settings icon
share icon
Vraag

Wat is kerkplanting?

Antwoord


Kerkplanting is die oprigting van 'n georganiseerde liggaam van gelowiges op 'n nuwe plek. Die plantingsproses sluit evangelisasie in, die dissipelskap van nuwe gelowiges, die opleiding van kerkleiers en die organisasie van die kerk, na aanleiding van die Nuwe Testamentiese model. Gewoonlik sluit die proses ook die skryf van 'n kerkhandves en/of doktrinêre handleiding in en 'n plek van byeenkoms moet gevind word of 'n eiendom moet gekoop word en 'n nuwe gebou opgerig word.

Kerkplanting is 'n spesifieke fokus binne die groter werk van "sendingwerke." Kerkplanters is sendelinge wat hul pogings konsentreer op prediking en die onderrig van die Woord van God. Ander sendelinge wat spesialiseer in sekere vaardighede kan nie as amptelike "kerkplanters" beskou word nie, maar hulle voorsien waardevolle diens aan diegene wat wel is. Sulke ondersteunende sendelinge sluit in: radio-omroepers, vlieëniers, drukkers, Bybelvertalers en mediese personeel.

Die hoogste doel van die meeste kerkplanters is om die Here te vereer in 'n gemeenskap, deur die stigting van 'n outonome, selfgroeiende liggaam van gelowiges. Eers as hierdie doel bereik is en die kerk by magte is om op sy eie voort te bestaan, sal die kerkplanter gewoonlik aanbeweeg na 'n ander gemeenskap en weer met die proses oor begin.

Die kerkplantingsproses is Bybels. Soos die apostel Paulus deur 'n area gereis het, het hy altyd probeer om genoeg tyd in elke stad deur te bring, om 'n plaaslike liggaam van gelowiges te stig en die leierskap op te lei (Hand 14:21-23). Later sou hy probeer om weer daardie kerke te besoek om hulle te versterk en te bemoedig in die geloof (Hand 15:41;1 Tess 3:2). Die kerke wat hy dan tot stand gebring het, het dan self sendelinge uitgestuur en so die kerkplantingswerk laat voortgaan (1 Tess 1:8).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is kerkplanting?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries