settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor kerklike dissipline/sensuur?

Antwoord


Sensuur is die formele wegneem van iemand se kerklidmaatskap en die informele afsondering van so ’n individu. Matt 18:15-20 verskaf die prosedure en outoriteit vir ‘n kerk om dit te doen. Dit gee die instruksies dat een individu (gewoonlik die gekrenkte party) na die ander een moet gaan. Indien hy of sy nie berou toon nie, dan moet twee of drie gaan om die situasie te bevestig en die weiering om te bely. As daar steeds geen berou is nie, word die voorval na die kerk geneem. Hierdie proses is nooit “ wenslik” nie, netsoos ‘n vader nooit vreugde daarin vind om sy kinders te dissiplineer nie. Dikwels is dit tog nodig. Die doel is nie om gemeen te wees of “heiliger as jy”-houding in te neem nie. Die doel is eerder om die individu se algehele verhouding tot God en ander gelowiges te herstel. Dit moet in liefde teenoor die individu gedoen word, in gehoorsaamheid en eerbetoon teenoor God en in godvresendheid teenoor ander in die kerk.

Die Bybel gee ‘n voorbeeld van die noodsaaklikheid van sensuur in ‘n plaaslike kerk – die kerk van Korinte (1 Kor 5:1-13). In hierdie gedeelte gee Paulus ook ‘n paar doelwitte agter die Bybelse gebruik van sensuur. Een rede (nie in soveel woorde in die gedeelte gevind nie) is om in belang van Christus Jesus te getuig (en Sy kerk) in die teenwoordigheid van ongelowiges. Toe Dawid met Batseba gesondig het, was een van die gevolge van sy sonde dat die Naam van die een ware God deur Sy vyande gelaster is (2 Sam 12:14). Die tweede rede is dat sonde soos ‘n kanker is; as dit toegelaat word om voort te bestaan, versprei dit verder op dieselfde manier as wat “’n bietjie suurdeeg die hele deeg deurtrek” (1 Kor 5:6-7). Paulus verduidelik ook dat Jesus ons gered het, sodat ons van die sonde verwyder kan wees, “sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees” of vry van dit wat geestelike agteruitgang kan veroorsaak (1 Kor 5:7-8). Christus se begeerte vir Sy bruid, die kerk, is dat dit “sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik” moet wees (Ef 5:25-27).

Sensuur is ook vir die langtermyn welstand van die persoon, wat deur die kerk gedissiplineer is, nodig. In 1 Kor 5:4-5 sê Paulus dat sensuur ‘n manier is om die sondige aard van die onberouvolle sondaar te vernietig, “sodat sy gees gered kan word op die dag wanneer die Here kom”. Dit beteken dat hierdie uitsluiting meebring dat God op een of ander wyse vir Satan (of een van sy demone) as ‘n dissiplinêre werktuig in die sondaar se lewe kan gebruik, om ware berou in sy/haar hart te laat plaasvind.

Hopelik is die dissiplinêre aksie van die kerk suksesvol, om daardeur goddelike berou en ware belydenis na vore te bring. Wanneer dit gebeur, kan die individu se verhouding herstel word. Die man wat in 1 Kor 5 betrokke was, het berou getoon en Paulus het die kerk aangemoedig om hom terug te neem in die kerk (2 Kor 2:5-8). Ongelukkig, al word hierdie dissiplinêre aksie in liefde en op die regte manier gedoen, is dit nie altyd suksesvol in die herstel van hierdie verhouding nie. Selfs wanneer die kerklike dissipline nie in sy doel van berou slaag nie, is dit nog steeds nodig om die ander bogenoemde positiewe doelwitte te laat slaag.

Ons het seker al almal die gedrag van ‘n jong seun, wat toegelaat is om te doen wat hy wil sonder konsekwente dissipline, waargeneem. Dit is nie ‘n mooi gesig nie en sulke ouers tree ook nie in liefde op nie, want die kind se toekoms is somber van aard. Sulke gedrag sal die kind weerhou van betekenisvolle verhoudings en om homself goed te handhaaf in enige omgewing. Eweneens is kerklike dissipline, wat nooit aangenaam of maklik is nie, nie net nodig nie, maar ook liefdevol. Meer nog, dit is so deur God daargestel.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor kerklike dissipline/sensuur?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries