beskuldig, is 'n aanmoediging tot verdedigende optrede. Dus moet die probleem eerder aangespreek word, as dat die persoon aangeval word. Dit gee aan die persoon 'n beter geleentheid om die situasie te verduidelik of om vergifnis te soek vir die belediging.

Indien die eerste poging tot oplossing nie die nodige resultate behaal nie, gaan voort met 'n ander persoon wat met onderhandeling kan help (Matt 18:16). Onthou dat jou doelwit nie is om 'n argument te wen nie; dit is om jou mede-gelowige tot versoening te wen. Kies dus iemand wat jou kan help om die konflik op te los.

Konflik word die beste opgelos as individue in gebed en in nederigheid daarop fokus om ander lief te hê, met die bedoeling om verhoudinge te herstel. Die meeste konflikte binne die kerk behoort hanteerbaar te wees, indien die bogenoemde Bybelse beginsels gevolg word. Tog is daar tye wanneer berading van buite kan help. Hiervoor beveel ons bruikbare bronne aan soos Peacemaker Ministries (www.hispeace.org).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe moet konflik in die kerk hanteer word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries