Vraag
Wat is klassieke apologetiek?
Antwoord
Klassieke apologetiek is 'n metode van apologetiek wat begin deur aanvanklik verskeie teïstiese argumente te gebruik om die bestaan van God te bewys. Klassieke apologete sal dikwels verskeie vorme van die kosmologiese, teleologiese (ontwerp), ontologiese en morele argumente gebruik om God se bestaan te bewys. Sodra God se bestaan vasgestel is, gaan die klassieke apologeet oor na die aanbied van bewyse uit vervulde profesie, die historiese betroubaarheid van die Skrif en die liggaamlike opstanding van Jesus om die Christendom van alle ander mededingende vorme van teïsme te onderskei.
Klassieke apologetiek (ook bekend as tradisionele apologetiek) het as kenmerkende eienskap 'n tweestap-benadering om 'n Christelike wêreldbeskouing te vestig. Klassieke apologete is dikwels huiwerig om 'n argument direk vanuit wonderwerke na die Bybelse God te skuif. Hulle verkies eerder om na wonderwerke te verwys, nadat hulle reeds 'n teïstiese konteks gevestig het. Moderne voorstanders van klassieke apologetiek sluit in R.C. Sproul, William Lane Craig en Norman Geisler.
Christelike filosoof, Norman Geisler, het die verskil tussen klassieke en bewese apologetiek op die volgende wyse saamgevat: "Die verskil tussen die klassieke apologete en die bewese-apologete, ten opsigte van die gebruik van historiese bewyse, is dat die klassieke die noodsaaklikheid sien om eers te bewys dat dit 'n teïstiese heelal is...Die basiese argument van die klassieke apologeet is dat dit geen sin maak om oor die opstanding as 'n daad van God te praat nie, tensy dit eers as 'n logiese vereiste vasgestel word, dat daar 'n God is wat kan handelend optree" (Baker Encyclopedia of Christian Apologetics).
English
Wat is klassieke apologetiek?