settings icon
share icon
Vraag

Hoe jonk kan jy wees en vir Jesus vra om jou Verlosser te wees?

Antwoord


Daar is definitief geen ouderdomsbeperking vir redding nie. Jesus het self verklaar, "Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle" (Matt 19:14). Net so gou soos kinders oud genoeg is om te verstaan dat hulle gesondig het (Rom 3:23), dat Jesus die straf vir hul sondes gedra het (Rom 5:8; 6:23), en dat hulle hul geloof in Jesus moet plaas vir verlossing (Joh 3:16), dan is hulle oud genoeg om gered te word.

'n Kind hoef nie al die ingewikkelde dinge wat deel vorm van die lering aangaande redding, te verstaan nie. Dit is belangrik dat ouers seker maak dat hul kinders die basiese dinge verstaan (soos bo beskryf word), maar die belofte van Hand 16:31 is ewe waar ten opsigte van 'n volwassene of 'n kind: "Glo in die Here Jesus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin."

Klein kindertjies, óf hulle ouers gelowiges óf ongelowiges is, mag deur God gekies word, verlos deur die bloed van Christus en met die Heilige Gees se werking in hul harte, om dan sodoende hemel toe te gaan. Op watter tyd in hul lewens hulle tot hierdie besef kom, sal wissel van kind tot kind. Sommige jong kinders het spesiale sagte harte en om te hoor dat Jesus vir hulle gesterf het, maak hulle dadelik bewus van hul sondige nature en voel hulle genoodsaak om te reageer. Andere met vuriger persoonlikhede mag dalk eers as hul heelwat ouer is tot hierdie gewaarwording kom. Net die Here weet wat die gedagtes van die hart is en ons vertrou op Hom "om te soek en te red wat verlore is" (Luk 19:10), volgens Sy volmaakte wil en tydsberekening.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe jonk kan jy wees en vir Jesus vra om jou Verlosser te wees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries