settings icon
share icon
Vraag

Hoekom is kerklidmaatskap belangrik?

Antwoord


Die universele kerk – die Liggaam van Christus (Rom 12:5) – is saamgestel uit alle ware gelowiges in Christus en plaaslike kerke moet mikrokosmos van die universele Kerk wees. As gelowiges is ons name geskrywe in die Lam se Boek van die Lewe (Openbaring 20:12) en dit is wat die belangrikste is. Dit is egter ook belangrik om aan te sluit by ‘n plaaslike kerk, waar ons ons finansiële gawes kan gee, ander kan dien en diensbaar kan wees.

Die Bybel spreek nie direk die konsep van formele kerklidmaatskap aan nie, maar daar is verskeie gedeeltes wat sterk impliseer dat dit in die vroeë kerk bestaan het. “En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg” (Hand 2:47). Hierdie vers dui aan dat redding ‘n voorvereiste was om as deel van die kerk “bygevoeg” te word. In Hand 2:41 wil dit voorkom asof iemand ‘n numeriese rekord gehou het van die gereddes en hulle sodoende by die kerk ingeskakel het. Huidige kerke wat redding vereis voordat lidmaatskap gegee word, volg doodeenvoudig die bybelse model. Sien ook 2 Kor 6:14-18.

Daar is ander plekke in die Nuwe Testament wat aandui dat die plaaslike kerk ‘n goed gedefinieerde groep is, in Hand 6:3, is aan die kerk in Jerusalem gesê om verkiesings van een of ander aard te hou: “Nou, broers, soek sewe mans onder julle uit wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het. . . . “ Die frase “onder julle” beteken ‘n groep mense wat anders was, wat nie onder hulle was nie. Eenvoudig gestel, die diakens moes kerklidmate wees.

Kerklidmaatskap is belangrik, omdat dit help om die pastoor se verantwoordelikheid te definieer. Hebr 13:17 gee ‘n instruksie, “Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie. . . . .” Aan wie sal ‘n pastoor ‘n opgawe gee, behalwe die lidmate van sy eie kerk? Hy is nie verantwoordelik vir al die mense in sy gemeenskap nie, slegs vir gelowiges onder sy leierskap – sy kerklidmate. Lidmaatskap in ‘n plaaslike kerk is ‘n manier om jouself vrywillig onder die geestelike outoriteit van ‘n pastoor te plaas. Kerklidmaatskap is ook belangrik, omdat daar geen aanspreeklikheid of kerkdissipline daarsonder kan wees nie. 1 Kor 5:1-13 leer ‘n kerk hoe om op te tree teenoor blatante, onbelyde sonde in sy midde. In verse 12-13 word die woorde “buite die gemeente” gebruik in verwysing na die liggaam van die kerk. Ons oordeel slegs hulle wat kerklidmate is. Hoe kan ons weet wie is “binne” of “buite” die kerk sonder ‘n amptelike lidmaatskaprol? Sien ook Matt 18:17.

Alhoewel daar geen skriftelike mandaat vir amptelike kerklidmaatskap is nie, is daar sekerlik niks om dit te verbied nie en dit lyk asof die vroeë kerk op so ‘n wyse gestruktureer was, dat mense duidelik geweet het of iemand “binne” of “buite” die kerk was.Kerklidmaatskap is ‘n manier om jouself te identifiseer met ‘n plaaslike liggaam van gelowiges en om jouself verantwoordbaar te hou vir egte geestelike leierskap. Kerklidmaatskap is ‘n stelling van solidariteit en eendersheid van denke (sien Fil 2:2). Dit is ook waardevol vir organisatoriese doeleindes. Dit is ‘n goeie manier om te bepaal wie word toegelaat om te stem vir belangrike kerkbesluite en wie is geskik vir amptelike kerkposisies. Kerklidmaatskap word nie vereis van Christene nie. Dit is slegs ‘n manier om te sê, “Ek is ‘n Christen en ek glo hierdie kerk is ‘n goeie kerk.”

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom is kerklidmaatskap belangrik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries