settings icon
share icon
Vraag

Wat is die waarde daarvan om ‘n kerkfamilie te hê?

Antwoord


Watter waarde is daaraan om soos ‘n familie vir ander gelowiges te word? Hand 2:42 sou beskou kon word as ‘n stelling van ‘n kerkbeliggamings-aktiwiteit:”Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge vebondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.” Die Bybel plaas belangrikheid op die eenheid van kerkfamilie, as gevolg van die volgende redes:

Ons bestudeer God se Woord saam - ‘n Kerkfamilie voorsien gereelde lering oor die Bybel. Dit gebeur soms in klein groepe, Bybelstudies, onderrig deur die pastoor, Sondagskoollesse, ens. Die kerkfamilie is geroep om geestelik saam te groei en mekaar aan te spoor. 2 Tim 3:16 sê, “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek.”

Ons loof God saam deur aanbidding – Daar is ‘n eenwordingsfaktor as gelowiges God saam aanbid, óf dit deur musiek is óf prediking óf deur te dien. Ps 34:4 plaas klem op ‘n oproep tot korporatiewe aanbidding: “Sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons saam Sy Naam prys.”

Ons vind verantwoordelikheid/aanspreeklikheid – Die kerk voorsien ‘n praktiese raamwerk vir toerekenbaarheid. As verhoudings eers groei en vriendskappe vorm, dan is daar iemand om jou te bemoedig, jou aan te praat as nodig is en saam met jou bly te wees. Spreuke 27:17 sê, “Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.” Verantwoordelikheid is uiters belangrik in die stryd teen sonde en die kerkfamilie is ‘n groot plek om iemand te kry om mee saam te bid, mee te praat en vertroue op te bou.

Ons vind ondersteuning in beproewing – Wanneer beproewing kom, is ‘n ondersteuningsgroep goud werd. As die nood kom, soek jy jou broers en susters in Christus om jou in gebed te dra en te help met praktiese node soos maaltye, skoonmaak en kinders versorg. Gal 6:2 bemoedig ons : “Dra mekaar se laste en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.” Ons dra geleenthede by om te dien – Ons kry nie slegs ondersteuning in die kerk nie; ons gee dit ook. Jou roeping in die kerk is om by te dra, nie net te ontvang nie. Ons is in noue verhouding met ander gelowiges, ons weet wanneer hulle ondersteuning en gebed benodig. Ons kan optree en help op praktiese maniere. Ef 6:7 sê, “doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie.” Ons maak dissipels – Daar kom ‘n tyd dat ons nodig het om te leer om ook te voed, nie net om gevoed te word nie (Hebr 5:12). Ons kan evangeliseer, onderrig, bemoedig en ons kerkfamilie “dissipel.” “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense My dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” (Matt 28:18-20). In ‘n eeu waar die kultuur al hoe meer sekulêr raak, is dit voordelig om in ‘n familie of eendersdenkende gelowiges te wees. Hierdie broers en susters kan jou bemoedig op jou geloofsreis, vrae beantwoord oor geestelike kwessies en ‘n ondersteuning te bied in tye van swaarkry. Die kerkfamilie kan jou ook die geleentheid bied om te dien en ander te dissipel. “Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom” (Hebr 10:25).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die waarde daarvan om ‘n kerkfamilie te hê?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries