settings icon
share icon
Vraag

Is kinders altyd ‘n seëning van God?

Antwoord


Die Skrif is baie duidelik dat God teenwoordig is in die skepping van elke menslike lewe. Die duidelikste uitbeelding hiervan is in Ps 139:13-18. Die feit dat God in Sy soewereiniteit oor Dawid se skepping toesig gehou het, het gemaak dat hy God geloof het. Dawid het ook verwys na die feit dat God die besonderhede van sy lewe beplan het, lank voor sy geboorte. In Jer 29:11 bevestig God Dawid se gedagtes: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!” Natuurlik ontstaan hieruit ‘n goeie vraag. Wat van hulle wat ontstaan het, as gevolg van verkragting of onegtheid? Die ouer of ouers wat vir daardie kind verantwoordelik is, mag dalk nie voel dat daardie kind ‘n seën van God is nie, maar hoé daardie kind ontstaan het, beteken nie dat God nie uit Sy soewereine mag ook sy/haar vorming in die baarmoeder lank reeds beplan het, soos Dawid ook daarvan praat nie. Indien dit nie so was nie, sou die Skrif dit nie gesê het nie. In die Nuwe Testament lees ons dat God ons só lief het, dat Hy Sy Seun gestuur het om vir ons te sterf (Joh 3:16).

Hierdie liefde is dieselfde liefde wat die Verlosser gedring het om aan die dissipels God se Woord te onderrig en om God se liefde te demonstreer deur Sy dood en opstanding (1 Joh 4:7-8). Daar is geen einde aan God se liefde vir ons en Sy begeerte om ons te seën nie. Een van die bedoelinge van God in die mens se skepping was dat die mens in verhouding met Hom moet leef. 1 Joh 4 sê dat eers as ons God se liefde erken het, dit ons in staat stel om ander lief te hê. Om elke kind te sien as ‘n geskenk van God, hang af van hoe ons na daardie kind kyk – soos God hom sien. As ons na ‘n kind kyk deur God se oë is daar geen twyfel daaraan, dat elke kind van Hom af ‘n seën is nie. As ons na daardie kind kyk deur die oë van sonde, dan kan ons daardie seëning betwyfel, omdat ons op die skepsel fokus en nie op die Skepper nie.

Dit is God se hart dat elke kind volgens Sy plan vir ons, gebore word en dit is deur middel van die huwelik. As ‘n kind gebore word buite die huwelik, sluit dit nie God se liefde en omgee vir die kind uit nie. Dawid het saamgevat in Ps 139:17 dat God se gedagtes vir Sy mense inderdaad kosbaar en oneindig was. Die mees praktiese toepassing hiervan is te sien in die geslagsregister van Christus in Matt 1. In daardie naamlys erken ons hulle wat iewers gefaal het en hulle wat uit sonde en onegtheid gebore was. Dit het nie die vervulling van God se Woord of die koms van die Verlosser in die wiele gery nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is kinders altyd ‘n seëning van God?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries